{"id":27122,"date":"2014-09-19T17:38:16","date_gmt":"2014-09-19T15:38:16","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27122"},"modified":"2014-09-19T17:43:42","modified_gmt":"2014-09-19T15:43:42","slug":"franse-swartbewussynskrywer-skielik-tronk-toe-weens-joodse-druk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27122","title":{"rendered":"Franse swartbewussynskrywer skielik tronk toe weens Joodse druk"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Paryse advokaat en vriend van die Franse swartbewussynskrywer, K\u00e9mi S\u00e9ba, beweer dat hy weens &#8220;druk van die Joodse gemeenskap&#8221; in die tronk gesmyt is en selfs in eensame aanhouding verkeer. S\u00e9ba is verlede Sondag by &#8216;n teater in Parys, die Main d&#8217;Or, tydens &#8216;n boekbekendstelling in hegtenis geneem.<\/p>\n<p>Die betrokke teater behoort aan die komediant en satirikus Dieudonn\u00e9 wat self in rusies met Frankryk se invloedryke Joodse gemeenskap betrokke is. S\u00e9ba was by die teater om sy swart-nasionalistiese boek, <em>La supra-n\u00e9gritude<\/em>, bekend te stel.<\/p>\n<p>Die swartbewussynsdenker het in 2007 sy standpunt s\u00f3 opgesom:<\/p>\n<blockquote><p>Ek droom daarvan om blankes, Arabiere en Asiate te sien wat hulself organiseer om hul eie identiteit te verdedig. Ons beveg al die ape wat hul afkoms ontken, van St\u00e9pane Pocrain tot Christiane Taubira (huidige swart Franse minister van justisie) en Mouloud Aounit&#8230; Die nasionaliste is die enigste blankes waarvan ek hou. Hulle wil nie met ons meng nie en ons ook nie met hulle nie. Omdat daar die holocaust was, het ek nie die reg om enigiets oor my sionistiese verdrukker te s\u00ea nie?<\/p><\/blockquote>\n<figure id=\"attachment_27123\" aria-describedby=\"caption-attachment-27123\" style=\"width: 200px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/K\u00e9mi_S\u00e9ba_2007.jpeg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-27123\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/K\u00e9mi_S\u00e9ba_2007-200x300.jpeg\" alt=\"K\u00e9mi S\u00e9ba in 2007\" width=\"200\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/K\u00e9mi_S\u00e9ba_2007-200x300.jpeg 200w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/K\u00e9mi_S\u00e9ba_2007-535x802.jpeg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/K\u00e9mi_S\u00e9ba_2007-99x148.jpeg 99w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/K\u00e9mi_S\u00e9ba_2007-21x31.jpeg 21w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/K\u00e9mi_S\u00e9ba_2007-25x38.jpeg 25w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/K\u00e9mi_S\u00e9ba_2007-143x215.jpeg 143w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/K\u00e9mi_S\u00e9ba_2007.jpeg 667w\" sizes=\"auto, (max-width: 200px) 85vw, 200px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-27123\" class=\"wp-caption-text\">K\u00e9mi S\u00e9ba in 2007<\/figcaption><\/figure>\n<p>Op 19 Desember 2008 was S\u00e9ba betrokke in &#8216;n vuisgeveg met Ahmed Meguini, &#8216;n videomaker wat glo &#8216;n baie &#8220;negatiewe film&#8221; oor hom gemaak het. Hiervoor is hy op 22 Desember 2008 tot twee maande tronkstraf, maar opgeskort vir 18 maande, gevonnis. Intussen het hy na die VSA gereis waar hy as Franssprekende &#8220;minister&#8221; van die New Black Panther Party aangestel is en het hy hom sedertdien in Senegal gevestig waar hy ook &#8216;n TV-program aangebied het.<\/p>\n<p>Dit blyk nou dat die opgeskorte vonnis van 2008 intussen sonder sy medewete in &#8216;n vaste vonnis verander is en daarom is hy na afloop van sy boekbekendstelling in hegtenis geneem en na die gevangenis vervoer. Volgens regskenners sal dit nie veel help om teen die inhegtenisname te appelleer nie, aangesien die tweemaandevonnis al afgeloop sou wees teen die tyd dat die saak in die hof voorkom. Sy enigste hoop is nou dat Franse vonnisregter sy vonnis kan versag en dalk kan verminder of weer kan opskort.<\/p>\n<figure id=\"attachment_27124\" aria-describedby=\"caption-attachment-27124\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/supranegritude.png\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-27124\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/supranegritude-300x300.png\" alt=\"Die boek van K\u00e9mi S\u00e9ba wat Sondagaand vrygestel is, waarna hy in hegtenis geneem is\" width=\"300\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/supranegritude-300x300.png 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/supranegritude-100x100.png 100w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/supranegritude-535x536.png 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/supranegritude-148x148.png 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/supranegritude-31x31.png 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/supranegritude-38x38.png 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/supranegritude-215x215.png 215w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/supranegritude.png 1000w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-27124\" class=\"wp-caption-text\">Die boek van K\u00e9mi S\u00e9ba wat Sondagaand vrygestel is, waarna hy in hegtenis geneem is<\/figcaption><\/figure>\n<p>In 2011 is S\u00e9ba op die Switserse grens in hegtenis geneem omdat hy &#8216;n vergadering in di\u00e9 land wou gaan toespreek, maar weens klagtes van die Joodse gemeenskap in Switserland is hy uit die land gesit en aan die Franse polisie oorhandig. Die polisie het hom op daardie stadium egter bloot vrygelaat, hoewel sy misdaadrekord nagegaan is en die opgeskorte vonnis van 2008 daarop moes verskyn het.<\/p>\n<p>&#8216;n Jeugbeweging wat hy op die been gebring het, die Jeunesse K\u00e9mi S\u00e9ba, is op 15 Julie 2009 deur die Franse minister van binnelandse sake, Brice Hortefeux, kragtens &#8216;n wet van 1936 teen privaatweermagte verbied omdat hy gemeen het dat di\u00e9 beweging &#8216;n &#8220;rassistiese en antisemitiese ideologie propageer en hom wend tot onverdraagsame optrede wat provokasie en geweld insluit&#8221;.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Paryse advokaat en vriend van die Franse swartbewussynskrywer, K\u00e9mi S\u00e9ba, beweer dat hy weens &#8220;druk van die Joodse gemeenskap&#8221; in die tronk gesmyt is en selfs in eensame aanhouding verkeer. S\u00e9ba is verlede Sondag by &#8216;n teater in Parys, die Main d&#8217;Or, tydens &#8216;n boekbekendstelling in hegtenis geneem. Die betrokke teater behoort aan die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27122\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Franse swartbewussynskrywer skielik tronk toe weens Joodse druk&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[18032,1093,18031,18034,18033],"class_list":["post-27122","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-dieudonne","tag-frankryk","tag-kemi-seba","tag-negritude","tag-swartbewussyn"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27122","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27122"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27122\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27122"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27122"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27122"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}