{"id":26439,"date":"2014-08-20T07:32:25","date_gmt":"2014-08-20T05:32:25","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=26439"},"modified":"2014-08-20T07:32:25","modified_gmt":"2014-08-20T05:32:25","slug":"pakistan-op-n-mespunt","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=26439","title":{"rendered":"Pakistan op &#8216;n mespunt"},"content":{"rendered":"<p>Die gewilde voormalige krieketspeler en nou politikus Imran Khan het vir wydverspreide burgerlike ongehoorsaamheid in Pakistan gevra.<\/p>\n<p>Hy het ondersteuners aangemoedig om op te hou om belasting en dienste te betaal in &#8216;n poging om die regering van die Eerste Minister Nawaz Sharif omver te werp.<br \/>\n\u00a0<br \/>\nDie populistiese politikus is vasberade om sy uitdaging aan die magshebbers deur te voer. In &#8216;n toespraak na &#8216;n derde dag van protes in Islamabad, het hy gewaarsku dat hy binnekort nie langer in staat sal wees om sy ondersteuners te keer om die premier se huis te bestorm nie.<br \/>\n\u00a0<br \/>\n&#8220;Ons moet besluit wat om te doen met Nawaz Sharif, omdat hy al die wette ontduik, en hy die verkiesing gekook het,&#8221; het Khan aan &#8216;n skare van honderdeduisende ges\u00ea. &#8220;Ons kan nie toelaat dat hierdie onregverdige regime voortgaan nie.&#8221;<br \/>\n\u00a0<br \/>\nDie protes het die broosheid van Pakistan se demokrasie beklemtoon, en vrese van ingryping deur die land se weermag opnuut laat posvat. Volgens berigte het 300.000 betogers gehoor gegee aan Kahn se oproep.<br \/>\n\u00a0<br \/>\nIn &#8216;n toespraak wat hy beskryf as die belangrikste toespraak van sy lewe, het Khan ges\u00ea geen belasting, insluitend BTW, en geen elektrisiteitsrekening moet aan &#8216;n &#8220;bedrieglike&#8221; regering betaal word nie. <\/p>\n<p>Khan, wat voorheen &#8216;n veldtog gevoer het oor die &#8220;oppergesag van die reg&#8221;, het by vorige geleenthede die betaling van belasting aangemoedig. <\/p>\n<p>Pakistan se lae belastinginsamelingskoers en &#8216;n onvermo\u00eb om verbruikers te kry om te betaal vir hul elektrisiteit is een van die land se mees dringende ekonomiese probleme.<br \/>\n\u00a0<br \/>\nKhan het ook ges\u00ea binnekort sal die &#8220;Rooi Sone&#8221; &#8211; &#8216;n gebied waar die Eerste Minister se huis en kantoor, die Parlement, ministeries, howe, ambassades, en veral die Amerikaanse ambassade is &#8211; nie meer veilig wees nie.<br \/>\n\u00a0<br \/>\nDie skare het by die vooruitsig van die afbreek van versperrings, die hardste gejuig. Sommiges het reeds hul gasmaskers aangehad, en s\u00ea hulle is gereed vir traangas. <\/p>\n<p>Die Pakistanse regering moes Saterdag 30,000 veiligheidsmagte ontplooi teen die optog om Islamabad se sensitiewe gebiede te beskerm, in een van die grootste vredestydbetogings tot nog toe in Pakistan. <\/p>\n<p>Intussen het Kahn ook die die CIA se stasiehoof ontmasker. Dit is die tweede CIA-hooggeplaasde wat deur Kahn uitgewys word. <\/p>\n<p>In 2010 het hy Jonathan Banks ontmasker en onlangs vir Craig Peters Osth. Banks moes sy pos ontruim. Di\u00e9 ongelukkigheid kom weens die VSA se aanhoudende aanvalle op burgerlikes mbv onbemande tuie in Pakistan.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die gewilde voormalige krieketspeler en nou politikus Imran Khan het vir wydverspreide burgerlike ongehoorsaamheid in Pakistan gevra. Hy het ondersteuners aangemoedig om op te hou om belasting en dienste te betaal in &#8216;n poging om die regering van die Eerste Minister Nawaz Sharif omver te werp. \u00a0 Die populistiese politikus is vasberade om sy uitdaging &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=26439\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Pakistan op &#8216;n mespunt&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[17644,17645,17642,5808,7301,17643],"class_list":["post-26439","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-belastingweerhouding","tag-islamabad","tag-krieketspeler","tag-opstand","tag-pakistan","tag-rooi-sone"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26439","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26439"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26439\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26439"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26439"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26439"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}