{"id":26783,"date":"2014-09-04T07:09:56","date_gmt":"2014-09-04T05:09:56","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=26783"},"modified":"2014-09-04T13:02:58","modified_gmt":"2014-09-04T11:02:58","slug":"ateiste-het-goeie-plan-met-staatskole","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=26783","title":{"rendered":"Ate\u00efste het goeie plan met staatskole"},"content":{"rendered":"<p>Deur Jan Viljoen.<\/p>\n<p>So hulle wil alle verwysing na geloof en Christenskap uit die staatskole uithaal. Hulle wil God uit die skole verwyder. Ek wonder of dit so &#8216;n slegte ding is.<\/p>\n<p>Miskien moet ons eers kyk wie \u201cHulle\u201d is. Ek neem aan \u201cHulle\u201d, soos wat die webblad \u201cHulle\u201d aandui,  die kerngroep van die beweging is wat hulleself \u201cSkepties Suid Afrika\u201d noem, en hulle is volgens inligting, voorstanders van logiese denke. Volgens bronne was professor George Claassen die vorige voorsitter van die skeptiese beweging en hy het in ongeveer 2009, as ek reg onthou, presies dieselfde aksie probeer loods. <\/p>\n<p>Nadat hy verskriklik oorval is met allerhande soorte haatboodskappe en dreigemente, het hy van sy plan afgesien, en hy het selfs sy webblad verwyder en half en half stert-tussen-die-bene in die vergetelheid verdwyn. <\/p>\n<p>Maar sy haat vir Christenskap het blykbaar nie getaan nie, want hier probeer hulle weer, die keer onder die vaandel van Pietersen, sodat Pietersen skynbaar hierdie keer die toorn van die klomp onchristelike Christelikes moet verduur. Dit is die eerste ding wat hulle doen wanneer hulle met Christene te doen kry wat net nie meer lus is om weer die ander wang te draai nie, en ook nie meer lus is om \u2018n p..s en ander soortgelyke skeltaal toegesnou te word wanneer die sogenaamde \u201clogiese denkers\u201d die bekgeveg begin verloor nie. Dit is soos om die rassismekaart te skiet, of om iemand as \u2018n anti-semiet uit te skel. Dan begin hulle luidkeels kerm dat hulle gedreig word en dat dit blykbaar nie Christelik is nie, want Christene is dan veronderstel om stil te bly en dit te aanvaar. Wel, ek is \u2018n Christen en ek sal \u2018n sn.tklap uitdeel as dit moet, want hoekom nie? <\/p>\n<p>Niemand het nog ooit van \u2018n Christen verwag om soos \u2018n kruiwa behandel te word nie, en as daar fisiese klappe uitgedeel moet word, is dit seker maar so. As jy daarvoor soek moenie staan en kerm wanneer jy dit gekry het nie. <\/p>\n<p>Hoekom sal ons gedwe\u00eb staan en toekyk hoedat ons geestelik en fisies aangeval word? Die Bybel stel \u2018n lys waardes voor waarvolgens jy jou moet rig, en nie om jou breins te vervang nie, en die Bybel negeer ook nie jou vermo\u00eb om terug te veg nie. As die Jode hulleself fisies mag verset en die hele w\u00eareld staan en hande klap, hoekom mag die Christene dit doen nie? Van wanneer af moet Christene uitgesonder word as \u2018n groep wat nie die reg of die vermo\u00eb het om hulleself te verdedig nie?<\/p>\n<p>Maar George Claassen is, netsoos Tim du Plessis, \u2018n tipiese meningsvormer. Daardie verwaande tipe individu wat glo dat net hy reg is, en dat geen ander opinie behalwe sy eie enige bestaansreg het nie, en dat hy homself selfs tot die hof sal wend om sy opinie te probeer afdwing. <\/p>\n<p>Hy was jare een van die Burger se hoofbobbejane en vanuit sy amp het hy sy anti-Christelike waardes deur die Burger verkondig, veral met sy pseudo wetenskaplike rubrieke oor die teorie van evolusie. Vandaar die mening wat hy huldig dat slegs sy opinie een is wat aangehoor behoort te word en dat hy enige iemand anders se opinie uit hulle uit sal dwing. <\/p>\n<p>Dit word by die dag duideliker dat Naspers heel moontlik die grootste bydraer van die verval van die Afrikaner is, met die kaliber werfbobbejane wat al stoele daar volgesit het. Dit is dan ook geen wonder dat hierdie groep van Pietersen en Claassen sulke groot aanhangers van manne soos Richard Dawkins en Thomas (Darwin\u2019s bulldog) en Aldous Huxley is nie, want hulle het \u2018n ander geloof gekry wat vir hulle sin maak, een waarin daar nie plek vir \u2018n Skepper is nie. Wanneer \u2018n mens kan glo dat alles uit niks uit onstaan het, en dat die mens, al die diere, al die plante, al die virusse, kieme, bakterie\u00eb uit dieselfde klip uit kon evoleer dan wys dit jou wat logiese en vrydenke beteken. <\/p>\n<p>Die padda sal nie in \u2018n prins verander nie, en \u2018n houtpoppie sal nie in \u2018n seuntjie verander nie, dis absurd, dit is fe\u00ebverhale. Maar \u2018n klip kan in \u2018n mens verander want dit is evolusie. Hulle sal enigeiets glo wat deur die Dawkinse en die Huxleys van die w\u00eareld aan hulle vertel word, tot so \u2018n mate dat dit vir hulle \u2018n de facto geloof word. <\/p>\n<p>Daar is \u2018n rede hoekom dit \u2018n geloof genoem word, en dit is omdat jy net daarin kan glo. Hierdie geloof moet ten alle koste in plek van die Christen geloof in skole aangebied word, en alhoewel baie skole deesdae evolusie as vak aanbied, is dit nie genoeg nie want daardie skole mag nie Christelike waardes ook verkondig nie. <\/p>\n<p>As \u2018n kind nie altwee gelowe oor die ontstaan van die mens mag hoor nie, is dit bloot indoktrinasie en nie onderrig nie. Deur indoktrinasie moet skole deesdae goeie werkers voortbring en nie iemand produseer wat dalk die nuwe w\u00eareldorde gaan kritiseer nie. Praat van logiese en onafhanklike denke. <\/p>\n<p>\u2018n Skepper moet ten alle koste deur die evolusieteorie vervang word en dit is waaroor dit hier gaan. Nie oor die aantas van menseregte nie, dit is slegs die dekmantel en die argument wat gebruik wil word. Dit gaan oor indoktrinasie. Die geloof van evolusie moet die enigste geloof wees wat in skole aangebied moet word, want die teorie van evolusie is veel, veel meer as net om nie in \u2018n Skepper te glo nie. <\/p>\n<p>As jou kind kan glo dat hy van \u2018n klip af kon evoleer wat in oersop opgelos was, kan hy nie glo dat daar \u2018n Skepper is nie, en dan kan hy ook nie glo dat hy \u2018n siel het nie, want \u2018n siel is \u2018n Godgegewe ding. Hoe kan een eensellige diertjie wat die produk van \u2018n weerligstraal en chemikalie\u00eb is en in oersop rondspartel aan al die mense in die geskiedenis van tyd elkeen \u2018n siel verskaf, maar nie aan \u2018n kiem nie, of aan \u2018n boom of mossie nie, alhoewel die mens en al die ander lewensvorme volgens evolusie van presies dieselfde een eensellige diertjie af ge-evoleer het? <\/p>\n<p>Sodra jy aan \u2018n kind vertel dat hy geen siel het nie, het die lewe geen doel nie en is die lewe maar net \u2018n toestand waarin hy verkeer terwyl hy wag om dood te gaan en dan vir ewig te verdwyn. Want slegs sy dood het dan enige nut vir sy nageslag en dit is sodat hy sy gene wat volgens die teorie van evolusie, \u2018n klein bietjie anders as sy ouers s\u2019n is, kan skenk. <\/p>\n<p>As hy nie kinders gehad het nie was sy lewe totaal nutteloos want sy gene het nie tot die volgende evolusiepoging bygedra nie. Hy kon miskien dalk \u2018n kar in sy lewe uitgevind het, of \u2018n nuwe medisyne of hy kon pragtige musiek skryf of hy kon ander belangrike nalatenskappe gehad het, maar dit is vir die doel van evolusie totaal nutteloos, want slegs sy gene wat hy kon bemaak en kon oordra na die volgende generasie toe is van enige waarde.  <\/p>\n<p>Volgens die Skepper is jou lewe op aarde en jou lewe na die dood van onskatbare waarde, maar volgens evolusie het jou lewe geen doel nie, behalwe om seksuele plesier na te jaag (Aldous Huxley se eie woorde) en gemuteerde gene na te laat en dan het slegs jou dood enige voordeel. \u2018n Mens se lewe is dus totaal doelloos (meaningless). Morele en etiese waardes is nie op jou van toepassing nie want dit meng in met jou soeke na seksuele vryheid.<\/p>\n<p>\u201cFor myself, as no doubt for most of my contemporaries, the philosophy of meaninglessness was essentially an instrument of liberation. The liberation we desired was simultaneously liberation from a certain political and economic system and liberation from a certain system of morality. We objected to the morality because it interfered with our sexual freedom.&#8221;  &#8211; Aldous Huxley, (oor hoekom evolusie vir hom belangrik is) &#8220;Confessions of a Professed Atheist,&#8221;<\/p>\n<p>\u201cTheory must be piled on theory in order to keep the whole thing from crashing to the ground. Evolutionary theory is a tottering mass, around which little men run with poles trying to prop it up here and there.\u201d- Carl Sagan, \u201cCosmos\u201d, p. 256.<\/p>\n<p>Die skynbare aantas van menseregte, soos reeds ges\u00ea is bloot net die nuttige voertuig om die Skepper uit die skole te verwyder, maar die regte rede is om die teorie van evolusie as die enigste geloof in die skole aangebied te kry. Die bestaan van doelloosheid. Dit sal insiggewend wees om agter te kom wie vir hierdie hofsake gaan betaal. Ek is seker Pietersen of Claassen doen dit nie met hulle eie geld nie, hulle het verseker \u2018n finansier wat agter die hele storie sit en Pietersen en Claassen is net weer die nuttige idiote wat die bal aan die rol moet kry.<\/p>\n<p>Maar nou kom ek terug na my heel eerste stelling daarbo, en dit is dat ek wonder of dit nie maar die beste ding gaan wees om Godsdiens in Staatskole af te skaf nie. Oftewel om die bestaan van doelloosheid in te faseer nie. <\/p>\n<p>Daar is in elk geval &#8216;n algemene verval in omtrent alle lande wat morele en etiese waardes aanbetref en hierdie is waardes wat deur goed soos geloof en Godsdiens daargestel word. En dit is so dat daar &#8216;n al hoe meer feller aanslag teen hierdie waardes is, wat tradisioneel deur die media gedryf word. Ateiste soos Pietersen is lief om voor te gee dat die afbreek van geloof en Godsdiens nie &#8216;n aanslag teen waardes is nie, maar dat dit skynbaar vrydenke en verligting en logika by kinders bewerkstellig. Wat natuurlik &#8216;n mite is, maar dit is &#8216;n maklike argument om te gebruik want dit is net \u2018n strooiman tipe argument wat los in die lug hang, en dis nie eers \u2018n argument nie maar bloot \u2018n ongegronde stelling. <\/p>\n<p>Dit klink mooi vir hulle en dit klink asof dit gewig kan dra maar is so tipies van baie van hulle argumente; dis net \u2018n los stelling wat hulle as \u2018n argument wil probeer voorhou. Soos die stelling dat hulle nie kan glo dat kinders in hierdie verligte eeu nog steeds aan middeleeuse en primitiewe bygelowe blootgestel moet word nie. Wat hulle natuurlik vergeet is dat die Wetenskappe soos wat ons dit vandag het, nie moontlik sou kon wees sonder die bydrae van Christendenkers nie en dat Christene baie van die hooftakke van die Wetenskap gestig het.<\/p>\n<p>Om hulle aanslag te regverdig haal hulle gedurig ouens soos Richard Dawkins en die Huxleys aan, blykbaar om \u2018n punt te staaf, maar as \u2018n mens by al die retoriek verbykyk is daar maar bitter min argumentwaarde in hulle aanhalings oor. \u201c\u2019n Kind word nie as \u2018n ate\u00efs gebore nie. Hy word slegs as die kind van ate\u00efstiese ouers gebore, en sal eendag \u2018n geloof begin aanhang, of nie.\u201d <\/p>\n<p>Wie het dit ges\u00ea? Wel ek het so ges\u00ea, na aanleiding van een van die aanhalings van Dawkins wat hulle so lief is om te gebruik, maar ek het die woord \u201cChristen\u201d in Dawkins se stelling met die woord \u201cAte\u00efs\u201d vervang, net om te wys watse belaglike tipe stellings hulle as hulle mantra beskou. Dit klink oulik maar dis maar net retoriek op sy beste. En dit komende van \u2018n groep af wat glo dat logika en vrydenke die produk van ate\u00efsme is. <\/p>\n<p>As jy \u2018n Christen is, volgens Pietersen se organisasie, beskik jy nie oor dieselfde tipe logika as hulle nie, en kan jy ook nie vir jouself dink nie. Maar soos wat Christene die Bybel aanhang vir leiding, is hulle die ouens wat die Huxleys en Dawkinse van die w\u00eareld aanhang vir leiding. So het elkeen maar sy godsdiens, maar hulle erken nie dat hulle siening ook maar net \u2018n alternatiewe geloof is nie, met Dawkins en andere as die profete van hulle geloof.  <\/p>\n<p>Maar hulle is besig met \u2018n aksie wat lankal reeds begin het, en wat nou tot volvoering gebring moet word. Elkeen van hierdie ouens, Hans Pietersen, George Claassen en die ander in die groep gaan na die beste van sy vermo\u00eb spartel om sy weergawe van \u2018n geloof in die skole ingestel te kry, en as hulle dit nie vandag of more of oormore gaan regkry nie, gaan iemand anders maar weer die rol van nuttige idioot oorneem en oor \u2018n jaar of tien van nou af maar weer probeer. <\/p>\n<p>Miskien gaan hulle weer en weer gekeer word maar ek het so \u2018n idee dat hulle soort dit een of ander tyd gaan regkry, want dit is die verloop van die w\u00eareld tans. Daar is \u2018n ongelooflik aanslag teen alles wat Christelik is, en dit is reg so want anders is die Bybel verkeerd. Die Christene gaan meer as net \u2018n paar klappe moet uitdeel, maar ons gaan slegs die oorlog wen wanneer en op die manier wat dit in die Bybel voorspel word.<\/p>\n<p>Intussen word ons skole eintlik maar hole van morele en etiese verval en ons as ouer generasies kyk na die skole asof dit nog dieselfde is as wat dit in ons tyd was. Dit is nie. Ons kinders word blootgestel aan allerhande volksvreemde invloede maar ouers probeer maar net vasbyt en hoop dat sy kind nie tot verval kom voordat die kind met skool kan klaarmaak nie. Skole word deur sulkes soos Pietersen en Claassen gedwing om hulle leerders aan hierdie tipe verval bloot te stel maar intussen het ander met \u2018n bietjie toekomsvisie daarin kon slaag om ander skole op die been te bring wat wel waardes het. Intussen het daar in bykans elke dorp \u2018n Christenskool ontstaan. <\/p>\n<p>\u2018n Skool wat geskoei is op Christenwaardes waar die mense wat nie hulle kinders aan die verval van Staatskole wil onderwerp nie, hulle kinders na toe kan stuur. Waar kinders nie aan die mantra van doelloosheid en toevallige bestaan onderwerp word nie, waar slegs die dood iets is wat \u2018n doel het nie. Daar sal natuurlik ouers wees, soos Pietersen en Claassen wat nie hulle kinders na hierdie skole toe wil stuur nie, en eerder hulle kinders aan die verval van openbare skole wil onderwerp. <\/p>\n<p>En dit is hulle goeie reg. Dit is ook hulle goeie reg om CVO skole te vermy vir die onding wat dit skynbaar is. Ek kan nie sien dat enige CVO hulle na \u2018n hof toe gaan wend om vir Pietersen en Claassen te dwing om hulle kinders na \u2018n CVO skool toe te stuur nie. Want dit sal hulle menseregte aantas.<\/p>\n<p>My voorstel is dus om vir Pietersen en Claassen gelyk te gee. Voer hierdie nuwe geloof in die skool in en los die mense om hulle kinders uit daardie skole uit te haal en hulle in skole te plaas wat Afrikaans en Christelik is, waar daar waardes is, waar kinders geleer word dat hy meer as \u2018n bosbok of \u2018n daggaplant of enige ander ding is wat ook uit daardie mitiese eensellige organisme uit ge-evoleer het. Dat daar morele en etiese waardes is en dat die lewe daarom draai om jou op \u2018n Hiernamaals voor te berei. En dat jy oor iets beskik waaroor mense wat ge-evoleer het skynbaar nie beskik nie, en dit is \u2018n Godgegewe siel. <\/p>\n<p>Jou lewe is belangrik, jy is belangrik en jou dood is nie die einde van \u2018n leeftyd nie, dit is die begin. As daar ooit enige rede was vir ouers om hulle kinders uit die skole uit te haal, is dit die geleentheid wat Pietersen en Claassen nou bied. Dit is eintlik \u2018n uitkoms vir Christene wat hulle kinders besluitloos in openbare skole gelos het en sodat hulle nou met werklikheid kan weet dat dit die regte ding is om jou kind in \u2018n CVO te plaas. <\/p>\n<p>Wanneer die openbare skole genoegsaam leeggeloop het sal die CVO op die nuwe skolieregetalle gedy. Baie mense gebruik sport as die enigste rede hoekom sy kind nog in \u2018n openbare skool is, maar dit is \u2018n baie dun argument. In die eerste plek hoef jou kind nie aan sport onderwerp te word om \u2018n aanwins in die lewe te wees nie. <\/p>\n<p>Maar mense het hierdie wanopvatting dat sy kind dalk eendag vir die Springbokke kan speel, en baie geld kan maak. Hy sal geld en aansien en roem verdien. Ek het nuus. Daar is \u2018n baie, baie beter kans dat dit nie sal gebeur nie, en mense sal tien teen een nie eendag jou kind as\u2019n sportgod kan aanbid nie. Maar leer eerder jou kind om \u2018n goeie mens te wees en om \u2018n goeie besigheidsman te word, dan sal daar miskien dalk nog \u2018n groter kans wees dat hy sy eie sportspanne kan besit. Hy kan later miskien sy eie sportgodjies besit. <\/p>\n<p>Waar sal jy in elk geval jou kind aan sport wil laat deelneem? In sterk CVO skole of in skole wat deur volksvreemdes en vreemde tale oorheers word, met spesiale re\u00ebls vir die wat skynbaar nie geleenthede gehad het nie, maar wat tog op dieselfde skoolbanke as jou kind sit?<\/p>\n<p>Pietersen en Claassen bied eintlik nou \u2018n baie goeie geleentheid vir ouers om CVO skole en CVO sport tot nuwe hoogtes te neem en ek glo dit is \u2018n goeie ding.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Jan Viljoen. So hulle wil alle verwysing na geloof en Christenskap uit die staatskole uithaal. Hulle wil God uit die skole verwyder. Ek wonder of dit so &#8216;n slegte ding is. Miskien moet ons eers kyk wie \u201cHulle\u201d is. Ek neem aan \u201cHulle\u201d, soos wat die webblad \u201cHulle\u201d aandui, die kerngroep van die beweging [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134,29],"tags":[4834,7083,9616,17840],"class_list":["post-26783","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c126-algemeen","category-s32-feuilleton","tag-afrikaanse-skole","tag-christelike-skole","tag-christene","tag-cvo-skole"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26783","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26783"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26783\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26783"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26783"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26783"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}