{"id":27060,"date":"2014-09-17T08:11:08","date_gmt":"2014-09-17T06:11:08","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27060"},"modified":"2014-09-17T08:12:59","modified_gmt":"2014-09-17T06:12:59","slug":"julian-muller-boek-sit-gelowiges-aan-die-dink","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27060","title":{"rendered":"Julian M\u00fcller-boek sit gelowiges aan die dink"},"content":{"rendered":"<p>Die publikasie <em>Geloof anderkant Sondag<\/em> is deel van Julian M\u00fcller se trilogie. Die ander twee boeke is:\u00a0 <em>Om te mag twyfel<\/em> en <em>Opstanding<\/em>. Dit blyk dat in die trilogie die aspek van \u201ctwyfel in geloof\u201d sentraal staan.<\/p>\n<blockquote><p>Titel: Geloof anderkant Sondag<br \/>\nSkrywer: Julian M\u00fcller<br \/>\nKategorie: Godsdiens<br \/>\nISBN: 9780624066231<br \/>\nDatum Vrygestel: 21 Julie 2014<br \/>\nPrys (insl. BTW): R 175.00<br \/>\nFormaat: Sagteband, 204pp<\/p><\/blockquote>\n<p>\u2018n Beoordeling van eersgenoemde hang grootliks af van \u2018n eie standpunt in sake:<\/p>\n<ul>\n<li>Die kerk as godsdiensinstelling en<\/li>\n<li>Geloof (beter gestel: oor die inhoud van geloof).<\/li>\n<\/ul>\n<p>In \u2018n Bybelse mensbeskouing is geloof \u2018n eienskap of \u2018n vermo\u00eb van menswees, naas \u2018n juridiese besef, \u2018n etiese verantwoordelikheid, \u2018n sosiale lewe, \u2018n ekonomiese aktiwiteit, \u2018n taalvermo\u00eb, om logiese te kan dink, ens.<\/p>\n<p>Dit is die inhoud wat die mens aan geloof gee wat dikwels omstrede is!<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/geloofanderkant.jpeg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-medium wp-image-27065\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/geloofanderkant-193x300.jpeg\" alt=\"geloofanderkant\" width=\"193\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/geloofanderkant-193x300.jpeg 193w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/geloofanderkant-95x148.jpeg 95w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/geloofanderkant-20x31.jpeg 20w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/geloofanderkant-24x38.jpeg 24w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/geloofanderkant-138x215.jpeg 138w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/geloofanderkant.jpeg 280w\" sizes=\"auto, (max-width: 193px) 100vw, 193px\" \/><\/a>In hierdie verband kan (ja, moet!) die kerkbegrip aan \u2018n struktuuranalise onderwerp word. Die kerk is \u2018n enkele instelling in \u2018n meer omvattende koninkryksperspektief. In \u2018n koninkryksperspektief moet elke instelling \u2018n godgewilde karakter h\u00ea en word elke instelling deur interne vryheid geken. So is die kerk \u2018n vertikale godsdiensinstelling vir die formele aanbidding van Adonai Jahweh, naas en in onderskeiding van die volgende:<\/p>\n<ul>\n<li>Die huwelik \u2018n verbinding tussen man en vrou wat op gesinsvorming aangewese is.<\/li>\n<li>Die gesin \u2018n verbintenis tussen ouers en kinders, wat normaalweg bloedbande kan wees.<\/li>\n<li>Die familie \u2018n bre\u00ebr verbinding tussen bloedverwante is.<\/li>\n<li>Die staat \u2018n regsverbintenis vir die ordelike\u00a0 samesyn van burgers binne \u2018n spesifieke geografiese gebied.<\/li>\n<li>\u2018n Sake-onderneming \u2018n dienslewerende instelling is wat ook op wins en groei ingestel is.<\/li>\n<li>Ens.<\/li>\n<\/ul>\n<p>In sodanige koninkryksperspektief is een instelling nie na \u2018n ander te herlei nie maar vorm\u00a0 al die instellinge \u2018n kulturele inslag en volgens \u2018n religieuse rigting \u2018n eenheidskarakter.<\/p>\n<p>In hierdie verband is die kerk \u2018n godsdiensinstelling vir die formele aanbidding van GOD\u00a0 en van \u2018n gemeenskap van mense met dieselfde religieuse ingesteldheid. Die liturg tree namens die gemeenskap\/gemeente op en dien terselfdertyd as verteenwoordiger van GOD, gegrond op Bybelse analise en eksegese. So gesien, is dit uiters riskant vir die liturg om:<\/p>\n<ul>\n<li>Die kansel vir \u201csocial gospel\u201d-stories te misbruik.<\/li>\n<li>Twyfel te saai of selfs ruimte vir twyfel te maak, want twyfel binne hierdie konteks is ongeloof.<\/li>\n<li>Riskante, verdelende dogma te verkondig.<\/li>\n<li>Die formele karakter van die kerk in\/tot \u2018n vermaaklikheidsinstelling te misvorm.<\/li>\n<\/ul>\n<p>In die bestuur van die kerk is dit uiters noodsaaklik dat lidmate sal weet:<\/p>\n<ul>\n<li>dat die erediens \u2018n formele aanbiddingskarakter het,<\/li>\n<li>dat die Tien Gebooie en gebed en toewyding noodsaaklike liturgiese aktes en dade is, en<\/li>\n<li>dat \u2018n gemeente substrukture kan\/moet daarstel om aan ander godsdiensbehoeftes\u00a0 uitdrukking\/vervulling te gee.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Daar is egter substrukture van \u2018n kerk waar gemeentelike behoefte en teologie in mindere of meerdere mate bedryf kan word. Omdat die godsdiens noodwendig op dogmavorming aangewese is, is die wisselwerking tussen teologie as godsdienswetenskap en kerklike liturgie van die allergrootste belang. Die kloof tussen teoloog en dominee moet uitgewis word. Die verskil tussen die historiese Jesus van die teoloog en die mitiese Jesus van die kerk moet in ewewig gebring word. Die geskiedenis van die kerk begin nie, soos Markus Borg suggereer, vier jaar na die aanvang van die Christelike jaartelling nie, maar by Abraham 1800 jaar voor die christelike kalender.<\/p>\n<p>Dit is teen bg. agtergrond dat Julian M\u00fcller aan die orde tree.<\/p>\n<p>In die godsbeskouing van M\u00fcller is:<\/p>\n<ul>\n<li>GOD duskant die Sondag transendent &#8230; te\u00efsties (daar v\u00ear) &#8230; gebaseer op \u2018n drie-vlak-w\u00eareldbeeld (hemel, aarde, onder die aarde).<\/li>\n<li>GOD anderkant die Sondag post-te\u00efsties &#8230; selfs pan-te\u00efsties (in alles en ook buite alles). In so \u2018n benadering speel die bloedteologie (die kruis &#8230; die nagmaal) van die Sondagkerk geen rol nie. Bloedteologie skep \u2018n karikatuurbeeld van GOD!<\/li>\n<\/ul>\n<p>In die Jesus van die geloof anderkant die Sondag is Jesus nie die geslagte lam in \u2018n verlossingsleer nie, maar GOD se gesig na die w\u00eareld. Na die voorbeeld van Jesus leer die mens GOD beter ken.<\/p>\n<p>Die Sondagkerk soek mag &#8230; word twyfel uitgesluit &#8230; ly die kerk aan sekularisasie (ontkerkliking) van sy lidmate &#8230; ens.\u00a0 Anderkant die Sondag is daar ruimte vir kritiese denke &#8230; is die kerk buigbaar en oop &#8230; gaan dit oor bediening &#8230; bestaan geloof en twyfel in harmonie &#8230; is daar oop gesprek.<\/p>\n<p>Die vraag is nou welke kritiek\/kommentaar ek op M\u00fcller se dokument, in die lig van my kerkbeskouing, nahou?<\/p>\n<p>Toegepas op die NGK is daar \u2018n historiese verbondenheid tussen NGK en politiek &#8230; eers onder NP-bewind en nou onder ANC-regering. Onder NP-bewind het die NG Kerk rasse-differensiasie aan die hand van die dokument \u201cRas, volk en nasie\u201d vergoeilik &#8230; en toe die NP-politiek verander, dogmatiese klemverskuiwings in die dokument \u201cKerk en Samelewing\u201d aangebring. Nou weer word \u201cBelhar\u201d omhels.\u00a0 Is dit om die ANC ter wille te wees? Mag is dus, soos Julian M\u00fcller dit stel, belangrik vir die NGK.<\/p>\n<p>Dogmaties gesproke hou die NGK vas aan die belydenis van Nicea waarop 325 jaar na Christus besluit is, onder voorsitterskap van die heidense keiser Konstantyn. Dit geld ook vir die sg. drie-eenheid maar wat in feite \u2018n twee-eenheid word, wanneer die onderskeid tussen GOD en Jesus uitgewis word. Wat d\u00edt betref, is M\u00fcller weer reg, wanneer hy die godwording van Jesus bevraagteken. Dogmatiese vernuwing is eenvoudig nie deel van die NGK se opset en ingesteldheid nie.\u00a0 Dit is wel part en deel van teolo\u00eb van die NGK.<\/p>\n<p>Tewens, as die kerk staande wil bly, ten aansien van \u2018n immer-veranderende mens, sal die kerk hom los moet maak van die pre-moderne\/mitiese inhoude wat nog steeds sy belydenisskrifte kenmerk.<\/p>\n<p>Uit bogenoemde is dit duidelik dat M\u00fcller sy lesers wil laat dink. Hy sien sy lesers as sy post-universit\u00eare studente. Hy neem die leerstoel na die gemeenskap.\u00a0 Dit maak sy boeke boeiend en aktueel.<\/p>\n<p>M\u00fcller is \u2018n plaasseun van Nigel. Kerkgaan was vir hom as kind \u2018n straf. Tog studeer hy teologie. Sy eerste gemeente is in Johannesburg-Oos. Hier vind hy die Sondagkerk. By die studentegemeente is die kerk \u2018n instelling anderkant die Sondag. As professor maak hy van die narratiewe leermetode gebruik.<\/p>\n<p>Die lees van Julian M\u00fcller se <em>Geloof anderkant Sondag<\/em> word aanbeveel!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die publikasie Geloof anderkant Sondag is deel van Julian M\u00fcller se trilogie. Die ander twee boeke is:\u00a0 Om te mag twyfel en Opstanding. Dit blyk dat in die trilogie die aspek van \u201ctwyfel in geloof\u201d sentraal staan. Titel: Geloof anderkant Sondag Skrywer: Julian M\u00fcller Kategorie: Godsdiens ISBN: 9780624066231 Datum Vrygestel: 21 Julie 2014 Prys (insl. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":10,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[96,82,10,7],"tags":[12419,18012,12740,9539,10525,10086,18013],"class_list":["post-27060","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c87-boeke","category-c72-christo-landman","category-rubrieke","category-s27-vermaak","tag-geloof","tag-julian-muller","tag-kerk","tag-ng-kerk","tag-resensie","tag-teologie","tag-twyfel"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27060","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/10"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27060"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27060\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27060"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27060"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27060"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}