{"id":26533,"date":"2014-08-25T07:29:57","date_gmt":"2014-08-25T05:29:57","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=26533"},"modified":"2014-08-25T07:44:14","modified_gmt":"2014-08-25T05:44:14","slug":"rapport-sunday-times-kies-malema","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=26533","title":{"rendered":"Rapport, Sunday Times kies Malema"},"content":{"rendered":"<p><em>Rapport<\/em> sowel as die <em>Sunday Times<\/em> het di\u00e9 week Julius Malema en die EFF se delegitimering van die parlement\u00eare stelsel in Suid-Afrika verwelkom.<\/p>\n<p>Dit is natuurlik geen toeval dat albei koerante skielik presies dieselfde gedagtes oor Malema se ontwrigting koester nie.<\/p>\n<p>Iewers vanuit die bose skaduagtige buiterbeheerkamer van Suid-Afrika, waar veral buitelandse belangegroepe heers, moes &#8216;n opdrag gekom het om dit aan lesers te verkoop dat die rewolusie &#8216;n uitstekende idee is.<\/p>\n<p>Sonder ironie skryf <em>Rapport<\/em> se politieke apparatsjiek Pieter du Toit: &#8220;[Malema] se biersaal-politiek die afgelope week was moontlik die begin van die einde van ons kwasi-Westminster-styl van parlement hou. En dit is dalk goed so.&#8221;<\/p>\n<p>Werklik? Het die Grondwetters en Wigte-en-teenwigte-toneelgeselskappie tou opgegooi dat hulle skielik anargie innooi? &#8220;Biersaalpolitiek&#8221; is &#8216;n vriendelike term vir kras geweld en die laagste polarisering tussen swart en wit. Dis moeilik omkeerbaar.<\/p>\n<p>&#8220;Malema se voorkeur is biersaal-politiek. Nie mooi nie, maar kom ons kyk wat hy regkry.&#8221; Is dit <em>Rapport<\/em> se onbesonne argeloosheid of begryp die handlangers wat van hulle verwag word?<\/p>\n<p>Daar is sommige mense wat hoop dat as daar &#8216;n vlaag van swart-teen-wit geweld kom, sal wittes mobiliseer omdat die lae intensiteit van geweld op die oomblik teen die wit demografie werk. Dis veral mense wat geen benul het van hoe om propaganda te bestuur nie.<\/p>\n<p>Om die wit demografie tot nul te kry was immers nog altyd <em>Rapport<\/em> se langtermyndoelwit sedert 1994. Dat hulle genoop voel om wittes met groter ywer as tans te demoniseer as verhoogde rassekonflik aanbreek, beteken dat iemand in &#8216;n rookgevulde kamer besluit het dit is tyd om heeltemal van Afrikaners ontslae te raak.<\/p>\n<p>Dit lyk asof die veelvolkige werklikheid te naby aan die re\u00ebnboogdroom gesny het, want daar is &#8216;n koors vaardig onder Boerehaters om Zuma uit te skop.<\/p>\n<p>Dis alles goed en wel, maar om Zuma met Malema te vervang is kwalik &#8216;n beter opsie. Die nuwe plan is kennelik om grondgryp te versnel met ons eie Mugabe-in-rooi. Zuma is te traag met sy etniese reinigingsplan, lyk dit.<\/p>\n<p>Die <em>Sunday Times<\/em> is nog meer beslis:<\/p>\n<blockquote><p>In an interview published yesterday, Malema vented bitterly, [&#8230;] telling the Sunday Times that Zuma did not have what it takes to be president and that the prospect of his serving a term was &#8220;scary and traumatic&#8221;.<\/p>\n<p>And yet there is truth in what Malema now says. It is exactly what many South Africans feared to be the case when former president Thabo Mbeki was vanquished at Polokwane &#8211; that Zuma as a compromise candidate would not be good for the country.<\/p>\n<p>Unfortunately, it is too late to turn back the clock. But what can certainly be avoided is to continue with a compromised candidate who has done little to move South Africa forward.<\/p>\n<p>This country can ill afford another term of Zuma.<\/p><\/blockquote>\n<p>As Suid-Afrika nie vir Zuma kan bekostig nie, gaan Malema onbetaalbaar duur wees.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Rapport sowel as die Sunday Times het di\u00e9 week Julius Malema en die EFF se delegitimering van die parlement\u00eare stelsel in Suid-Afrika verwelkom. Dit is natuurlik geen toeval dat albei koerante skielik presies dieselfde gedagtes oor Malema se ontwrigting koester nie. Iewers vanuit die bose skaduagtige buiterbeheerkamer van Suid-Afrika, waar veral buitelandse belangegroepe heers, moes &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=26533\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Rapport, Sunday Times kies Malema&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50,11],"tags":[17705,10876,17704,6723,6685,17706],"class_list":["post-26533","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","category-s7-menings","tag-biersaalpolitiek","tag-eff","tag-grondwetters","tag-jacob-zuma","tag-julius-malema","tag-wit-demografie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26533","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26533"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26533\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26533"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26533"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26533"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}