{"id":26764,"date":"2014-09-03T08:46:42","date_gmt":"2014-09-03T06:46:42","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=26764"},"modified":"2014-09-03T08:46:42","modified_gmt":"2014-09-03T06:46:42","slug":"kosie-pretorius-meen-pik-botha-het-mense-oor-swa-mislei","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=26764","title":{"rendered":"Kosie Pretorius meen Pik Botha het mense oor SWA mislei"},"content":{"rendered":"<p>Die geskiedenis van Namibi\u00eb van ontvoogding vanaf Duitse kolonialisme sedert 1884 na soewereine onafhanklikheid in 1990 is een van verlore kanse waarin Suid-Afrika die bal verkeerd gespeel het.<\/p>\n<p>In die mees onlangse geskiedenis van hierdie multi-etniese land was JWF (Koos) Pretorius \u2018n belangrike rolspeler as leier van die SWA Nasionale Party.<\/p>\n<p>In sy outobiografie \u201cSuidwes-Afrika na Namibi\u00eb\u201d(2014) verduidelik hy sy rol, mislukkings en frustrasies.<\/p>\n<blockquote><p><em>Suidwes Afrika na Namibi\u00eb \u2013 \u2018n politieke bosoorlog<\/em> deur Koos (JWF) Pretorius. Olimpiade Uitgewers 2014.<\/p><\/blockquote>\n<h3>Wie was Kosie Pretorius?<\/h3>\n<figure id=\"attachment_26767\" aria-describedby=\"caption-attachment-26767\" style=\"width: 225px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/pretorius-kosie.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-26767\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/pretorius-kosie-225x300.jpg\" alt=\"Kosie Pretorius\" width=\"225\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/pretorius-kosie-225x300.jpg 225w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/09\/pretorius-kosie.jpg 360w\" sizes=\"auto, (max-width: 225px) 100vw, 225px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-26767\" class=\"wp-caption-text\">Kosie Pretorius<\/figcaption><\/figure>\n<p>Akademies het Pretorius met BA Admissie begin, maar uiteindelik met filosofie en staatsleer aan die Vrystaatse Universiteit voortgegaan en sy MA in Staatsleer behaal.<\/p>\n<p>In 1983 is hy verkies tot leier van die NP (p. 7) in Suidwes. Ook voorsitter van die uitvoerende komitee in die Blanke Wetgewende Raad. Hy was ook vir 15 jaar lid van die opposisie onder \u2018n SWAPO-regering.<\/p>\n<h3>Politieke filosofie<\/h3>\n<p>Sy politieke filosofie is dan ook tipologies van die staatsleer van Herman Strauss aan die destydse Vrystaatse Universiteit. In hierdie variant van die staatsleer as vakwetenskap word die humanistiese aandrang op individuele menseregte (wat verbind is aan \u2018n unit\u00eare staat) geringskat en die Christelike regstaatsidee hoog aangeslaan. Binne laasgenoemde konteks moet individuele menseregte, soos verwoord in moderne Handveste van Regte, uitgebalanseer word met gemeenskapsregte.<\/p>\n<p>So gesien sou dit in die denke van Pretorius beter gewees het om Namibi\u00eb progressief op die pad van selfstandigheid, uit onderhorigheid, binne die konteks van \u2018n etnies saamgestelde federale staat te geplaas het.<\/p>\n<h3>Namibi\u00eb en etnisiteit<\/h3>\n<p>Namibi\u00eb is by uitnemendheid \u2018n etnies plurale gemeenskap waarvolgens die verskillende gemeenskappe ook verskillende gedeeltes van hierdie land bewoon het.<\/p>\n<p>In pre-koloniale Namibi\u00eb was die San\/Boesmans die enigste werklik inheemse gemeenskap. Die Koisan\/Nama\/Damara\/Koikoi-mense het toe in die omgewing van die Oranjerivier hulle tuiste gemaak. Die Damaras het die grondgebied van SWA in die 9de eeu betree. Die Herero\u2019s kom eers in die 17de eeu vanaf Oos-Afrika Damaraland binne. Die Afrikaner-boere het in die 19de eeu hulle opwagting gemaak. Die Oorlams\/Koisan , met Jonker Afrikaner as die leier, het in die 1830s \u2018n verdere toevoeging tot etniese pluralisme gemaak. Die Rehoboth-Basters, die nasate van blanke boere en swart vroue, het binne die SWA-grondgebied \u2018n vrye Republiek van Rehoboth tot stand gebring.<\/p>\n<h3>Kolonialisme<\/h3>\n<p>Soos menige ander land, waaronder SA, was SWA die speelbal van kolonialisme en van vreemde sendingaksies. In 1793 annekseer die Kaapkolonie Walvisbaai. Deutsch S\u00fcdwestafrika is die breinkind van Otto von Bismarck. As direkte gevolg van W\u00eareldoorlog I neem SA vir SWA in 1915 oor. Kragtens artikel 22 van die Gemenebes van Nasies administreer SA toe SWA as Klas C-mandaatgebied.<\/p>\n<p>Met die tot niet gaan van die Gemenebes word SWA toe onder die Trusteeskap van die Verenigde Nasies geplaas. In 1971 het die Internasionale Geregshof die gesag van die VN oor SWA gehandhaaf en die administrasie van SWA deur SA as onwettig verklaar.<\/p>\n<p>In 1977 het die Westerse kontakgroep (Kanada, Frankryk, Wes-Duitsland, die VK en VSA) deur resolusie 435 SWA op die pad na onafhanklikheid geplaas. Hierdie resolusie is in 1988 \u2018n stappie verder geneem toe Chester Crocker begin het om resolusie 435 in werking te stel.<\/p>\n<h3>Etniese konflik in Namibi\u00eb<\/h3>\n<p>Die geskiedenis van Namibi\u00eb is van meet af aan deur etniese konflikte gekenmerk. In die 1830s was daar die konflik tussen die Herero, Oorlams en Damaras. Die Hottentotrebellie van Hendrik Witbooi het aanleiding gegee tot die Schuts-elitetroepe wat enige verset moes onderdruk en besleg. In 1904 was daar die Herero\/Namaqu-rebellie. In 1917 het koning Mandume Ya Ndemufayo van Ovamboland tot verset oorgegaan. Toe in 1959 het die Katutura-opstande SA geruk. Dan volg SWAPO se gewapende verset, met die hulp van Kuba, die Sowjetunie en Angola.<\/p>\n<h3>SA se mistasting<\/h3>\n<p>Pretorius se analise van die politieke oplossing vir \u2018n multi-etniese en diepverdeelde SWA is deurspek met voorbeelde, ingevolge waarvan SA die verkeerde politieke resep gevolg het.<\/p>\n<p>Pretorius plaas die blaam vierkantig op die alliansie van Pik Botha, Marinus Wiechers en tot \u2018n mindere mate op Dirk Mudge, wat deur verskillende administrateurs-generaal ondersteun is, waarvan Louis Pienaar en Danie Hough sag daarvan afkom, maar ander soos regter Tienie Steyn nie.<\/p>\n<p>Hy beskryf Pik Botha met nie-vleiende taal en steun ook op die biografie van Papenfus om Botha te diskrediteer. Pik Botha is \u2018n politieke opportunis (p. 2) met dualistiese persoonlikheidseienskappe (p. 18). Sy motivering was nie tussen reg en verkeerd nie, maar om gewild te wees (p. 4). Pik het twee standpunte gelyktydig ingeneem, om almal te probeer tevrede stel en so die NP\u2019s in beide SA en SWA te flous (p. 6). Pretorius haal Ken Owen aan wat skryf dat Pik kon swaai, manipuleer en bluf (p. 15). Hy het aangeleun op die humanistiese en individualistiese mensbeskouing (p. 16). Vir Botha word die onderskeid tussen reg en verkeerd deur meerderheidsteun en nie prinsipieel bepaal nie (p. 18).<\/p>\n<p>Die werklike Pik het meerderheidsregering saam met die Westerse Vyf bevorder en nie minderheidsregte nie (p. 8). In SA het hy egter verklaar dat \u201ceen-mens-een-stem\u201d selfmoord sou wees (p. 9). Pik het eers voor en toe teen PW Botha gedraai toe dit dienstig was &#8230; soos \u2018n hi\u00ebna wat \u2018n gewonde leeu bekruip.<\/p>\n<p>Pretorius beskuldig Botha daarvan dat hy nie met die NP\/SWA gesprek gevoer het nie, maar mense in die RSA tog mislei het met uitsprake dat met almal gekonsulteer is (p. 26).<\/p>\n<h3>Slotbeskouing<\/h3>\n<p>Die punt word onderstreep dat as SA betyds begin het om anti-kolonialisme in SA en SWA van stapel te stuur, sodanige politieke aksie die VN van sy venyn kon ontneem het en dat SA binne hierdie konteks groter beweegruimte kon geniet het. Dit geld ook vir die rol van die politieke onderhandelaars uit SA, waaronder Pik Botha.<\/p>\n<p>Alhoewel Pretorius \u2018n meestersgraad in Staatsleer verwerf het, en sy staatkundige insigte gewig dra, is sy outobiografie swak geskryf. Hy ryg sy argumente soos krale in \u2018n string aaneen, sonder dat daar ge\u00efntegreerde skakels is wat \u2018n storie in verhaaltrant vertel.<\/p>\n<p>Hy is nogal geneig om op voetpaadjies te dwaal, dan skielik oor \u2018n paar klippe op \u2018n ander pad te spring en \u2018n ander pad te bewandel en later weer na reeds behandelde gebeure terug te gryp. So gaan die konteks dikwels verlore.<\/p>\n<p>Nietemin is Pretorius se <em>Suidwes-Afrika na Namibi\u00eb<\/em> \u2018n lesenswaardige dokument, omdat dit die subjektiewe verhaal van \u2018n belangrike rolspeler is.<\/p>\n<p>Die geskiedenis van Suider-Afrika kan nie teruggedraai word nie. Maar \u2018n mens wonder tog of vroegtydige staatsmanskap binne die konteks van konsosiatiewe demokrasie vir en binne SA, SWA en helaas ook Rhodesi\u00eb en die Britse protektorate nie \u2018n beter oplossing vir die sub-kontinent sou wees, as tans nie? \u2018n Konfederale Alliansie van Suider-Afrikaanse state wat elk konsosiatief gestruktureer kon word, sou waarskynlik \u2018n totaal ander gesig vertoon het, as die totalitarismes van Sam Njoma, van Mugabe en van Jakob Zuma &#8230; en op die verlengde moontlik Malema! Wie weet? Post facto weet mens beter &#8230;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die geskiedenis van Namibi\u00eb van ontvoogding vanaf Duitse kolonialisme sedert 1884 na soewereine onafhanklikheid in 1990 is een van verlore kanse waarin Suid-Afrika die bal verkeerd gespeel het. In die mees onlangse geskiedenis van hierdie multi-etniese land was JWF (Koos) Pretorius \u2018n belangrike rolspeler as leier van die SWA Nasionale Party. In sy outobiografie \u201cSuidwes-Afrika [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":10,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[96,82,10,7],"tags":[8479,17833,7716,10525,17834],"class_list":["post-26764","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c87-boeke","category-c72-christo-landman","category-rubrieke","category-s27-vermaak","tag-boek","tag-kosie-pretorius","tag-pik-botha","tag-resensie","tag-suidwes-afrika-na-namibie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26764","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/10"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26764"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26764\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26764"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26764"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26764"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}