{"id":27080,"date":"2014-09-18T08:43:45","date_gmt":"2014-09-18T06:43:45","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27080"},"modified":"2014-09-18T08:43:45","modified_gmt":"2014-09-18T06:43:45","slug":"skotte-stem-vandag-vir-beter-toekoms","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27080","title":{"rendered":"Skotte stem vandag vir beter toekoms"},"content":{"rendered":"<p>James Bond, oftewel  die akteur Sean Connery, gaan vandag stem vir &#8216;n onafhanklike Skotland.<\/p>\n<p>Die geskiedkundige referendum se meningspeilings toon daar is effens meer steun vir onafhankliheid van die Verenigde Koninkryk.<\/p>\n<p>Die Engelse is erg onthuts oor di\u00e9 verwikkeling wat hulle onkant gevang het omdat hulle gemeen het dat die media die uitslag in hul guns kan swaai. Behalwe &#8216;n klein streekskoerantjie, het die vryheidsgesinde Skotte geen media nie.<\/p>\n<p>Leiers en ondersteuners van die Britse eenheidstaat is Dinsdag vir oulaas strate toe in \u2019n laaste koorsige poging om stemme te werf in \u2019n land stewig in die greep van opwinding en hoop verkeer.<\/p>\n<p>Kiesers moet vandag slegs ja of nee antwoord op die vraag: \u201cMoet Skotland \u2019n onafhanklike land wees?\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Ja-stem sal die einde beteken van die 307 jaar oue unie met Engeland en die opbreek van die Verenigde Koninkryk, sowel as ekonomiese onsekerheid.<\/p>\n<p>Sowat 8% tot 14% van Skotland se 4,3\u2009miljoen kiesers het gister nog getwyfel.<\/p>\n<p>Desperate Britse politieke leiers het groter outonomiteit vir Skotland beloof as mense sou kies om verenig te bly. Ondersteuners van onafhanklikheid s\u00ea egter dis tyd vir Skotland om sy eie leiers te kies en self besluite te neem, vry van onderdrukking uit Londen.<\/p>\n<p>Premier Alex Salmond, leier van die ja-veldtog en die Skotse Nasionale Party, het die Skotte aangevuur: \u201cKom ons word m\u00f4re (Vrydag) wakker op die eerste dag van \u2019n beter land.\u201d<\/p>\n<p>In \u2019n ope brief het Salmond ges\u00ea Skotland se toekoms is in sy hande. Hy het hom beroep op die 18de eeuse ekonoom Adam Smith en Skotland se bekendste digter, Robert Burns: \u201cMoenie hierdie geleentheid deur ons vingers laat glip nie. Moenie dat hulle vir ons s\u00ea ons kan nie. Kom ons d\u00f3\u00e9n dit.\u201d<\/p>\n<p>Die Britse premier, David Cameron, het ges\u00ea die land is \u2019n demokrasie en die wil van die mense by die stembus sal gerespekteer word, maar die Skotte kan ongetwyfeld bly reken op Engelse lis. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>James Bond, oftewel die akteur Sean Connery, gaan vandag stem vir &#8216;n onafhanklike Skotland. Die geskiedkundige referendum se meningspeilings toon daar is effens meer steun vir onafhankliheid van die Verenigde Koninkryk. Die Engelse is erg onthuts oor di\u00e9 verwikkeling wat hulle onkant gevang het omdat hulle gemeen het dat die media die uitslag in hul &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27080\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Skotte stem vandag vir beter toekoms&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[18016,9540],"class_list":["post-27080","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-onafhankliheid","tag-skotland"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27080","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27080"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27080\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27080"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27080"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27080"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}