{"id":27172,"date":"2014-09-22T08:04:18","date_gmt":"2014-09-22T06:04:18","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27172"},"modified":"2014-09-22T08:51:51","modified_gmt":"2014-09-22T06:51:51","slug":"tsjegge-verbrand-renosterhoring","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27172","title":{"rendered":"Tsjegge verbrand renosterhoring"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Tsjeggiese dieretuin het sowat 60 kilogram se renosterhoring verbrand as deel van &#8216;n internasionale veldtog wat daarop gemik is om die aandag te vestig op di\u00e9 diere wat deur uitwissing bedreig word, het RSG berig.<\/p>\n<p>Die Tsjeggiese Republiek het die afgelope paar jaar &#8216;n belangrike deurgangsroete geword vir die handel in renosterhoring van Afrika na Asi\u00eb. <\/p>\n<p>Die Tsjeggiese owerheid het verlede jaar op die horings van 24 wit renosters van sowat 60 miljoen rand beslag gel\u00ea, en 15 lede van &#8216;n beweerde internasionale smokkelnetwerk aangekla. <\/p>\n<p>Die Dvur Kralove-dieretuin wat sowat 150 kilometer noordoos van Praag is, het die verbranding van die renosterhoring georganiseer op die vooraand van W\u00eareldrenosterdag wat vandag gevier word.<\/p>\n<p>Intussen is drie SANParks-werkers Sondag in hegtenis geneem vir beweerde renosterstropery in die Krugerwildtuin.<\/p>\n<p>Die drie was in die laer Sabie-gebied bedrywig, het die waarnemende uitvoerende bestuurder van SANParks, Abe Sibiya, ges\u00ea,<\/p>\n<p>&#8216;n Jaggeweer, ammunisie, &#8216;n voertuig en stropertoerusting is in hul besit gekry. Hulle is gevang kort nadat &#8216;n vernielde renoster in die gebied waar die drie gewerk het, opgespoor is.<\/p>\n<p>&#8220;Dis jammer dat diegene aan wie die welstand van die diere toevertrou word, na bewering nou dieselfde nalatenskap wat hulle moet bewaar, vernietig,\u201d het hy ges\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Tsjeggiese dieretuin het sowat 60 kilogram se renosterhoring verbrand as deel van &#8216;n internasionale veldtog wat daarop gemik is om die aandag te vestig op di\u00e9 diere wat deur uitwissing bedreig word, het RSG berig. Die Tsjeggiese Republiek het die afgelope paar jaar &#8216;n belangrike deurgangsroete geword vir die handel in renosterhoring van Afrika &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27172\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Tsjegge verbrand renosterhoring&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[16475,18063,18064,14224],"class_list":["post-27172","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-bedreigde-spesie","tag-rensoter-renosterhoring","tag-smokkelnetwerk","tag-tsjeggie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27172","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27172"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27172\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27172"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27172"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27172"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}