{"id":2714,"date":"2008-09-04T02:26:46","date_gmt":"2008-09-04T02:26:46","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2714"},"modified":"2008-09-04T02:26:46","modified_gmt":"2008-09-04T02:26:46","slug":"grondhervorming-vat-die-anc-lesse-by-idi-amin","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2714","title":{"rendered":"Grondhervorming: vat die ANC lesse by Idi Amin?"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\">In sy gesaghebbende boek oor Afrika en wat ook in Afrikaans vertaal is, Negrologie, beskryf die Franse joernalis Stephen Smith Afrika as &#329; &ldquo;Ubuland sonder grense&rdquo;, laasgenoemde synde &#329; verwysing na die beroemde absurde klug deur Alfred Jarry, &ldquo;Koning Ubu&rdquo;.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Asof die onlangse voorbeeld van grondhervorming in Zimbabwe nie genoeg was nie, is Suid-Afrika se ANC-regering besig om presies dieselfde grondroofprogram in ons land van stapel te stuur. Derduisende grondeise is landwyd op boere se plase geregistreer, meesal sonder getuienis wat die toets van &#329; hofsaak sou deurstaan.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Soos daar ook gister op Praag berig is, is voedselsekerheid besig om &#329; globale kwessie te word. Katerine Serra, &#329; amptenaar van die W&ecirc;reldbank, praat van &#329; &ldquo;stille hongersnood&rdquo; wat die planeet bedreig.&nbsp; Globale voedselpryse het volgens die Verenigde Nasies se statistieke met 35% in die jaar tot einde Januarie gestyg.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">100 miljoen mense in Afrika is besig om na armoede terug te keer en vele nasies maak gereed vir verdere onstabiliteit n&aacute; voedselonluste in 37 lande oor die afgelope tyd.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Om te midde van sulke omstandighede &#329; verwoestende grondhervormingsprogram deur te voer, herinner aan die manewales van Idi Amin, die legendariese Oegandese diktator wat goedsmoeds die bates van minderheidsgroepe in sy land gekonfiskeer het en agterna sy land in hongersnood gedompel het.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Ons boere en landbou-organisasies moet eenvoudig hul stemme begin dik maak oor die onhoudbare situasie wat op die duur &#329; Zimbabwe in ons land kan veroorsaak. Ook die gewone Afrikaner sal moet wakker word en besef dat die ANC se grondroofprogram hom en sy gesin wesentlik bedreig.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Tagtig persent van Zimbabwe se bevolking ontvang tans voedselhulp van Westerse nie-regeringsorganisasies soos Oxfam of die W&ecirc;reldvoedselprogram. Daar is siniese mense in Suid-Afrika wat meen dat ons ook maar uiteindelik voedsel sal moet invoer of voedselhulp sal moet ontvang. Terwille van politieke korrektheid en om aan die politieke verwagtinge van ANC-kiesers te voldoen, moet ons maar ons landbou en voedselproduksie op die altaar van politieke gedienstigheid plaas.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Gegewe die w&ecirc;reldwye tekort aan voedsel wat tans geld, speel die politiek korrektes egter met vuur. Te veel Afrikalande soos Zimbabwe, Ethiopi&euml; en Swaziland, om net enkeles te noem, staan reeds bakhand om vir Suid-Afrika nog plek in die tou af te staan.<\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/devochki-90\/demisezonnaja-odezhda\/losiny\">\u043b\u043e\u0441\u0438\u043d\u044b \u0434\u0435\u0432\u043e\u0447\u043a\u0430 7 \u043b\u0435\u0442<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.obozrevatel.com\/crime\/90724-v-harkove-prokuratura-zavela-delo-o-krazhe-konfiskata-na-15-millionov.htm\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p align=\"justify\">Die nuus wat gister by die TLU SA-kongres bekendgemaak is, naamlik dat negentig persent van alle grondhervormingsprojekte misluk, sou komies gewees het indien dit nie die land soveel skade berokken het nie.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[2637,21107,21093],"class_list":["post-2714","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-grondhervorming-vat-die-anc-lesse-by-idi-amin","tag-c33-hoofartikels","tag-s7-menings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2714","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2714"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2714\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2714"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2714"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2714"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}