{"id":27053,"date":"2014-09-17T07:24:20","date_gmt":"2014-09-17T05:24:20","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27053"},"modified":"2014-09-17T07:24:20","modified_gmt":"2014-09-17T05:24:20","slug":"pelsverkope-herstel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27053","title":{"rendered":"Pelsverkope herstel"},"content":{"rendered":"<p>Die resultate\u00ad van die swakara-veiling op 9 September by Kopenhagen\u00ad Fur in die Deense hoofstad Kopenhagen, is uitstekend, het Namibiese pelshandelaars ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die veiling het die hoogste prys ooit vir \u2019n lot swart swakara-pelse\u00ad opgelewer, met die prys van N$2 964 wat \u2019n verhoging\u00ad van N$558,40 teenoor die April 2014 veiling getoon het.<\/p>\n<p>Agra s\u00ea in \u2019n verklaring die hoogste prys vir \u2019n lot wit pelse was N$2 546. Die grys pelse wat laas in September 2013 verkoop is, het \u2019n gemiddelde prys van N$710,60 per pels behaal en die bruin pelse wat laas in 2012 verkoop is, \u2019n gemiddelde\u00ad prys van N$640,30 per pels.<\/p>\n<p>Me. Dagmar Honsbein, hoofbestuurder van Agra ProVision, s\u00ea voor die veiling was bedrywighede by die pelshuis in die algemeen minder as tydens vorige veilings.<\/p>\n<p>\u201cOns het \u2019n herhaling van die April 2014-veilingsverrigtinge\u00ad gevrees, veral aangesien die gereelde swakara-kopers\u00ad betreklik laat opgedaag\u00ad het om die pelse te besigtig. Hulle het ons boonop ingelig dat hulle nog baie pelse oor het van die vorige veiling. Daarom is ons geweldig\u00ad verheug om produsente\u00ad mee te deel dat die verkope inderdaad\u00ad herstel het,\u201d s\u00ea Honsbein.\u00ad<\/p>\n<p>Pelspryse was vroe\u00ebr die jaar onder geweldige\u00ad druk, wat \u2019n demper op verwagtinge vir die September-\u00adveiling geplaas het. \u00ad<\/p>\n<p>Die pryse het nie net in April aansienlik teruggesak\u00ad nie, maar het boonop meegebring dat nie alles verkoop is nie.<\/p>\n<p>Die aanbod nou het bestaan uit 35 872 swart pelse, 8 794 wit pelse, 3 835 grys pelse, 725 bruin pelse en 2 787 gespikkelde pelse.<\/p>\n<p>Die veilingsbelangstelling verlede week was aanvanklik traag, met die gemiddelde prys vir swart pelse wat op N$495,90 in April gemiddeld\u00ad 12% laer was. Daarna is die bordjies verhang, met die gemiddelde prys van wit pelse wat met 10,9% gestyg het tot N$818,90 en gespikkelde pryse wat met 95,7% tot N$359,10 gestyg het.<\/p>\n<p>Die duurste lot wit pelse is teen N$2 546 opgeraap\u00ad deur mnr. Tony Jessop, \u2019n pelsmakelaar\u00ad by Avanti Furs van Kastoria\u00ad in Griekeland.\u00ad<\/p>\n<p>Die duuste lot swart pelse se bod is toegeslaan\u00ad op mnr. Thomas Rebild, \u2019n Deense makelaar wat dit namens Elena Furs van Moskou in Rusland gekoop het.<\/p>\n<p>Bron: Die Republikein<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die resultate\u00ad van die swakara-veiling op 9 September by Kopenhagen\u00ad Fur in die Deense hoofstad Kopenhagen, is uitstekend, het Namibiese pelshandelaars ges\u00ea. Die veiling het die hoogste prys ooit vir \u2019n lot swart swakara-pelse\u00ad opgelewer, met die prys van N$2 964 wat \u2019n verhoging\u00ad van N$558,40 teenoor die April 2014 veiling getoon het. Agra s\u00ea &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27053\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Pelsverkope herstel&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[6831,18005,18006,2078,18007],"class_list":["post-27053","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-namibie","tag-pelse","tag-pelshandel","tag-rusland","tag-swakara"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27053","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27053"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27053\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27053"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27053"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27053"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}