{"id":265,"date":"2007-04-04T05:59:02","date_gmt":"2007-04-04T05:59:02","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=265"},"modified":"2007-04-04T05:59:02","modified_gmt":"2007-04-04T05:59:02","slug":"van-transformanie-tot-afrikanervryheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=265","title":{"rendered":"Van transformanie tot Afrikanervryheid?"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Daar is selfs tekens dat die almagtige ANC-bewind besig is om terug te krabbel sover dit kulturele en taalkundige transformanie betref. Verlede jaar het Mbeki in die parlement gevra dat die naamsveranderings van Pretoria, Potchefstroom en Lydenburg heroorweeg moet word, &rsquo;n pleidooi wat egter op dowe ore geval het as mens die meer onlangse uitsprake van kultuurminister Pallo Jordan in ag neem.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Om die identiteit van Suid-Afrika te verander van &rsquo;n voorheen Westerse, Afrikaner-oorheersde staat na &rsquo;n &ldquo;swart republiek&rdquo; soos Mbeki dit graag noem, het nog altyd ho&euml; prioriteit by die regime geniet. Die ANC geniet &rsquo;n sewentigpersentmeerderheid by die stembus. Waarom steur hy hom dan hoegenaamd aan Afrikanerontevredenheid?<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Oor die afgelope ses jaar, sedert die publikasie van Chris Louw se &ldquo;Boetman&rdquo;-brief, heers daar &rsquo;n intense en soms venynige debat onder Afrikaners oor hul toekoms. In die aanvanklike stadium is dit gesien as &rsquo;n vermaaklike vorm van stoomafblaas te midde van die slegte nuus oor taaldiskriminasie, grondhervorming, die selfverryking van SEB, naamsveranderings, onbeteuelde misdaad en &rsquo;n Springbokrugbyspan wat verloor.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Op &rsquo;n manier was die millenniumwisseling ons Praagse lente, toe die ystergreep van die Broederbond en Nasionale Pers (daardie mees anti-nasionale maatskappy) op die Afrikaanse openbare mening verslap is. Skielik het dit gevoel asof ons terug verplaas is na die twintiger- en dertigerjare toe skrywers, musici en dramaturge almal aan die politiek sonder vrees vir teregwysing of uitsluiting kon deelneem. In die sedertdien beroemde frase, was &ldquo;Boetman die bliksem in&rdquo; en kon hy vrye teuels gee aan kritiek teen gesagsfigure soos FW de Klerk en sy broer Willem.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Soos wat die beweging momentum verkry het en gedreig het om meer georganiseerd te raak met aksiegroepe en volgehoue protes teen die huidige orde, het die oorblyfsels van die ou Broederbond en Nasionale Party met atavistiese onverdraagsaamheid en sensuur teen ons gereageer. Die begin van kritiese denke en demokratiese debat in die Afrikaanse pers is gesmoor en vervang met die eindelose verheerliking van die Suid-Afrikaanse grondwet en die vervanging van die Calvinistiese geloof in God met die Madiba-kultus. Mandela was die nuwe god wat aan ons voorgehou is en wat veral ons gehoorsaamheid vereis.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Soos die Chinese Kommunistiese party ontdek het, is politieke sensuur egter onmoontlik in die internettyd. Die Afrikanerversetsbeweging het daarom ondergronds beweeg en kommunikeer tans op webwerwe en kletsforums. Gereelde vergaderings van bekommerde boere wat grondhervorming en gewelddadige aanvalle afwag, asook byeenkomste van kultuuraktiviste vind regoor die land plaas, maar die hoofstroompers berig nie daaroor nie, uit vrees dat die beweging sterker sou word en sodoende aan die beheer van die onderdanige Afrikaner-elite by Naspers, Sanlam en die universiteite sou ontkom.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Solank as wat Afrikaans gepraat word en die Afrikanergeskiedenis aan &rsquo;n volgende geslag oorgedra word, sal die probleem van die ongewenste &ldquo;blanke stam&rdquo; voortduur. Die meeste regeringsgeboue wat tans deur die ANC beset word, is n&aacute; alles deur Afrikanerargitekte ontwerp en deur die blanke belastingbetaler betaal. In die beroemde woorde van die Franse skrywer Jean Raspail wat &rsquo;n pessimistiese roman oor Westerse ondergang geskryf het, tree die Xhosa- en Indi&euml;rleiers, wat deesdae die rituele van regering in ons eertydse geboue beoefen, soos &ldquo;hermietkrappe&rdquo; op: hulle bewoon skulpe wat deur ander wesens agtergelaat is.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Op die oog af is die ANC se assimilasiebeleid besig om te faal. Afrikaans is uniek onder tale, juis omdat dit uitwissing deur moderne Engels weerstaan het &ndash; teenoor Wallies, Iers, Skots en vele ander Europese tale wat nie eens meer hul eie tegniese woordeskat het nie. Nie net is die &ldquo;wondertaal&rdquo; tans weereens besig om een van daardie ongelooflike oorlewingskunsies uit te voer en nuwe markte in die aangesig van globalisering en amptelike taalverdrukking te verower nie, maar die Afrikaneridentiteit kom veel taaier as die amptelike Suid-Afrikanisme voor.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ongeag die demografie, kan &rsquo;n verenigde Afrikanervolk steeds met die verdeelde en koerslose ANC meeding as dit by beheer van die staat kom, &rsquo;n staat wat vele van ons mense steeds as hulle s&rsquo;n beskou. Ons het dit immers geskep en betaal. Die rede waarom lede van die Afrikaner-establishment tans met vrees vervul is, is omdat hulle begin besef dat daar geen &ldquo;einde van die geskiedenis&rdquo;, om nou Fukuyama se uitdrukking te gebruik, in 1994 was nie. Die spel sal voortgaan totdat Afrikaners almal na Australi&euml; verdryf&nbsp; is in &rsquo;n totale transformasie van die Mugabe-tipe of totdat ons by &rsquo;n politieke oplossing uitgekom het wat die Afrikaner se huidige oorheersing tersyde sal stel.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Net soos G.D. Scholtz in die vroe&euml; sestigerjare geskryf het, sal Suid-Afrika se lot altyd van buite haar grense bepaal word. Die ANC is meteens aan bewind geplaas op die rug van die radikale Westerse bewegings van die 1960&rsquo;s en 1970&rsquo;s. Tans vind &rsquo;n swaai na regs in die openbare mening plaas, sowel in Europa as in die VSA. Die invloedryke Amerikaanse konserwatiewe skrywer, Pat Buchanan, het verlede jaar &rsquo;n boek gepubliseer waarin hy die reg van blanke Amerikaners om beheer van hul staat te behou, verdedig.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Buchanan skryf: &ldquo;Ons voorouers is nie deur skuldgevoelens verlam nie. Hulle het vertroue in hul kultuur en beskawing gehad; hulle was oortuig van hul eie meerderwaardigheid teenoor diegene wat Kipling &lsquo;die mindere rasse sonder &rsquo;n regstelsel&rsquo; genoem het.&rdquo; Sulke woorde moet die menseregtebrigade laat verstik van woede, maar dis hoe die wind waai onder &rsquo;n toenemende aantal Westerlinge. In Frankryk het opnames oor die afgelope twee jaar bevind dat een uit elke drie Franse hom- of haarself as &rsquo;n &ldquo;rassis&rdquo; beskou; d&iacute;t in weerwil van volgehoue mediaveldtogte teen rassisme wat as die euwel der euwels voorgehou word.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Veral na die Deense spotprentskandaal, het dit in &rsquo;n tradisioneel liberale land soos Denemarke aanvaarbaar geword om Islam te kritiseer, iets wat tot onlangs as kenmerkende gedrag van verregses beskou is. Ook in Frankryk, daardie vesting van sosialisme en politieke korrektheid, het steun vir Jean-Marie Le Pen se Front National ongekende hoogtes bereik, in reaksie op Moslem- en swart onluste.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">As hierdie nuutgevonde Westerse selfvertroue eers van oorsee af in ons rigting begin waai net soos wat blanke skuld eens hierheen gekom het, gaan dit aardskuddende veranderings in Suid-Afrika teweeg bring. Binnekort mag die ANC met brute mag oor &rsquo;n toenemend opstandige Afrikanervolk heers, met sy vervalle weermag en Vigs-besmette soldate wat die orde in die voorstede van Pretoria-oos of Bellville moet handhaaf.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Stel jou voor dat Pat Buchanan president van Amerika word of dat Europa se regse partye van die huidige 20% steun tot 50% groei. Dit gaan &rsquo;n ander w&ecirc;reld wees as die polities korrekte waaraan ons gewoond geraak het sedert Bill Clinton in die sestigerjare dagga gerook, &ldquo;maar nie ingeasem het nie&rdquo;.<\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/nasosnoe-oborudovanie\/nasosy-dlya-basseynov-fontanov-i-solenoy-vody\/nasosy-dlya-fontanov\">\u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u043d\u0435\u0442 \u043c\u0430\u0433\u0430\u0437\u0438\u043d \u043d\u0430\u0441\u043e\u0441\u043e\u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34799\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/danr0000.jpg\" width=\"70\" height=\"90\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>V&oacute;&oacute;r 1994 het Suid-Afrika &rsquo;n &ldquo;naturellevraagstuk&rdquo; gehad. Smuts het gepraat van die &ldquo;sfinksagtige probleem van swart politieke regte&rdquo;. Sedert FW de Klerk se holderstebolderoorgawe aan die radikale buitelandse vleuel van die ANC en SAKP het Suid-Afrika &rsquo;n nuwe probleem: die Afrikanervraagstuk.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoBodyText\">Soos die vorige probleem, gaan di&eacute; een ook nie maklik verdwyn nie. Oor die afgelope weke het die meeste koerante, radiostasies en selfs ons streng beheerde private en openbare televisiekanale die Afrikanervraagstuk onder die loep geneem.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[154,21092,400],"class_list":["post-265","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-dan-roodt","tag-rubrieke","tag-van-transformanie-tot-afrikanervryheid"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/265","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=265"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/265\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=265"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=265"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=265"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}