{"id":26869,"date":"2014-09-06T12:37:16","date_gmt":"2014-09-06T10:37:16","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=26869"},"modified":"2014-09-06T12:37:16","modified_gmt":"2014-09-06T10:37:16","slug":"navo-saboteer-vredesproses-in-oekraine","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=26869","title":{"rendered":"NAVO saboteer vredesproses in Oekra\u00efne"},"content":{"rendered":"<p>NAVO misbruik die Oekra\u00efense krisis as &#8216;n verskoning om sy milit\u00eare teenwoordigheid nader aan Rusland se grense uit te brei en planne vir &#8216;n nuwe vinnige reaksiemag sal die vredesproses in die ooste van die Oekra\u00efne saboteer, het die Russiese Federasie ges\u00ea.<\/p>\n<p>Rusland se voormalige NAVO-gesant, Alexander Grushko, het NAVO intussen ook daarvan beskuldig dat die VSA &#8220;probeer om die finansi\u00eble las van die handhawing van NAVO op sy bondgenote af te laai&#8221;. Sonder &#8216;n groot inspuiting van fondse en &#8216;n nuwe doelwit is NAVO gedoem aangesien die alliansie se bemoeienis met die Midde-Ooste &#8216;n fiasko gebaar het in lande soos Libi\u00eb.<\/p>\n<p>\u200b\u200bTen minste 4000 troepe sal in die reaksiemag dien wat deur NAVO goedkeur is.<\/p>\n<p>&#8220;Die [uitbreiding]planne deur NAVO word al vir &#8216;n lang tyd voorberei, en die onlangse gebeure het as &#8216;n verskoning gedien om dit te laat realiseer,&#8221; het die Russiese ministerie van buitelandse sake in &#8216;n verklaring op hul webwerf ges\u00ea, na aanleiding van &#8216;n besluit by die NAVO-beraad in Wallis.<\/p>\n<p>&#8220;Saam met die retoriek by die beraad, en die beplande milit\u00eare oefeninge voor die einde van die jaar, sal hierdie spanning verhoog, die ontluikende vredesproses destabiliseer, en &#8216;n verdere uitbreiding van die konflik in die Oekra\u00efne tot gevolg h\u00ea,&#8221; het die ministerie se verklaring gelui. <\/p>\n<p>&#8220;Die bogenoemde is ook bewys van NAVO se onvoorwaardelike steun vir die ekstremiste en neo-fasciste in Ki\u00ebf, insluitend die Regse Sektor se politieke beweging,&#8221; het hy beklemtoon. <\/p>\n<p>Tydens die twee-dag-beraad, het die 28 NAVO-lidlande op die skepping van &#8216;n vinnige reaksie-eenheid van ten minste 4000 besluit. Di\u00e9 mag sal in minder as 48 uur in Oos-Europa ontplooi kan word. <\/p>\n<p>Die prim\u00eare rede vir die inisiatief is glo &#8220;Rusland se aggressie teen die Oekra\u00efne&#8221;. Die Oekra\u00efene was voorheen deel van Rusland en word beskou as die oorsprong van die Slawiese kultuur.<\/p>\n<p>Grushko het die uitgediende &#8220;Koue Oorlog-denke&#8221; veroordeel en ges\u00ea die geskiedkundige 1997-ooreenkoms waarin Moskou en Brussel amptelik verklaar het dat hulle nie meer &#8220;teenstanders&#8221; is nie, word hierdeur ondermyn.<\/p>\n<p>In &#8216;n TV-onderhoud, het Grushko ges\u00ea dat NAVO &#8216;n verhoogde teenwoordigheid van NAVO-skepe in die Oossee en Swart See gelas het wat die vlak van vertroue om potensi\u00eble brandpunte op te los, vernietig het.<\/p>\n<p>Grushko het ook die beplande NAVO-Oekra\u00efne-oefening &#8216;n &#8220;provokasie&#8221; genoem want &#8220;buitelandse troepe sal in &#8216;n land opdaag wat teen sy eie mense veg&#8221;. <\/p>\n<p>Die oorlog wat Ki\u00ebf teen Russiessprekende minderhede in die land verklaar het, het Rusland vroe\u00ebr genoop om humanit\u00eare hulpkonvooie na die oorlogsgeteisterde ooste te stuur.<\/p>\n<p>&#8220;NAVO moet geen rol in die Oekra\u00efense konflik speel nie,&#8221; het die amptenaar ges\u00ea aan die Rossiya-24-netwerk. <\/p>\n<p>Verenigde State van Amerika se president het Vrydag ges\u00ea dat die VSA en die Europese Unie voortgaan met sanksies teen Rusland ten spyte van die ondertekening van &#8216;n skietstilstand-ooreenkoms. <\/p>\n<p>Barack Obama het in Newport, Wallis aan die einde van &#8216;n NAVO-beraad ges\u00ea hy is skepties oor &#8216;n vredesverdrag wat deur verteenwoordigers van Ki\u00ebf, Lugansk en Donetsk slegs ure vroe\u00ebr in Minsk onderteken is, en het ges\u00ea die VSA van voorneme is om voort te gaan met nuwe sanksies.<\/p>\n<p>Die aankondiging van bykomende sanksies teen Rusland deur die Europese Unie is &#8216;n direkte ondersteuning van Ki\u00ebf se &#8220;Oorlogsparty&#8221; het Rusland se ministerie van buitelandse sake Saterdag ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Die Europese Unie het getoon dat die owerhede steeds in &#8216;n politieke fantasie leef, en hulle verskaf byna direkte ondersteuning aan die Oorlogsparty in Ki\u00ebf, wat nie tevrede is met die uitkoms van die Minsk-vergadering nie,&#8221; het die ministerie ges\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>NAVO misbruik die Oekra\u00efense krisis as &#8216;n verskoning om sy milit\u00eare teenwoordigheid nader aan Rusland se grense uit te brei en planne vir &#8216;n nuwe vinnige reaksiemag sal die vredesproses in die ooste van die Oekra\u00efne saboteer, het die Russiese Federasie ges\u00ea. Rusland se voormalige NAVO-gesant, Alexander Grushko, het NAVO intussen ook daarvan beskuldig dat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[16388,4869,15283,16389,7304,15284],"class_list":["post-26869","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-donetsk","tag-eu","tag-kief","tag-lugansk","tag-minsk","tag-russiese-federasie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26869","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26869"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26869\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26869"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26869"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26869"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}