{"id":26795,"date":"2014-09-04T09:03:24","date_gmt":"2014-09-04T07:03:24","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=26795"},"modified":"2014-09-04T19:46:57","modified_gmt":"2014-09-04T17:46:57","slug":"n-wakkerskrik-week-vir-afrikaners","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=26795","title":{"rendered":"&#8216;n Wakkerskrik-week vir Afrikaners"},"content":{"rendered":"<p>Deur Manfred Delport.<\/p>\n<p>Die vorige regering het graag gepraat van \u2018n totale aanslag teen Suid-Afrika. Gebruik egter laasgenoemde term vandag, en al wat \u2018n libgestremde, kruiperkaner en paaier is, wil die horries kry. Jy sal onmiddellik as parano\u00efes uitgekryt word. Sint Mandela, Slovo en kie was immers, volgens die kruipers en linkses, gawe outjies wat eintlik net saam met ons Kinderkrans toe wou gaan, en die totale aanslag het slegs in mnr PW Botha se verbeelding bestaan. Het ons nie ook, volgens die paaiers en kruiperiges, op 27 April, 1994, die land van melk en heuning binnegegaan nie?<\/p>\n<p>Twee gebeure hierdie week het mnr Botha egter doodreg bewys, en getoon dat daar inderdaad steeds \u2018n totale aanslag teen Afrikaners bestaan, wat slegs in felheid toeneem. In die konteks waarin PW Botha die term destyds gebruik het, het dit egter meestal verwys na eksterne faktore, onder andere sanksies, \u2018n milit\u00eare bedreiging vanuit Angola en binnelandse oproer, maar dit was meestal vir ons as Afrikaners op \u2018n gemaklike afstand. Vandeesweek het twee gebeurtenisse daardie totale aanslag  tot op Afrikaners se eie drempel gebring.<\/p>\n<p>Die eerste voorbeeld hiervan was die skokuitspraak van die getransformeerde Grondwethof, \u2018n anti-blanke instansie gepak met ANC-kaders, oor die Renate Barnard-saak. Die Grondwethof het beslis dat neo-apartheid en anti-blanke rassekwotas kwansuis grondwetlik sou wees, en dat Renate Barnard en 4 miljoen ander blankes inderdaad te wit is om \u2018n werk te h\u00ea, selfs al is ons die mees bekwame en gekwalifiseerde kandidate vir die pos (wat ons meestal inderdaad is.) Pienk Frikkie se sogenaamde wigte en teenwigte is met di\u00e9 uitspraak finaal ontbloot vir die leuen wat dit van meet af aan was. <\/p>\n<p>So ook is die wind uit Solidariteit en Afriforum se seile gehaal. Hulle het, tot op hede, gepoog om die ANC se rassisme teen blankes deur die howe te beveg. Dit het tot op \u2018n punt gewerk, siende dat die (relatief-ongetransformeerde) app\u00e8lhof ten gunste van Renate Barnard beslis het. Di\u00e9 strategie was egter van meet af aan gedoem, omdat die ANC onvermydelik sou streef daarna om die regbank te pak met sy eie kaders, in die naam van transformasie.<\/p>\n<p>Interessant genoeg maak Gareth van Onselen, \u2018n voormalige DA-strateeg, ook die punt dat die DA klaarblyklik boedel oorgegee het met die parlement. Musi Maimane, die DA se eie \u201ctoken black\u201d, mag wel die DA parlement\u00eare leier wees, maar is nie eens die leier van die party nie. Nes Solidariteit en Afriforum, het die DA ook klaarblyklik besluit om eerder die howe te gebruik, siende dat die parlement insgelyks \u2018n nuttelose instansie is. Die bevestiging van blankes se status as derdeklasburgers deur die ANC se Grondwethof-kaders, gaan binnekort ook gevolg word deur \u2018n toenemende aantal ander beslissings ten gunste van die ANC, namate die oorblywende blanke regters toenemend etnies gereinig en verjaag word.<\/p>\n<p>Die tweede gebeurtenis is die aanslag op Afrikanerkinders se skole, deur nog \u2018n Pienk Frikkie-agtige slang aan eie boesem, ene Hans Pietersen, \u2018n individu met duidelik te veel tyd op hande, wat wil krap waar dit nie jeuk nie. Natuurlik is daar ook die smerige vingers van \u2018n voormalige Naspershoernalis, George Claassen, hierin te bespeur. (Hoekom is ek nie verbaas dat Naspers, soos met die PUK-voorval, weer eens voor in die koor van Afrikanervyande is nie?)<\/p>\n<p>Pietersen en sy trawante, met hul bruin ANC-ringe om die nek, is nie tevrede dat blankes bloot derdeklasburgers moet wees in ons beroepslewens nie, maar wil ook toesien dat Afrikanerskole se karakter heeltemal moet verander. Sonder om in die godsdiensdebat betrokke te wil raak, wil OGOD (die Pietersen\u2014karakter se sogenaamde organisasie) klaarblyklik toesien dat een of ander tipe New Age-agtige almal-is-eners gebrabbel aan skoolkinders oorgedra, ten einde Afrikanerkinders se \u201cgeestelike horisonnne verbreed\u201d.<\/p>\n<p>Vermoedelik wil OGOD dus die kinders onder andere van die \u201cgeloof van vrede\u201d leer. Een van die dae kom Pietie by die huis met die opdrag om \u2018n selfmoordonderhemp te moet maak as \u2018n skooltaak, of moet Sannie navorsing doen oor die sewentig maagde wat in die hemel wag vir diegene wat ongelowiges onthoof. Natuurlik gaan skoolkinders ook vertel word dat alle religie\u00eb van soortgelyke waarde is, selfs di\u00e9 wat lei daartoe dat brandstof oor Kirsty Theologo uitgegooi is, en sy aan die brand gesteek is tydens \u2018n Satanistiese ritueel. Skoolkinders sal natuurlik ook wysgemaak word dat voorvaderaanbiddery en sy gepaardgaande moetie-moorde, van presies dieselfde waarde as Christenskap is.<\/p>\n<p>Mens moet jou egter nie blindstaar teen die blote aantasting van Afrikaners se godsdiens nie, of probeer om hierdie aanslag op slegs \u2018n godsdienstige vlak te beveg nie. Dit gaan oor veel, veel meer as dit. Dit gaan oor die ganse aard van Afrikanerskole, ook oor hul kultuur en dissipline, iets wat meestal in swart en Engelse skole afwesig is. Pietersen en sy ander mede-kaders het, \u201cvreemd genoeg\u201d, nie een, enkele Joodse- of Moslemskool geteiken nie. Die Joodse King David-skool in Johannesburg is dus nie op die lys van respondente in die hofgeding nie. Dit is uitsluitlik Afrikaanse skole wat in Pietersen en trawante se visier is. Toeval? Ek dink nie so nie. Pietersen, Claassen en die res van die spul kaders is dus nie tevrede met bloot die etniese reiniging van Afrikaners uit hul poste nie, maar teiken nou ook Afrikanerkinders se kultuur en lewensbeskouing, en wil hulle ganse waardestelsel omvorm na een of ander identiteitslose multikul-gedrog wat, eerder as om te bid tot Jesus voor \u2018n rugbywedstryd, \u2018n kat of twee sal slag terwyl hulle \u2018n Boeddhistiese gebrom besig.<\/p>\n<p>Ek is weliswaar nie t\u00e9 jammer oor Pietersen se aanval op Afrikanerkinders nie, of oor die Grondwethof se uitspraak nie. Dit is bes moontlik presies wat Afrikaners nodig gehad het om wakker te skrik en ons gemaksones te verlaat. Ons moet dringend \u2018n kopskuif maak, en van \u2018n hele paar fopspene vergeet.<\/p>\n<p>Vergeet van die nuttelose rassesensus bekend as verkiesings en die nuttelose tydmors by die stembus \u2013 selfs die DA het boedel oorgegee daarmee. Hul leidster sit nie eens in die parlement nie.<\/p>\n<p>Vergeet van die howe \u2013 die ANC se kaders, daardie blygemaakte hofklerke wat kwansuis regters is, gaan ni\u00e9 in ons guns beslis nie.<\/p>\n<p>Vergeet van Pienk Frikkie se sogenaamde wigte en teenwigte. Dit bestaan eenvoudig nie.<\/p>\n<p>Vroe\u00ebr vandeesweek, n\u00e1 die Grondwethof se skokuitspraak, het Dirk Hermann van Solidariteit in sak en as gesit, en gespekuleer dat blankes ons saak nou op ander maniere sou moes beveg. Ek wil \u201ceureka!\u201d skree. Uiteindelik het hy die kloutjie by die oortjie gebring. Dit is tyd vir \u2018n nuwe fase van weerstand, een wat buite die konvensionele strukture van die politiek en howe moet plaasvind. So nie, gaan die totale aanslag ons verswelg.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Manfred Delport. Die vorige regering het graag gepraat van \u2018n totale aanslag teen Suid-Afrika. Gebruik egter laasgenoemde term vandag, en al wat \u2018n libgestremde, kruiperkaner en paaier is, wil die horries kry. Jy sal onmiddellik as parano\u00efes uitgekryt word. Sint Mandela, Slovo en kie was immers, volgens die kruipers en linkses, gawe outjies wat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":11,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[150,10],"tags":[2188,227,8151,6153,6055,7721,17847,17846],"class_list":["post-26795","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c162-manfred-delport","category-rubrieke","tag-afrikaners","tag-anc","tag-anti-blanke","tag-grondwethof","tag-joe-slovo","tag-pw-botha","tag-renate-branard","tag-sint-mandela"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26795","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/11"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26795"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26795\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26795"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26795"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26795"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}