{"id":26623,"date":"2014-08-28T08:53:07","date_gmt":"2014-08-28T06:53:07","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=26623"},"modified":"2014-08-28T08:53:07","modified_gmt":"2014-08-28T06:53:07","slug":"norad-vegvliegtuie-opgestuur-oor-twee-dronk-passasiers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=26623","title":{"rendered":"NORAD-vegvliegtuie opgestuur oor twee dronk passasiers"},"content":{"rendered":"<p>Die Noord-Amerikaanse lugverdedigingsmag het Woensdag twee CF-18 stralers vinnig vanuit Quebec opgestuur om &#8216;n Sunwing-vlug 656 terug na Toronto te vergesel weens &#8220;probleme met passasiers&#8221;.<\/p>\n<p>Sunwing se vlug op pad na Kuba is gedwing om om te draai en terug te keer na Toronto se Pearsonlughawe Woensdagaand n\u00e1 twee ontwrigtende passasiers glo &#8216;n groot versteuring veroorsaak het. <\/p>\n<p>Die vlug was op pad van Kanada na Kuba. &#8216;n Woordvoerder van die verdedigingsmag, maj. Julie Roberge, kon nie bekend maak hoeveel passasiers by die voorval betrokke was en of hulle in hegtenis geneem is nie.<\/p>\n<p>Die Noord-Amerikaanse lugverdedigingsmag is &#8216;n gesamentlike mag van Kanada en Amerika wat ingryp in lugkrisisse. <\/p>\n<p>Sunwing het bevestig dat die vlug op pad was na Varadero, Kuba, toe &#8220;twee oproerige vroulike passasiers&#8221; &#8216;n volume belastingvrye alkohol in die vliegtuigtoilet afgesluk het en &#8216;n sigaret aangesteek het wat rookalarms laat afgaan het.<\/p>\n<p>&#8220;Hierdie passasiers het voortgegaan met &#8216;n fisiese onderonsie met mekaar en het &#8216;n dreigement teen die vliegtuig gemaak wat nie as &#8216;n wesentlike gevaar beskou is nie,&#8221; het Janine Chapman, vise-president van bemarking vir die lugredery, in &#8216;n verklaring ges\u00ea. <\/p>\n<p>Die vlie\u00ebnier van die 737, wat die twee vroulike passasiers beskryf as ontwrigtend &#8220;op &#8216;n ernstige wyse,&#8221; het NORAD (North American Aerospace Defence Command), verwittig dat die vlug bedreig word.<\/p>\n<p>Amptenare van NORAD se Kanadese sektor in Winnipeg het ges\u00ea twee Kanadese CF-18 vegvliegtuie van CFB Bagotville in Quebec het Sunwing vlug 656 onderskep en begelei terug na Pearson. <\/p>\n<p>Die twee aangeklamde passasiers is in hegtenis geneem toe die vliegtuig geland het, het nuusbronne ges\u00ea.<\/p>\n<p>Passasiers wat ontwrig is, is voorsien van gratis maaltydbewyse en die lugredery het om verskoning gevra vir die voorval.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Noord-Amerikaanse lugverdedigingsmag het Woensdag twee CF-18 stralers vinnig vanuit Quebec opgestuur om &#8216;n Sunwing-vlug 656 terug na Toronto te vergesel weens &#8220;probleme met passasiers&#8221;. Sunwing se vlug op pad na Kuba is gedwing om om te draai en terug te keer na Toronto se Pearsonlughawe Woensdagaand n\u00e1 twee ontwrigtende passasiers glo &#8216;n groot versteuring &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=26623\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;NORAD-vegvliegtuie opgestuur oor twee dronk passasiers&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[17753,17755,12466,17752,17754],"class_list":["post-26623","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-cf-18","tag-dronk-passasiers","tag-kuba","tag-norad","tag-vegvliegtuie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26623","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26623"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26623\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26623"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26623"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26623"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}