{"id":27017,"date":"2014-09-15T07:44:53","date_gmt":"2014-09-15T05:44:53","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27017"},"modified":"2014-09-15T07:44:53","modified_gmt":"2014-09-15T05:44:53","slug":"lesotho-se-premier-eis-dat-sa-sy-amp-waarborg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27017","title":{"rendered":"Lesotho se premier eis dat SA sy amp waarborg"},"content":{"rendered":"<p>Die Suid-Afrikaanse polisie, insluitend lede van &#8216;n elite taakmag, is in Maseru ontplooi nadat die voormalige weermagbevelvoerder van Lesotho Tlali Kamoli en sy troepe verlede maand verskeie polisiekantore bestorm het op soek na wapens. <\/p>\n<p>&#8216;n Polisieman is dood en verskeie ander beseer in die aanvalle wat premier Tom Thabane en lede van sy koalisieregering gedwing het om na Suid-Afrika te vlug. <\/p>\n<p>Dit blyk nou dat Thabane die parlement in Junie ontbind het om &#8216;n beplande mosie van wantroue in hom te systap. <\/p>\n<p>N\u00e1 &#8216;n noodvergadering van SAOG onder aanvoering van President Jacob Zuma vroe\u00ebr hierdie maand, het Thabane die versekering gegee dat hy die parlement weer sal oopstel, maar dit het nog nie gebeur nie.<\/p>\n<p>Thabane is steeds &#8216;n gas van &#8216;n Sandtonse hotel. Hy het ges\u00ea hy sal slegs terugkeer en die parlement oopstel &#8220;as veiligheid herstel is&#8221;. <\/p>\n<p>Thabane het n\u00e1 die vergadering belowe hy sal terugkeer na Lesotho waar hy onder die beskerming van die Suid-Afrikaanse magte sal wees. <\/p>\n<p>Dit blyk nou dat hy ook verwag dat Suid-Afrika sy pos moet beskerm as hy uitgestem word. Dit wil voorkoms asof Thabane nie wil terugkeer sonder di\u00e9 waarborg nie.<\/p>\n<p>&#8220;Al wat ons vra van die SAOG is, kan ons hierdie klein probleempie van veiligheid uitsorteer?&#8221; het hy gevra, met verwysing na sy amp.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Suid-Afrikaanse polisie, insluitend lede van &#8216;n elite taakmag, is in Maseru ontplooi nadat die voormalige weermagbevelvoerder van Lesotho Tlali Kamoli en sy troepe verlede maand verskeie polisiekantore bestorm het op soek na wapens. &#8216;n Polisieman is dood en verskeie ander beseer in die aanvalle wat premier Tom Thabane en lede van sy koalisieregering gedwing &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27017\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Lesotho se premier eis dat SA sy amp waarborg&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[5508,8897,6627,8919],"class_list":["post-27017","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized","tag-lesotho","tag-parlement","tag-saog","tag-staatsgreep"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27017","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27017"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27017\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27017"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27017"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27017"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}