{"id":26721,"date":"2014-09-02T07:42:30","date_gmt":"2014-09-02T05:42:30","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=26721"},"modified":"2014-09-02T08:36:00","modified_gmt":"2014-09-02T06:36:00","slug":"oekraiense-junta-verder-teruggedryf","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=26721","title":{"rendered":"Oekra\u00efense junta verder teruggedryf"},"content":{"rendered":"<p>Soldate van die Oekra\u00efense junta het teruggeval van die Lugansk-lughawe en &#8216;n nabygele\u00eb dorp in die ooste van die land nadat hulle onder swaar vuur gekom het, het die sekuriteitswoordvoerder in Ki\u00ebf Maandag ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Oekra\u00efnse soldate het &#8216;n bevel ontvang en georganiseerd teruggeval van die Lugansk-lughawe en die dorp Georgijiefka,&#8221; het Andrij Lysenko ges\u00ea. <\/p>\n<p>Berigte dui daarop dat Ki\u00ebf se magte in chaos verkeer nadat hulle lugaanvalle op Russiesprekende burgers in die ooste nie vrugte afgewerp het nie.<\/p>\n<p>Ki\u00ebf probeer hul nederlae herhaaldelik toeskryf aan &#8216;n &#8220;Russiese inval&#8221;, maar die verklarings is grootliks fantasievlugte van die owerhede want daar is geen teken van die Russiese Federasie se teenwoordigheid in die land nie.<\/p>\n<p>&#8220;Te oordeel aan die presiesheid van die aanvalle is dit waarskynlik die Russiese gewapende magte wat op die soldate gevuur het,&#8221; het Ki\u00ebf in die jongste van di\u00e9 soort verklarings ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die lughawe en Georgijiefka is &#8216;n paar kilometer suid van die selfverdedigings magte se vesting in Lugansk gele\u00eb.<\/p>\n<p>Intussen het Moskou hul skok te kenne gegee dat die Oekra\u00efne se minister van verdediging, Valery Geletej beweer dat Rusland &#8216;n &#8220;kernaanval&#8221; op sy buurman beplan.<\/p>\n<p>Rusland het gewaarsku dat sulke onverantwoordelike retoriek die burgerlike konflik in die Oekra\u00efne net verdiep. <\/p>\n<p>&#8220;Dit is moeilik om te glo dat sulke uitlatings kan kom van &#8216;n minister van verdediging van &#8216;n beskaafde staat. Andersins, is dit net nie duidelik hoe tien duisende Oekra\u00efense gesinne s\u00f3 &#8216;n amptenaar met die lewens van hul kinders, broers en mans, gemobiliseer in die Oekra\u00efense weermag om &#8216;n oorlog te voer teen hul eie mense, kan vertrou nie.&#8221; <\/p>\n<p>Betogers in Ki\u00ebf het Maandag ge\u00ebis dat die Oekra\u00efense president en minister van verdediging moet bedank. <\/p>\n<p>Vroe\u00ebr Maandag, het die Russiese minister van buitelandse sake Sergei Lawrof beklemtoon dat daar &#8220;geen milit\u00eare ingryping deur Rusland in die konflik in die Oekra\u00efne&#8221; sal wees nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Soldate van die Oekra\u00efense junta het teruggeval van die Lugansk-lughawe en &#8216;n nabygele\u00eb dorp in die ooste van die land nadat hulle onder swaar vuur gekom het, het die sekuriteitswoordvoerder in Ki\u00ebf Maandag ges\u00ea. &#8220;Oekra\u00efnse soldate het &#8216;n bevel ontvang en georganiseerd teruggeval van die Lugansk-lughawe en die dorp Georgijiefka,&#8221; het Andrij Lysenko ges\u00ea. Berigte [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[15283,16389,17808,15284,12586,12585],"class_list":["post-26721","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-kief","tag-lugansk","tag-oekraiense-junta","tag-russiese-federasie","tag-russiese-minister-van-buitelandse-sake","tag-sergei-lawrof"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26721","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26721"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26721\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26721"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26721"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26721"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}