{"id":26926,"date":"2014-09-10T07:43:09","date_gmt":"2014-09-10T05:43:09","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=26926"},"modified":"2014-09-10T07:51:08","modified_gmt":"2014-09-10T05:51:08","slug":"wit-ongelukslagoffer-deur-swartes-beroof-mishandel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=26926","title":{"rendered":"Wit ongelukslagoffer deur swartes beroof, mishandel"},"content":{"rendered":"<p>Die slagoffer van &#8216;n ernstige motorfietsongeluk, &#8216;n 20-jarige man, is deur swart omstanders beroof en rondgesleep aan sy gebreekte arm.<\/p>\n<p>Quinton Wagner, wie se pa vroe\u00ebr vanjaar voor hom deur swartes in &#8216;n huisrooftog doodgeskiet is, veg om sy lewe in die ho\u00ebsorgeenheid van die Milpark-hospitaal in Johannesburg, het Beeld berig.<\/p>\n<p>Hy is Vrydagmiddag in Krugersdorp deur &#8216;n bakkie van agter getref op sy motorfiets.<\/p>\n<p>Sowat 20\u2009omstanders van \u2019n nabye minibus-taxistaanplek het op die ernstig beseerde Wagner toegesak, hom rondgepluk en 5\u2009m van die ongelukstoneel die bosse ingesleep.<\/p>\n<p>Sedert hy Vrydag in die hospitaal opgeneem is, het hy drie operasies ondergaan. Hy kan nie self asemhaal nie en is van \u2019n asemhalingsmasjien afhanklik, het bloed op sy longe, sy lewer is geskeur en ses van sy ribbe, sy regterarm en sleutelbeen is ook gebreek. Wagner se pankreas is beskadig en hy het beserings aan sy bene.<\/p>\n<p>&#8216;n Sakeman van Krugersdorp het die gru-toneel gadegeslaan. Hy s\u00ea die bloeiende jong man se regterarm was so erg gebreek dat die been by sy hemp uitgesteek het. Die swart aanvallers het hom nogtans aan sy gebreekte arm die bosse ingesleep.<\/p>\n<p>Hy is deur sy kli\u00ebnt wat by die ongeluk betrokke was, verwittig. Omdat hy nie te ver van die ongelukstoneel was nie het hy en &#8216;n vriend hul daarheen gehaas. Die swartes het hulle ook beroof.<\/p>\n<p>&#8220;Ek kon my o\u00eb nie glo nie,&#8221; het hy ges\u00ea. &#8220;Ons het gesien hoe die seun aan sy arms gesleep word. Toe ons uit my bakkie spring, het van die rowers op ons toegesak. Die rowers het die seun se motorfietshelm van sy kop geruk. Die seun het op sy rugsak gel\u00ea. Die rowers het hom soos \u2019n stuk lap rondgepluk om dit te kry. Hulle het ook onder mekaar baklei om sy skoene af te pluk.&#8221;<\/p>\n<p>Die Samaritaan s\u00ea die rowers het hom vasgehou toe hy by die slagoffer wou uitkom. Sy beursie en selfoon is afgeneem en sy kli\u00ebnt is ook van sy selfoon en skootrekenaar beroof.<\/p>\n<p>Polisievoertuie het verby die toneel gery en uiteindelik het net een vangwa opgedaag, nadat die polisie vroe\u00ebr ontbied is.<\/p>\n<p>\u201cDie GPF [Gemeenskapspolisi\u00ebringsforum] het die pad afgesper sodat die nooddienshelikopter kon land. Toe die helikopter wou land, het die rowers gehardloop om op hulle toe te sak. Die GPF het hulle weggehou terwyl twee polisiebeamptes eenkant gaan sit het. Hulle wou nie eens verklarings neem nie.\u201d<\/p>\n<p>Ao. Solomon Sibiya, polisiewoordvoerder, kon Maandag nie kommentaar lewer nie. Hy het ges\u00ea niemand het hom van die voorval verwittig nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die slagoffer van &#8216;n ernstige motorfietsongeluk, &#8216;n 20-jarige man, is deur swart omstanders beroof en rondgesleep aan sy gebreekte arm. Quinton Wagner, wie se pa vroe\u00ebr vanjaar voor hom deur swartes in &#8216;n huisrooftog doodgeskiet is, veg om sy lewe in die ho\u00ebsorgeenheid van die Milpark-hospitaal in Johannesburg, het Beeld berig. Hy is Vrydagmiddag in &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=26926\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Wit ongelukslagoffer deur swartes beroof, mishandel&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[17148,17923,5170,12265,17922,12564],"class_list":["post-26926","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-gpf","tag-huisrooftog","tag-moord","tag-motorfietsongeluk","tag-nooddienshelikopter","tag-swart-aanvallers"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26926","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26926"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26926\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26926"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26926"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26926"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}