{"id":266,"date":"2007-04-04T06:04:58","date_gmt":"2007-04-04T06:04:58","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=266"},"modified":"2007-04-04T06:04:58","modified_gmt":"2007-04-04T06:04:58","slug":"gideon-scheepers-oorlogsmisdadiger-of-held","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=266","title":{"rendered":"Gideon Scheepers: oorlogsmisdadiger of held?"},"content":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Scheepers het homself in sabotasie-aksies teen die Britte onderskei. In 1900 het hy by Christiaan de Wet se kommando aangesluit. Hy het as kommandant van 150 man die Kaapkolonie binnegeval met die doel om spoorlyne en Britse kommunikasiekanale te saboteer, asook om plaaslike Afrikaners te oorreed om die Transvaalse en Vrystaatse republieke te ondersteun. Hy was maar 22 jaar oud.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Sy sabotasieveldtog in die Kaap was baie suksesvol. In Oktober 1901 het hy egter siek geword en was hy genoodsaak om naby Prins Albert in &rsquo;n plaashuis agter te bly terwyl sy manskappe aanbeweeg het. Hy is hier deur die Engelse gevang en n&aacute; behandeling in hospitale in Beaufort-Wes en Noupoort, is hy in Graaff-Reinet deur die Engelse in die tronk gegooi. Hy is aangekla van oorlogsmisdade, skuldig bevind en ter dood veroordeel. Een van die aanklagte teen hom was brandstigting, aangesien hy die huise van twee Britse simpatiseerders afgebrand het. Ironies genoeg het die Britte self sulke dade gepleeg deur 33 000 plase in die ZAR en Vrystaatse Republiek af te brand.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Om 15:30 op 18 Januarie 1902 is hy deur &lsquo;n vuurpeleton tereggestel. Alhoewel sy ouers na Graaff-Reinet gereis het om sy oorskot te gaan haal, is sy graf nooit gevind nie, aangesien die Britse soldate sy lyk opgegrawe en na &rsquo;n onbekende graf oorgeplaas het. Dit het sy ouers geweldig ontstel, veral aangesien gerugte n&aacute; sy dood versprei is dat hy eintlik nog gelewe het.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Daar word vermoed dat sy graf iewers onder die huidige Nqweba-dam, op die Sondagsrivier net noord van Graaff-Reinet, l&ecirc;.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Kort n&aacute; sy dood het Olive Schreiner &rsquo;n gedig oor Scheepers geskryf. In 1938 het Gustav Preller sy dagboek gepubliseer en in 1951 het DJ Opperman die wonderlike gedig, <em>Gebed om die<\/em> <em>Gebeente<\/em>, oor hierdie volksheld geskryf:<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-right: 36pt; margin-left: 36pt\"><em><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial; color: #444444\">Heer, waar U noordewind die dro&euml; dissel rol <\/span><\/em><em><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial; color: #444444\"><br \/> <em>en oor die skurwe brakland jaag van Afrika, <\/em><br \/> <em>maar eindelik teen &#8216;n doringdraad met pluksels wol <\/em><br \/> <em>vaswaai terwyl die kraaie en die aasvo&euml;ls kla, <\/em><br \/> <em>laat my ook n&aacute; die swerf oor vlaktes heen nou rus <\/em><br \/> <em>en glo my kind is dood, al hoor ek die berigte <\/em><br \/> <em>om my krys: &quot;Ek het hom as matroos hier aan die kus . . .&quot; <\/em><br \/> <em>&quot;Ek: as stoker op &#8216;n trein&#8230;&quot; &quot;Ek: in vaal-geel ligte <\/em><br \/> <em>van &#8216;n steenkooldorp se kroeg nog nou die dag gesien . . .&quot; <\/em><br \/> <em>Glo omgekoop! Of hy sou skielik blink gesteentes <\/em><br \/> <em>smokkel&#8230;blink gesteentes! Selfs dan . . . Nee, miskien <\/em><br \/> <em>l&ecirc; hy tog &ecirc;rens dood; maar, Heer, dan die gebeente, <\/em><br \/> <em>wys my, gee my die drag gebeente van my skoot <\/em><br \/> <em>dat ek nie opgejaag deur hierdie land bly swerf <\/em><br \/> <em>en soek, maar eindelik rus en weet hy het deur lood <\/em><br \/> <em>onder twee mudsak ongebluste kalk gesterf. <\/em><\/span><\/em><\/p>\n<p style=\"margin-right: 36pt; margin-left: 36pt\"><em><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial; color: #444444\">Snags het ek soms gel&ecirc; en vrees daar sou iets boos <\/span><\/em><em><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial; color: #444444\"><br \/> <em>oor hierdie kind nog kom, want in Middelburg se kerk <\/em><br \/> <em>staan duidelik in die doopregister sy geboorte <\/em><br \/> <em>nie na die stand van sy gesternte aangemerk. <\/em><br \/> <em>En, soos wanneer jy tussen vinger en die duim <\/em><br \/> <em>die wit son rol en skitter in &#8216;n diamant, <\/em><br \/> <em>sou hy deur Vrystaat en Transvaal se leiblou ruim <\/em><br \/> <em>uit spie&euml;ls ons stryd laat blits en straal van rant tot rant. <\/em><br \/> <em>Maar hy m&oacute;&eacute;s sterf : die Dood het self hom eers gejag <\/em><br \/> <em>deur kou riviere van die Kaap, dwarsoor Anysberg <\/em><br \/> <em>tot in die buitekamer op &#8216;n plaas, waar hy een nag <\/em><br \/> <em>in koue sweet moes l&ecirc; en aan borswater sterf . . . <\/em><br \/> <em>toe &#8216;n tweede jagter hom van tent na trein, van trein <\/em><br \/> <em>na tent met doringdraad en bajonet bewaak <\/em><br \/> <em>en met gemete sorg van arts en medisyne <\/em><br \/> <em>vir &#8216;n tweede dood, o Heer, stadig gesond kon maak. <\/em><\/span><\/em><\/p>\n<p style=\"margin-right: 36pt; margin-left: 36pt\"><em><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial; color: #444444\">En n&aacute; die skynverhoor het hulle hom vertel&#8230; <\/span><\/em><em><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial; color: #444444\"><br \/> <em>voor Graaff-Reinet se sel. 0 Graaff-Reinet se sel! <\/em><br \/> <em>Hy was gewone kryger, Heer, en geen rebel. <\/em><br \/> <em>0 Graaff-Reinet se sel . . . Es&eacute;gi&euml;l! Es&eacute;gi&euml;l! <\/em><br \/> <em>Vergeef my die gelykenis, Heer : ek weet &#8216;n hond <\/em><br \/> <em>as hy versadig is, verag die been en murg <\/em><br \/> <em>maar b&ecirc;re dit agter &#8216;n bossie in die grond <\/em><br \/> <em>&#8211; behoedsaam, en snuffel met die tweede honger terug: <\/em><br \/> <em>Teen middernag het op bevel &#8216;n vyf soldate <\/em><br \/> <em>die kalkwit bondel beendre in die kalkwit doek <\/em><br \/> <em>met grawe en lanterns in verskeie gate <\/em><br \/> <em>onder die roosmaryn langs die rivier gaan soek <\/em><br \/> <em>en herbegrawe . . toe U die storm word, Heer; ek weet <\/em><br \/> <em>U en die vyand het di&eacute; nag in die vallei <\/em><br \/> <em>deur geel geflikker in slagre&euml;ns mekaar gemeet <\/em><br \/> <em>oor wie uiteindelik my kind se lyk sou kry. <\/em><\/span><\/em><\/p>\n<p style=\"margin-right: 36pt; margin-left: 36pt\"><em><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial; color: #444444\">Hy moes drie dode sterf, maar hy wat drie maal sterf <\/span><\/em><em><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial; color: #444444\"><br \/> <em>die sterf nie meer; hy word nou elke dag gesien <\/em><br \/> <em>as &#8216;n matroos, of stoker op &#8216;n steenkoolwerf, <\/em><br \/> <em>in myn of tronk, in sirkustent of &#8216;n kantien &#8211; <\/em><br \/> <em>hy leef in hierdie land nou ewig en altyd! <\/em><br \/> <em>Maar soveel beendre l&ecirc; onder die roosmaryn . . . <\/em><br \/> <em>Se&euml;n, Here, al die bleek gebeente van die stryd &#8211; <\/em><br \/> <em>ek ken as moeder na &#8216;n halwe eeu van pyn : <\/em><br \/> <em>een land vol skedels en gebeente, een groot graf <\/em><br \/> <em>waaroor U noordewind die dro&euml; dissel waai <\/em><br \/> <em>en spruit en krans vul met die afloskrete van <\/em><br \/> <em>die aasvo&euml;ls, van die wildehonde en die kraai <\/em><br \/> <em>&#8211; dat ons as een groot nasie in die gramadoelas <\/em><br \/> <em>met elke stukkie sinkplaat en met elke wiel, <\/em><br \/> <em>en wit en bruin en swart foelie agter skoon glas <\/em><br \/> <em>ewig U sonlig vang en na mekaar toe spie&euml;l. <\/em><\/span><\/em><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/gaykoverty_pnevmotreshchetki\/\">\u0433\u0430\u0439\u043a\u043e\u0432\u0435\u0440\u0442<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mykharkov.info\/news-companies\/furshety-s-klassom-udobno-raznoobrazno-i-dostupno-78181.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoBodyText\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: right; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/Scheepers.jpg\" width=\"150\" height=\"199\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Gideon Scheepers<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Vandag herdenk ons die geboortedag van &rsquo;n Boeresoldaat wat deur die Engelse as &rsquo;n &nbsp;misdadiger maar deur die Afrikaners as &rsquo;n held beskou word&hellip;<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoBodyText\">Gideon Scheepers is op 4 April 1878 in Middelburg, Transvaal, gebore. In 1895 het hy by die Transvaalse Staatsartilleriekorps aangesluit waar hy as heliografis opgelei is. Kort hierna is hy na die Vrystaatse Staatsartilleriekorps oorgeplaas.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog in 1899 is Scheepers as heliografis na die oorlogsfront in Natal gestuur. <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Later het hy ook aan die Slag van Magersfontein deelgeneem. Hy het met die oorgawe van generaal Piet Cronje by Paardeberg daarin geslaag om te ontsnap.<\/span><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[401,21092,238],"class_list":["post-266","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c46-vandag-in-die-geskiedenis","tag-gideon-scheepers-oorlogsmisdadiger-of-held","tag-rubrieke","tag-sonette-ahlers"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/266","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=266"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/266\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=266"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=266"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=266"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}