{"id":26467,"date":"2014-08-21T08:48:50","date_gmt":"2014-08-21T06:48:50","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=26467"},"modified":"2014-08-21T08:48:50","modified_gmt":"2014-08-21T06:48:50","slug":"die-vreemde-ontmoeting-van-senator-mccain-met-isis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=26467","title":{"rendered":"Die vreemde ontmoeting van Senator McCain met ISIS"},"content":{"rendered":"<p>Amerika het hernieude lugaanvalle teen vestings van die Islamitiese Kalifaat in Irak uitgevoer, na dreigemente van die militante om &#8216;n tweede Amerikaanse joernalis te onthoof.<\/p>\n<p>Pres. Barack Obama het bevestig dat die joernalis James Foley wel onthoof is en dat die video van Foley se dood eg is. <\/p>\n<p>Die video wat vermoedelik in die Irakse of Siriese woestyn verfilm is, toon ook &#8216;n tweede Amerikaanse joernalis, Steven Sotloff, wat deur die groep aangehou word. <\/p>\n<p>Die Kalifaat s\u00ea Foley is vermoor nadat Obama opdrag gegee het vir die lugaanvalle teen hul vestings in die noorde van Irak.<\/p>\n<p>In Mei 2013 het Senator John McCain &#8216;n o\u00ebnskynlike onwettige besoek gebring naby Idleb in Siri\u00eb via Turkye om te ontmoet met die leiers van die &#8220;gewapende opposisie&#8221; van Siri\u00eb. Sy reis is nie bekend gemaak nie, tot n\u00e1 sy terugkeer na Washington. <\/p>\n<p>Hierdie reis is moontlik gemaak deur die <em>Syrian Emergency Task Force<\/em>, &#8216;n Sionistiese organisasie gelei deur &#8216;n Palestynse werknemer van AIPAC, het <em>The Passionate Attachment <\/em>onthul. Mouaz Moustafa is glo &#8216;n navorser by die <em>Washington Institute for Near East Policy<\/em>.<\/p>\n<p>In foto&#8217;s wat vrygestel is tydens McCain se besoek is die teenwoordigheid van Mohammad Nour, &#8216;n woordvoerder vir die Al-Nosra Front &#8211; dit wil s\u00ea, al-Kaida in Siri\u00eb &#8211; opgemerk waar hy saam met die Amerikaanse senator verskyn.<\/p>\n<p>Nour het 11 Libanese Sji\u00eftiese pelgrims in Asas ontvoer. Toe McCain gevra word oor sy verskyning saam met die ontvoerder, het die senator beweer Nour het homself in die foto ingenooi sonder dat hy geweet het wie dit is.<\/p>\n<p>Die saak het &#8216;n groot opskudding in Libanon veroorsaak en die gesinne van die ontvoerdes het &#8216;n klag voor die Libanese regbank teen Senator McCain vir medepligtigheid in die ontvoering gel\u00ea. Uiteindelik is &#8216;n ooreenkoms bereik en die pelgrims is vrygelaat. <\/p>\n<p>Kom ons veronderstel dat Senator McCain die waarheid gepraat het en dat hy misbruik is deur Mohammad Nour. <\/p>\n<p>Die doel van sy onwettige reis na Siri\u00eb was om die hoofde van die personeel van die Vrye Siriese le\u00ebr te ontmoet. Volgens hom is die organisasie &#8220;uitsluitlik Siri\u00ebrs&#8221; wat veg vir &#8220;hul vryheid&#8221; teen die &#8220;diktatorskap&#8221;.<\/p>\n<p>Nog &#8216;n foto van John McCain en die hoofde van die Vrye Siriese le\u00ebr het egter sy weg na die internet gevind. In die linker voorgrond sit Ibrahim al-Badri, waarmee die Senator praat, en neffens hom brigadier-generaal Salim Idris.<\/p>\n<p>Terug van sy onwettige reis, het John McCain verklaar dat almal wat verantwoordelik vir die Vrye Siriese le\u00ebr &#8220;gematigdes is wat vertrou kan word&#8221;.<a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/mccainisis.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/mccainisis-300x139.jpg\" alt=\"mccainisis\" width=\"300\" height=\"139\" class=\"alignleft size-medium wp-image-26468\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/mccainisis-300x139.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/mccainisis.jpg 400w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Maar sedert 4 Oktober 2011, is Ibrahim al-Badri (ook bekend as Abu Du&#8217;a) op die lys van die vyf mees gesoekte terroriste deur die Verenigde State van Amerika. Vandaar dus die onwettigheid van McCain se ontmoeting.<\/p>\n<p>&#8216;n <a href=\"http:\/\/www.rewardsforjustice.net\/english\/most-wanted\/all-regions.html\">Losprys <\/a>van tot $10 miljoen word trouens aangebied vir enigiemand wat met sy inhegtenisname help. <\/p>\n<p>Die volgende dag, 5 Oktober 2011, is Ibrahim al-Badri selfs ingesluit op die lys van die VN-sanksieskomitee as &#8216;n lid van Al-Kaida.<\/p>\n<p>Daarbenewens het Ibrahim al-Badri, bekend onder sy <em>nom de guerre<\/em> as Abu Bakr al-Bagdadi, &#8216;n maand voor die ontvangs van Senator McCain, die Islamitiese Staat in Irak en die Levant (ISIL\/ISIS) op die been gebring terwyl hy nog deel uitmaak van die personeel van die &#8220;baie gematigde&#8221; Vrye Siriese Le\u00ebr. <\/p>\n<p>Hy spog dat hy op sy eie die aanval op die Taj en Abu Ghraib tronke in Irak gere\u00ebl het waar hy gehelp het om tussen 500 en 1000 jihadiste te laat ontsnap wat dan by sy organisasie aangesluit het. Hierdie aanval is geko\u00f6rdineer met ander gelyktydige tronkontsettings in agt ander lande! <\/p>\n<p>Hierdie saak is so vreemd dat Interpol op 3 Augustus 2013 &#8216;n nota uitgereik het daaroor en die hulp van die 190 lidlande versoek het. <\/p>\n<p>Dit blyk dus dat daar getuienis bestaan dat die Vrye Siriese Le\u00ebr, die Al-Nosra Front en ISIS saamgestel is uit dieselfde individue wat voortdurend tussen die verskillende organisasies migreer. <\/p>\n<p>Wanneer di\u00e9 mense dus s\u00ea hulle verteenwoordig die Islamitiese Kalifaat wat die ongelowiges uitroei, bly hul tegnieke ongelukkig presies dieselfde. Hulle gaan hulle voort met dieselfde soort terreur van die ander twee organisasies: Verkragting, marteling, onthoofding en kruisigings. <\/p>\n<p>Senator McCain en sy metgeselle het nie die inligting in hul besit oor Ibrahim al-Badri aan die <em>State Department<\/em> oorhandig nie en ook nie gevra vir die beloning nie. Hulle het ook nie die anti-terrorisme komitee van die VN ingelig oor hul ontmoeting met die terroris nie. <\/p>\n<p>In geen land in die w\u00eareld, ongeag hul politieke stelsel, sou &#8216;n mens aanvaar dat die leier van die opposisie in direkte kontak, en in die openbaar vriendelik, met &#8216;n baie gevaarlike terroris verkeer nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Amerika het hernieude lugaanvalle teen vestings van die Islamitiese Kalifaat in Irak uitgevoer, na dreigemente van die militante om &#8216;n tweede Amerikaanse joernalis te onthoof. Pres. Barack Obama het bevestig dat die joernalis James Foley wel onthoof is en dat die video van Foley se dood eg is. Die video wat vermoedelik in die Irakse &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=26467\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die vreemde ontmoeting van Senator McCain met ISIS&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[6726,17039,17640,12519,10774,10641,2848,5072],"class_list":["post-26467","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-barack-obama","tag-isis","tag-islamitiese-kalifaat","tag-john-mccain","tag-libanon","tag-sirie","tag-vsa","tag-washington"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26467","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26467"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26467\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26467"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26467"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26467"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}