{"id":26877,"date":"2014-09-07T11:11:17","date_gmt":"2014-09-07T09:11:17","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=26877"},"modified":"2014-09-07T11:11:17","modified_gmt":"2014-09-07T09:11:17","slug":"nederlandse-vermeulen-ontdek-n-groter-werklikheid-in-suid-afrika","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=26877","title":{"rendered":"Nederlandse Vermeulen ontdek &#8216;n groter werklikheid in Suid-Afrika"},"content":{"rendered":"<p>Bram Vermeulen, die Nederlandse joernalis van \u201chet jaar 2009\u201d het pas \u2018n lesenswaardige boek gepubliseer oor sy ervaringe as buitelandse korrespondent van die <em>NRC Handelsblad<\/em>, die <em>NOS TV Joernaal<\/em>, die <em>VRT<\/em> asook die Nederlandse Wereldomroep.\u00a0 Die boek is getiteld <em>Help, Ik Ben Blank Geworden<\/em> en is uitgegee deur Promethius\/NRC Handelsblad Amsterdam\/Rotterdam (241 paginas).<br \/>\n\u201cNa 1994 zou alles beter worden. Iedereen zou een huis krijgen, een baan, een beter leven. Armoede is in Afrika alleen maar groter geworden in de afgelopen jaren\u201d (124, 125p.).<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/helpikben.jpeg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-medium wp-image-26878\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/helpikben-185x300.jpeg\" alt=\"helpikben\" width=\"185\" height=\"300\" \/><\/a>Vermeulen kom na SA met \u2018n tipiese linkse geestesinstelling, assosieer sterk met die sg. onderdrukte swartes, maar word oor tyd \u201congeneeslijk blank\u201d. Hoe dieper Vermeulen in die problematiek tussen wit en swart delf, hoe meer het \u201cZwarte vlekken in mijn integratiedroom\u201d (p. 60) vorm aangeneem. In Nederland het Vermeulen nooit blank gevoel nie, maar \u201cin Afrika was ik ongeneeslijk blank geworden)&#8221;(p. 61). Blank beteken in Afrika soveel meer as alleen die kleur van die vel, ontdek hy (p. 62). Hy siteer \u2018n blanke wat verklaar dat \u201cwij (de blanken) en zij (de zwarten) verschillen van elkaar zoals de dag van de nacht en dat zal nooit veranderen\u201d (p. 131).<\/p>\n<p>Vermeulen kyk terug op sy verslaggewing van insidente oor sewe jaar en kom met betrekking tot die moorde tot die gevolgtrekking dat hy toe \u201conzin had uitgekraamd\u201d (p. 65).<br \/>\nOp soek na die waaroms van die moorde probeer Vermeulen grotere vrae te vra en te beantwoord oor die situasie van die blankes in die suide van Afrika, sedert 1993. Sekond\u00eare temas wat aan die orde kom is:<\/p>\n<ul>\n<li>Swart-op-swart geweld.<\/li>\n<li>Die tragiek van Zimbabwe.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die geestelike ommekeer wat Vermeulen maak is dat, in plaas daarvan dat hy integreer met die swart massas \u2013 die hoofdoelwit van sy koms \u2013 hy verder wegdryf en sy blankheid ontdek. Hy tipeer dit so:<\/p>\n<blockquote><p>\u201c&#8230; ik haalde mijn doelstellingen niet. &#8230; ik integreerde niet &#8230; ik dreef er steeds verder vandaan. Ik faalde zoals Johan (Nel) had gefaald. Ik bleef proberen, telkens weer, totdat ik zeker wist dat mijn falen niet te vermijden was.\u201d (p. 49).<\/p><\/blockquote>\n<p>Die oorhoofse gevolgtrekking waartoe Vermeulen kom is dat die toenemende rassisme in SA sedert 1993 die direkte resultaat is van die brutale plaasmoorde, xenofobie teen buitelandse swartes en verkeerdstellende aksie (affirmative action). Blank en Swart in Suider-Afrika verteenwoordig twee mekaaruitsluitende beskouings oor die lewe, oor private eienaarskap van grond en van besittings. In Afrika word anders na geld gekyk as in Nederland (p. 191). In die Westerse kultuur draai alles om die individu, maar in Afrika gaan dit om die groep, haal hy Jacob Zuma aan (p. 202). Daar is \u2018n reaksion\u00eare element teenwoordig: blanke rykdom teenoor onoplosbare swart armoede en die feit dat private grondbesit by die swartes se kaart en transport gele\u00eb is in familiegrafte.<\/p>\n<blockquote><p>\u201cAls het op gerechtighied aankwam, lagen de ide\u00ebenwerelden van blanken en zwarten mijlenver uit elkaar.\u201d (p. 209)<\/p><\/blockquote>\n<p>Hy kom tot die gevolgtrekking dat \u201cecht opgaan in een andeere cultuur, assimileren, integreren of wat voor een naam politici er ook aan geven, onmogelijk is\u201d (p. 237).<\/p>\n<p>Vermeulen eindig sy boek met \u2018n dag-tot-dagbeskrywing van die hofsaak en veroordeling van Johan Nel tot 76 jaar gevangenisstraf vir elf aanklagte van poging tot moord en verbode wapen en ammunisiebesit. Hy skryf dat \u201ciedereen in deze rechszaal cre\u00ebert zijn eigen waarheid\u201d (p. 230).<\/p>\n<p>Vermeulen gaan akkoord met dr. Irma Labuschagne se gevolgtrekking in die hof dat in Johan Nel se getraumatiseerde w\u00eareld hy sy greep op die werklikheid verloor het. Die skrywer vind dit jammer dat die geweldskonteks in die lewe van Johan Nel nie genoegsaam in die hofsaak beklemtoon is nie.<\/p>\n<p>Die woede van Johan Nel wat stelselmatig in sy kop opgehoop het, hou direkte verband met fisiese aanslae op sy gesin en vriende. Vermeulen verwys na die geheime taal van swart aanvallers op blanke gesinne (p. 78). Daar is plastieksakke aan bome opgehang. \u2018n Blik aan \u2018n boom het \u2018n boodskap verraai.<\/p>\n<blockquote><p>\u201cEen platte steen betekende dat die boeren sliepen. De kleur roodt betekende: gevaar, pasop de boer is gewapend en zal zich verzetten.\u201d (p. 79)<\/p><\/blockquote>\n<p>Vriende van die Nels se huis is oornag gestroop (p. 79). Misdaad was nie \u2018n klassestryd nie, maar \u2018n industrie (p. 90). Vermeulen tipeer die fisiese aanslae op mense as \u201cbeestachtig\u201d en \u201cpervers\u201d(p. 92). Johan Nel se broer is aangehou terwyl die Nels in die kerk was. Johan Nel is self op die plaas met \u2018n sekel aangeval. \u201cIets in Johan Nel is gewoon geknapt\u201d(p. 101), skryf Vermeulen. Van die twee duisend boere wat sedert \u201cde komst van de democratie &#8230; waren vermoord, kwamen er vijf uit Swartruggens\u201d (p. 136).<\/p>\n<p>Wat xenofobie betref, skryf Vermeulen dat swartes op \u2018n goeie nag van huis tot huis aanklop, van die inwoners verwag om sekere kodewoorde korrek te gebruik en indien hulle nie die tradisionele begrippe kon gebruik nie, dan summier doodgemaak is (p. 122). Derhalwe het vele Suid-Afrikaanse swartes hulle lewe ingeboet.<\/p>\n<p>Zimbabwe is tipologies van die eliminasie van die witman. By onafhanklikheid op 18 April 1980 was daar 250 000 blankes in Zimbabwe wat vandag na 25 000 gekrimp het (p. 149). Die enigste verskil tussen toestande tans in SA vergeleke met Zimbabwe is 14 jaar, skryf Vermeulen (p. 149). Die waarheid is dat daar geen metode is waarvolgens blankes in \u2018n groeiende diktatuur kan oorleef nie, haal hy \u2018n blanke Rhodesi\u00ebr aan (p. 158).<\/p>\n<p>Die algemeen verslegtende toestande in SA word treffend deur die skrywer toegelig.<\/p>\n<blockquote><p>\u201cHet water in de rivieren was vies en vrot. De boeren sproeiden nu ontlasting van de omliggende dorpen op de tamaten, uien en cool\u201d(p. 130).<\/p><\/blockquote>\n<p>Die skrywer siteer boere wat verklaar dat voor die koms van die witman hier niks gaande was nie. Die swartes het met hulle blote \u201ckonte\u201d rondgeloop (p. 131).<\/p>\n<p>Betreffende die slepende Boeremagsaak rapporteer Vermeulen dat die groep ge\u00efnfiltreer is deur die veiligheidsdienste.<\/p>\n<p>\u201cHet was deze infiltrant die de naam Boeremag had verzonnen en de verdachten aanspoorde met de bommen-campagne te beginnen\u201d (p. 177).<\/p>\n<p>Die waarde van Vermeulen se boek l\u00ea daarin dat die verskil tussen wit en swart nie \u2018n kwessie van pigmentasie is nie, maar dat pigmentasie saamval met twee mekaar-uitsluitende sosiale ordes wat in een en dieselfde staatsverband onverenigbaar is. Die vraag bly onopgelos hoe twee gemeenskappe \u2013 Wes-Europees teenoor Afrikasentries \u2013 met twee verskillende staatsidees vreedsaam deurmekaar in een en dieselfde staat kan bly bestaan.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Bram Vermeulen, die Nederlandse joernalis van \u201chet jaar 2009\u201d het pas \u2018n lesenswaardige boek gepubliseer oor sy ervaringe as buitelandse korrespondent van die NRC Handelsblad, die NOS TV Joernaal, die VRT asook die Nederlandse Wereldomroep.\u00a0 Die boek is getiteld Help, Ik Ben Blank Geworden en is uitgegee deur Promethius\/NRC Handelsblad Amsterdam\/Rotterdam (241 paginas). \u201cNa 1994 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":10,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[96,82,10,7],"tags":[17884,17885],"class_list":["post-26877","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c87-boeke","category-c72-christo-landman","category-rubrieke","category-s27-vermaak","tag-bram-vermeulen","tag-help-ik-ben-blank-geworden"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26877","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/10"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26877"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26877\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26877"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26877"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26877"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}