{"id":26645,"date":"2014-08-29T09:11:02","date_gmt":"2014-08-29T07:11:02","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=26645"},"modified":"2014-09-02T13:42:27","modified_gmt":"2014-09-02T11:42:27","slug":"tukkie-verkragter-kry-65-jaar-gevangenisstraf","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=26645","title":{"rendered":"Tukkie-verkragter kry 65 jaar gevangenisstraf"},"content":{"rendered":"<p>Samuel Tsietsi Msiza, die swarte wat landwyd berug geraak het as die &#8220;Tukkie-verkragter&#8221;, is &#8216;n vonnis van altesaam 65 jaar tronkstraf deur landdros Pieter Nel in die Pretoria-Noordse streekhof opgel\u00ea.<\/p>\n<p>Die staatsadvokaat Sanet Jacobson het tydens haar betoog ges\u00ea:\u00a0\u201cEk wens vandag dat ek kon vra vir die doodstraf.\u201d Sy het ook na Msiza verwys as iemand wat nie tot &#8220;die spesie mens&#8221; behoort nie:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cDie barbaarsheid waartoe hy oorgegaan het, hoort nie eers tot die spesie \u2018mens\u2019 nie. Watter soort barbaar kry bevrediging uit seks met \u2019n sterwende liggaam wat hy 22 keer (met \u2019n mes) gesteek het? Die hof het gesien hoe fyn en klein die klaagster is. Hy (Msiza) sien die stukkende vernielde lyf, die oop wond oor haar gesig gaap vir hom. En hy besluit hy wil seks met haar h\u00ea.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Die Tukkie-meisie het begin huil toe sy weer haar verkragter in die hof moes aanskou, hy wat haar as jong Christelike maagd n\u00e1 &#8216;n Bybelstudiesessie in haar Pretoriase meenthuis op 26 Oktober 22 keer met &#8216;n mes gesteek en daarna verkrag het terwyl sy besig was om dood te bloei.<\/p>\n<p>Volgens die staatsaanklaer, &#8220;is die beskuldigde te lui om te werk en maak &#8216;n lewe uit ander se besittings waarvoor hulle werk&#8221;.<\/p>\n<p>Tydens sy vonnisoplegging het landdros Pieter Nel aan Msiza ges\u00ea: \u201cU is skuldig bevind aan ses baie ernstige oortredings. Die foto\u2019s van die klaagster (wat in die hospitaal geneem is) is aanduidend van die gewelddadige en genadelose aanval.<\/p>\n<p>\u201cHaar getuies skets \u2019n verhaal van \u2019n absoluut brutale, vernederende aanval.<\/p>\n<p>\u201cDit het haar lewe en haar voorkoms verander.\u201d<\/p>\n<p>Nie net het Msiza ernstige trauma vir die jong vrou veroorsaak, wat tydens die aanval slegs 20 jaar oud was nie, maar hy het haar en haar gesin ook finansieel skade berokken weens die uitgebreide chirugie wat sy aan haar gesig en haar lyf moes ondergaan.<\/p>\n<p>&#8216;n Verdere verswarende omstandigheid was dat Msiza tydens die verhoor ontsnap het en sodoende gepoog het om aan die verantwoordelikheid vir sy dade te ontkom.<\/p>\n<p>\u201cDie gemeenskap verwag ongetwyfeld van die hof om \u2019n swaar vonnis op te l\u00ea en dat so \u2019n weersinwekkende misdaad op \u2019n gepaste wyse gestraf sal word,\u201d het die landdros ges\u00ea, alvorens hy hom die volgende strawwe opgel\u00ea het:<\/p>\n<ul>\n<li>Roof met verswarende omstandighede \u2013 15\u2009jaar;<\/li>\n<li>Poging tot moord \u2013 15\u2009jaar;<\/li>\n<li>Verkragting \u2013 lewenslank;<\/li>\n<li>Ontsnapping op 28 Oktober 2011 (kort n\u00e1 sy inhegtenisname weens die aanval op die studente) \u2013 4 jaar; en<\/li>\n<li>Huisbraak in Rietondale, Pretoria, in November 2011 terwyl hy op vrye voete was \u2013 4 jaar.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die slagoffer het n\u00e1 afloop van die verrigtinge ges\u00ea:<\/p>\n<p>\u201cEk is tegelykertyd verlig en oorweldig.<\/p>\n<p>\u201cEk dink dis \u2019n regverdige vonnis en ek is bly dit is afgehandel. Ek hoef nie meer hof toe te kom en hom te sien nie.<\/p>\n<p>&#8220;Ek dink ek mag dalk \u2019n bietjie beter slaap.\u201d<\/p>\n<p>Tot dusver ly sy aan slapeloosheid en moet slaappille drink om te kan slaap.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;Die barbaarsheid waartoe hy oorgegaan het, hoort nie eers tot die spesie &#8220;mens&#8221; nie.&#8217; &#8211; Advokaat Sanet Jacobson<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[218,17775,17774,4489],"class_list":["post-26645","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-misdaad","tag-samuel-tsietsi-msiza","tag-tukkie-verkragter","tag-verkragting"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26645","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26645"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26645\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26645"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26645"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26645"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}