{"id":27148,"date":"2014-09-21T12:41:32","date_gmt":"2014-09-21T10:41:32","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27148"},"modified":"2014-09-21T12:49:51","modified_gmt":"2014-09-21T10:49:51","slug":"fotoverhaal-op-soek-na-jacques-derrida","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27148","title":{"rendered":"Fotoverhaal: Op soek na Jacques Derrida"},"content":{"rendered":"<p><i>1. Le programme<\/i><br \/>\nD\u00edt wat hier volg, is nie gegrond op die werklikheid nie. Dit is geen ironiese, wysneusige stelling nie, maar bloot \u2019n apologie. Ook moet ek om verskoning vra vir die gebruik, vir die misbruik, van Monsieur Derrida se naam in die bogaande titel. Dit kom neer op \u2019n skending van kopiereg, om \u2019n prestige-volle Franse eienaam (onwettiglik) te verleen aan, nou ja, \u2019n plaaslik-gefabriseerde produk van twyfelagtige gehalte. Waarskynlik klink die titel presieus, selfs pretensieus, wat dalk \u2019n poging tot Afrikaanse letterkunde mag veronderstel \u2014 die prof se <i>Hush Puppies<\/i> sit nog lekker \u2014 maar die pretensie, indien enige, is nie d\u00e1\u00e1rin gele\u00eb nie. Die pretensie, of dan die bedoeling, is iets geweldiger, so groot dat dit aan waansin grens. Dit is iets soos die bekende frase, \u201cEk is Napoleon\u201d, wat die rasionele antwoord veronderstel, \u201cHa-ha, hy dink hy is Napoleon\u201d. Die rasionele antwoord is goed en wel, na gelang van omstandighede. Want daar is een geval waar die Napoleon-spreker miskien verdien om ernstig opgeneem te word, al glo mens vir geen oomblik dat hy wel die kort Korsikaanse generaal is nie: as hy so pas jou stad aan die hoof van sy le\u00ebrmag ingeneem het. Eer ek nou \u2019n grootse beskrywing verskaf oor die inval in Milaan, \u2019n voorgereg van Parmaham en dalk spanspek, my gunsteling, laat my liewer terstond met die hoofdis wegval.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/EHESS_et_MSH_Paris_05239.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-medium wp-image-27156\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/EHESS_et_MSH_Paris_05239-300x217.jpg\" alt=\"EHESS_et_MSH_Paris,_05239\" width=\"300\" height=\"217\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/EHESS_et_MSH_Paris_05239-300x217.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/EHESS_et_MSH_Paris_05239-535x387.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/EHESS_et_MSH_Paris_05239.jpg 639w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a>\u2019n Man, hy is nogal lank en skraal met gryswordende hare, ietwat bleek, stoot die glasdeure van die E.H.E.S.S. oop. Oomblikke lank is die rumoer hoorbaar van die boulevard Raspail wat hierdie tyd van die middag vol ongeduldige toeters en ronkende dieselbusse van die R.A.T.P.<sup><a href=\"#f1\">[1]<\/a><\/sup> is, voordat die toeswaaiende deur agter hom die geraas verdemp. \u2019n Oomblik lank kyk hy ondersoekend rond, dan gewaar hy verlig die ontvangsdame wat agter \u2019n korterige lae toonbank sit, en stap hy oor na haar toe.<\/p>\n<p>\u201cBonjour.\u201d<\/p>\n<p>\u201cBonjour. Je peux vous aider?\u201d<\/p>\n<p>\u201cOui. Auriez-vous peut-\u00eatre un programme des s\u00e9minaires?\u201d<\/p>\n<p>\u201cJe suis d\u00e9sol\u00e9e, Monsieur. Je n\u2019en ai aucun. Il faudra monter au sixi\u00e8me \u00e9tage, au bureau des inscriptions. Ils en ont, normalement. Mais, il faut vous d\u00e9p\u00eacher, ils ferment \u00e0 quatre heures. Vous trouverez l\u2019ascenseur \u00e0 votre gauche. Allez au sixi\u00e8me.\u201d<\/p>\n<p>\u201cMerci, Madame.\u201d<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/monoprix-paris.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-full wp-image-27157\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/monoprix-paris.jpg\" alt=\"monoprix-paris\" width=\"250\" height=\"298\" \/><\/a>Hy is nog altyd verstom deur oorgange. Lank gelede was hy in Suid-Afrika, nou is hy in Frankryk. \u2019n Rukkie gelede het hy in die groen kafee in die rue de Rennes skuins oorkant Monoprix gesit en kyk na die alomteenwoordigende middagverkeer, sweterige meisies in somerse rokke wat oorbewus van hul sjarme op die sypaadjie verbystap, die gekletter van koppies en pierings, die stemme van kelners wat \u201cun demi!\u201d of \u201cdeux express!\u201d uitbulder, die brandreuk van sigarette in sy neusgate, en nou is hy op pad na die sesde vloer in \u2019n afgeleefde grys hysbak, staatsdiensmodel. Van die clich\u00e9 van die Paryse kafee na die kille realiteit van die hysbak, die gevoel om opwaarts teen swaartekrag na bo gekatrol te word, dit is ook \u2019n oorgang. Langs hom in die hysbak staan \u2019n jongman met \u2019n swartraambril, o\u00ebnskynlik \u2019n student. Ook hy is op pad na die sesde vloer, blyk dit. Verrassing: die <i>bureau des inscriptions<\/i> is gesluit. Sy metgesel mor. Hy aanvaar hierdie Kafkaeske toertjie na bo met die gelatenheid wat langdurige blootstelling aan die onvoorspelbare we\u00eb van die Franse administrasie by \u2019n mens kweek. Dit help nie om jou te vervies nie, dit is maar so.<\/p>\n<p>Terug by die ontvangsdame. Sy metgesel spring hom voor.<\/p>\n<p>\u201cC\u2019est ferm\u00e9 en haut. Je cherche un programme. Vous en avez s\u00fbrement ici!\u201d Dan volg \u2019n lang geredekawel, met hom as toeskouer. Eintlik behoort hy te loop, want sy is besig om die jongman fatalisties aan te maan om m\u00f4re terug te kom vir die program, en gaan presies dieselfde aan hom s\u00ea, maar soos \u2019n masochis bly hy staan, wagtend op sy beurt om die afgemete stem aan te hoor. Uiteindelik loop die student, al brommende, die gewone toneelspel. Waarom wag hy nog? Wel, dit is \u2019n kwessie van ervaring. \u2019n Mens moet nooit te gou tou opgooi nie, het hy al geleer. Al lyk alles hopeloos, al dui alles daarop dat jy nou presies dieselfde teleurstellende boodskap as die persoon voor jou in die tou gaan hoor, handel jy soos \u2019n beroepstennisspeler wat steeds sy raket outomaties swaai, al lyk dit asof dit onmoontlik nog by die bal kan uitkom. Daarom lieg hy.<\/p>\n<p>\u201cEh bien, moi aussi, je suis mont\u00e9 en haut, et je cherche toujours un programme. Je me permets de vous le dire: je suis venu dix mille kilometres, de Johannesbourg en Afrique du Sud, pour chercher ce programme. En effet, il me faut absolument le programme du s\u00e9minaire de Monsieur Jacques Derrida qui enseigne ici.\u201d<\/p>\n<p>En die wonderwerk gebeur. Sy haal \u2019n wit boekie vanonder die toonbank uit. Op die voorblad staan daar in ligte pers letters:<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Minist\u00e8re de l\u2019Enseignement Sup\u00e9rieur et de la Recherche<br \/>\nEcole des Hautes Etudes en Sciences Sociales<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">54, boulevard Raspail 75006 PARIS<br \/>\nt\u00e9l. 49.54.25.25 \u2014 t\u00e9l\u00e9copie 45.44.93.11<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">PROGRAMME<br \/>\nDES ENSEIGNEMENTS<br \/>\nET S\u00e9MINAIRES<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">Enseignements principaux<br \/>\nConf\u00e9rences compl\u00e9mentaires<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">1994-1995<\/p>\n<p>Dit blyk dat persone vanuit die buiteland (<i>\u00e9tranger<\/i>), die DOM (<i>d\u00e9partements d\u2019outre-mer<\/i>) en TOM (<i>territoires d\u2019outre-mer<\/i>) as \u2019n spesiale vergunning programme op die grondvloer by die ontvangstoonbank mag afhaal, op voorwaarde dat hulle nie inwoners van Frankryk is nie, sy dit dan tydelik. En so, dink hy verlig, verkry selfs my Suid-Afrikanerskap \u2019n waarde.<br \/>\nDie program veilig in sy hande, probeer hy nog vir oulaas vasstel,<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/corse.gif\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-full wp-image-27159\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/corse.gif\" alt=\"corse\" width=\"250\" height=\"280\" \/><\/a>\u201cEt la Corse, Madame, est-ce un DOM ou un TOM?\u201d<\/p>\n<p>\u201cLa Corse est un d\u00e9partement fran\u00e7ais, Monsieur.\u201d<\/p>\n<p>\u201cVraiment?\u201d<\/p>\n<p>\u201cMais oui.\u201d<\/p>\n<p><i>2. Le rendez-vous<\/i><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/renault_citybus_ratp_58.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-medium wp-image-27153\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/renault_citybus_ratp_58-300x189.jpg\" alt=\"renault_citybus_ratp_58\" width=\"300\" height=\"189\" \/><\/a>Op pad huistoe op die 58-bus, lees hy op bladsy 131 van die program waaroor die seminaar van M. Jacques Derrida, Directeur d\u2019Etudes aan die E.H.E.S.S., vanjaar sal handel. (Geheim.) Hy lees elders op dieselfde bladsy:<\/p>\n<dl>\u201cAucun rendez-vous ne sera accord\u00e9 sans l\u2019envoi pr\u00e9alable d\u2019un projet de recherche d\u2019une dizaine de pages.\u201d<\/dl>\n<dl>\u2019n Tien-bladsymotivering vir \u2019n afspraak! Dis gewigtig. Hy probeer sy bes om in die bus te dink aan \u2019n onderwerp waaroor hy tien bladsye sou kon volskryf, maar verniet. Hy dink, nie noodwendig in di\u00e9 volgorde nie, aan:<\/dl>\n<ol type=\"a\">\n<li>Die verkeer op die <i>p\u00e9riph\u00e9rique<\/i><sup><a href=\"#f2\"> [2]<\/a><\/sup>.<\/li>\n<li><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/galeries_lafayette1000.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-medium wp-image-27154\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/galeries_lafayette1000-300x200.jpg\" alt=\"galeries_lafayette1000\" width=\"300\" height=\"200\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/galeries_lafayette1000-300x200.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/galeries_lafayette1000-535x356.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/galeries_lafayette1000.jpg 1000w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a>Die verskillende vorme wat borste kan aanneem van vroue wat bra\u2019s aanpas in die lingerie-afdeling by Galeries Lafayette.<\/li>\n<li>\u2019n Kraan wat drup.<\/li>\n<li>Die kuslyn van Brettanje.<\/li>\n<li>Hoeveelhede 5-cent\u00eemes-munte wat inwoners van Lyon in hul sakke ronddra.<\/li>\n<li>Die prys van Banque Suez se aandele op die Bourse de Paris.<\/li>\n<li>Die effek wat Catherine Deneuve se glimlag op kopers van Banque Suez-aandele gehad het in die privatiseringsadvertensie wat tydens 1987 op televisie uitgesaai is.<\/li>\n<\/ol>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/Jacques-Derrida-01a428e2f07476d3d212b913f4c153a8.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-medium wp-image-27158\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/Jacques-Derrida-01a428e2f07476d3d212b913f4c153a8-300x300.jpg\" alt=\"Jacques-Derrida-01a428e2f07476d3d212b913f4c153a8\" width=\"300\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/Jacques-Derrida-01a428e2f07476d3d212b913f4c153a8-300x300.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/Jacques-Derrida-01a428e2f07476d3d212b913f4c153a8-100x100.jpg 100w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/Jacques-Derrida-01a428e2f07476d3d212b913f4c153a8-148x148.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/Jacques-Derrida-01a428e2f07476d3d212b913f4c153a8-31x31.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/Jacques-Derrida-01a428e2f07476d3d212b913f4c153a8-38x38.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/Jacques-Derrida-01a428e2f07476d3d212b913f4c153a8-215x215.jpg 215w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/Jacques-Derrida-01a428e2f07476d3d212b913f4c153a8.jpg 500w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a>Dit was alles interessante onderwerpe waaroor \u2019n mens heelwat sou kon navors, maar hy was onseker of dit Jacques Derrida genoegsaam sou be\u00efndruk om aan hom \u2019n afspraak toe te staan. Maar iets moes hy doen om die afspraak te kry. Miskien kon hy iewers buite sy huis gaan kampeer, soos \u2019n joernalis of \u2019n betoger \u2014 hy woon iewers in \u2019n suidelike voorstad, ongewoon vir \u2019n <i>intellectuel parisien<\/i> wat per definisie in Parys self behoort te woon. Maar selfs indien hy dit sou regkry om met hom te praat, \u201cPardonnez-moi, Monsieur Derrida, mais je suis venu sp\u00e9cialement de l\u2019Afrique du Sud pour vous parler, pourriez-vous m\u2019accorder quelques briefs instants\u00a0&#8230;\u201d sou dit nog geen afspraak wees nie, geen <i>rendez-vous<\/i> nie. \u2019n Toevallige ontmoeting sou nie tel nie. Dit moes \u2019n afspraak wees, \u2019n gere\u00eblde afspraak wat in \u2019n aantekeningboek opgeteken is, verkieslik deur \u2019n sekretaresse of ander helper of assistent, om dit nog ampteliker te maak. Miskien moes hy probeer om eers \u2019n brief te skryf, om die afspraak aan te vra. Maar natuurlik sou dit vergesel moes wees van die tienbladsye-projek. Ineens voel hy moedeloos. Toe dink hy aan die Sjinese spreuk, \u201c\u00a0\u2019n duisendmylreis begin met die eerste tree\u201d, en het hy nie reeds die eerste tree gegee, en s\u00f3 die program bekom nie, al moes hy dan lieg om te s\u00ea dat hy pas van Suid-Afrika af gekom het? Terwyl die ander reisigers op die moltrein hom uit die pad uit skouer, die geure van baie liggame vermeng met die asbes- en staalreuk van die moltreinremme \u2014 die parfuum van Parys \u2014 om hom hang, raak hy skielik baie vasbeslote, soos \u2019n bittereinder. \u2019n Afspraak sal hy kry.<\/p>\n<p><i>Word vervolg (miskien)<\/i><\/p>\n<p>(Oorspronklik gepubliseer op LitNet rondom 1998.)<\/p>\n<p>____________________________<\/p>\n<p><a name=\"f1\"><\/a>1. R\u00e9gie autonome des transports parisiens.<\/p>\n<p><a name=\"f2\"><\/a>2. Boulevard p\u00e9riph\u00e9rique, die sirkelvormige snelweg rondom Parys.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>1. Le programme D\u00edt wat hier volg, is nie gegrond op die werklikheid nie. Dit is geen ironiese, wysneusige stelling nie, maar bloot \u2019n apologie. Ook moet ek om verskoning vra vir die gebruik, vir die misbruik, van Monsieur Derrida se naam in die bogaande titel. Dit kom neer op \u2019n skending van kopiereg, om [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,29,10,115],"tags":[167,18056,18053,11852,15024,18052,18055,14378,7028,18054],"class_list":["post-27148","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","category-s32-feuilleton","category-rubrieke","category-c106-verhale","tag-afrikaans","tag-banque-suez","tag-boulevard-peripherique","tag-dekonstruksie","tag-fiksie","tag-fotoverhaal","tag-galeries-lafayette","tag-jacques-derrida","tag-postmodernisme","tag-ratp"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27148","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27148"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27148\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27148"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27148"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27148"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}