{"id":26405,"date":"2014-08-18T16:14:30","date_gmt":"2014-08-18T14:14:30","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=26405"},"modified":"2014-08-18T16:14:30","modified_gmt":"2014-08-18T14:14:30","slug":"superblitsbukskoning","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=26405","title":{"rendered":"Superblitsbukskoning!"},"content":{"rendered":"<p>Met soveel motors om van te kies in Suid Afrika kan dit \u2018n baie moeilike keuse raak. S\u00ea nou maar net jy is in die mark vir \u2018n motor wat superverrigting bied, praktiese elkedagpendel en nie te swaar op jou sak sal wees nie. Wat koop jy?<\/p>\n<p>Daar is \u2018n paar opsies. Mens dink aan blitsbukse soos die Ford Fiesta ST of VW Polo GTi, maar die motors is effens knap en nogals duur vir sulke klein motortjies. Daar is ander opsies soos die groter VW Golf GTi en Ford Focus ST, maar met die nuwe generasie Mercedes A45 AMG en BMW se M135i is die VW en Ford nie regtig opgewasse nie.<\/p>\n<figure id=\"attachment_26409\" aria-describedby=\"caption-attachment-26409\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Audi-S3-Sportback.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-26409 size-medium\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Audi-S3-Sportback-300x212.jpg\" alt=\"Die Audi S3 Sportback\" width=\"300\" height=\"212\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Audi-S3-Sportback-300x212.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Audi-S3-Sportback-535x378.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Audi-S3-Sportback.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-26409\" class=\"wp-caption-text\">Die Audi S3 Sportback<\/figcaption><\/figure>\n<p>Ons het na \u2018n paar motors gaan kyk wat wel kers sal kan kers vashou by die twee Duitsers.<\/p>\n<h3>Audi S3 Sportback<\/h3>\n<p>Die gewone Audi A3 is een van my gunstelingmotors op die pad vandag en by verre een van die bestes in die segment. Voeg nou hierby Quattro-aandrywing wat gekoppel is aan Audi se S-Tronic-ratkas wat blitsig gladde ratskakelings moontlik maak. Roer \u2018n bietjie en sit dan \u2018n monster- turbo-aanjaer by wat kraglewering van 206 KW uit die 2-liter- viersilinderenjin pomp en jy sit met \u2018n motor wat sekerlik die BMW en die Merc goed sal skrikmaak!<\/p>\n<figure id=\"attachment_26418\" aria-describedby=\"caption-attachment-26418\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/S3-binneruim.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-26418 size-medium\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/S3-binneruim-300x183.jpg\" alt=\"S3 binneruim\" width=\"300\" height=\"183\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/S3-binneruim-300x183.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/S3-binneruim-535x326.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/S3-binneruim.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-26418\" class=\"wp-caption-text\">S3-binneruim<\/figcaption><\/figure>\n<p>Versnelling van 0-100 km\/u gebeur in slegs 5,1 sekondes en die S3 is elektronies beperk tot \u2018n maksimumsnelheid van 250km\/u. Vergelyk dit onderskeidelik met die M135i se 4,9 sekondes van 0-100km\/u en die A45 se 4,6 sekondes dan sien jy dat die Audi maklik met sy twee landgenote kan saamgesels.<\/p>\n<figure id=\"attachment_26408\" aria-describedby=\"caption-attachment-26408\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Audi-S3-paneelbord.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-26408\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Audi-S3-paneelbord-300x231.jpg\" alt=\"Audi S3-paneelbord\" width=\"300\" height=\"231\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-26408\" class=\"wp-caption-text\">Audi S3-paneelbord<\/figcaption><\/figure>\n<p>Wat vir ons uitstaan, is die bougehalte en die weelderige stowwe wat dwarsdeur die binneruim gebruik is. Hier is die S3 in \u2018n ander klas. Die ruimte binne is ook opvallend meer in die S3 en dan praat ons nie eers van die ritgehalte nie. Die A45 sal jou valstande laat uitval, so hard is sy vering en die M135i se stert is nou weer baie lig en jy moet die hele tyd baie versigtig met die lepelvoet wees om nie die stertkant te laat gly nie. Kyk \u2018n mens na die prys dan is die S3 \u2018n hele R40 000 goedkoper as die BMW en \u2018n aks meer as R102 000 goedkoper as die A45. Die S3 is ook die suinigste met die voggies teen 6,9 l\/100km en pomp die minste koolstofdioksied die lug in met \u2018n syfer van 160g\/km CO2.<\/p>\n<h4>Audi S3 Sportback<\/h4>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Prys<\/td>\n<td>3 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Voorkoms \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 buite<\/td>\n<td>5 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Binneruimgehalte en afwerking<\/td>\n<td>5 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Ruimte en praktiese toepassing<\/td>\n<td>4 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Agter die stuur<\/td>\n<td>5 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Enjin en ratkas<\/td>\n<td>5 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Op die pad<\/td>\n<td>5 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Veiligheid<\/td>\n<td>5 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Totaal<\/td>\n<td>37 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 uit 40<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<h3>Opel Astra OPC<\/h3>\n<figure id=\"attachment_26414\" aria-describedby=\"caption-attachment-26414\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/OPC.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-26414\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/OPC-300x233.jpg\" alt=\"Opel Astra OPC\" width=\"300\" height=\"233\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/OPC-300x233.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/OPC-535x415.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/OPC.jpg 618w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-26414\" class=\"wp-caption-text\">Opel Astra OPC<\/figcaption><\/figure>\n<p>Nog \u2018n Duitser wat nie so bekend in Suid Afrika is nie, is die Opel Astra OPC. Die motor is geskoei op die Astra-koepeeweergawe, maar in OPC-gewaad is die Astra \u2018n perd van \u2018n heel ander kleur. OPC is \u2018n akroniem vir Opel Performance Centre en hierdie motor is nou regtig \u2018n bewys van wat tegnologie in \u2018n motor kan beteken.<\/p>\n<figure id=\"attachment_26417\" aria-describedby=\"caption-attachment-26417\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/OPC-paneelbord.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-26417\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/OPC-paneelbord-300x200.jpg\" alt=\"Opel Astra OPC-paneelbord\" width=\"300\" height=\"200\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/OPC-paneelbord-300x200.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/OPC-paneelbord-535x357.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/OPC-paneelbord-148x99.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/OPC-paneelbord-31x21.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/OPC-paneelbord-38x25.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/OPC-paneelbord-322x215.jpg 322w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/OPC-paneelbord-120x80.jpg 120w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/OPC-paneelbord.jpg 700w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-26417\" class=\"wp-caption-text\">Opel Astra OPC-paneelbord<\/figcaption><\/figure>\n<p>Ons toetsmotor is toegerus met Opel se 2-literpetrolenjin met \u2018n groot turbo-aanjaer. Klink dit bekend? Ja, net soos in die S3 is dit \u2018n klein enjintjie met \u2018n groot turbo wat die OPC sy 206 Kw gee. Daar is nie minder as 400Nm se wringkrag beskikbaar nie en ons kon \u2018n 0-100km\/u tyd van 6,2 sekondes aanteken. Opel gee die maksimumsnelhied aan as 250 km\/u, maar ons kon net 243 km\/u op ons toetsrit aanteken.<\/p>\n<figure id=\"attachment_26416\" aria-describedby=\"caption-attachment-26416\" style=\"width: 225px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/OPC-binneruim.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-26416\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/OPC-binneruim-225x300.jpg\" alt=\"OPC-binneruim\" width=\"225\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/OPC-binneruim-225x300.jpg 225w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/OPC-binneruim.jpg 480w\" sizes=\"auto, (max-width: 225px) 100vw, 225px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-26416\" class=\"wp-caption-text\">OPC-binneruim<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die groot verskil tussen die OPC en die S3 is dat die hele 206 Kw in die OPC deur die voorwiele na die teerpad versprei word. Die ongelooflike hiervan is dat die motor byne geen wringstuur het nie. Gewoonlik in voorwielaangedrewe motors met baie krag trek die motor links of regs onder harde versnelling of vinnige ratskakelings, maar nie hier nie. Krag is volop en sommer baie daarvan. Alhoewel die OPC ligter as die S3 voorkom, is dit inderdaad effens swaarder teen 1373kg tenoor die S3 se 1360kg. Agter die stuur van die motor kan \u2018n mens voel dat die motor swaar is. Hy voel heeltemal te swaar vir \u2018n blitsbuks. Bougehalte is baie goed en die OPC met sy Recaro-sportleersitplekke staan niks terug vir enige van sy landgenote nie. Dink \u2018n mens terug aan vorige jare se Opels was hulle altyd op standaard met enjinontwikkeling en tegnologie, maar bougehalte het tekort geskiet. Die nuwe generasie Opels is baie goed aanmekaar gesit en voel en lyk enige dag net so luuks en duursaam soos enige BMW, Mercedes of Volkswagen. Let wel, ons noem pertinent nie Audi nie, want Audi is net op \u2018n ander standaard wat bougehalte aanbetref.<\/p>\n<p>Die OPC is slegs in driedeurgewaad beskikbaar dus anders as die A3 Sportback met sy 5 deure, is daar heelwat minder ruimte binne die OPC. Wat brandstof verbruik aanbetref, het die OPC ook teleurgestel. Ons kon slegs \u2018n syfer van 9,1 l\/100km aanteken. Dit maak nou nie saak hoe mooi ons probeer ry het nie, die OPC wou net nie beter syfers aanteken nie. Ons meen dit is dalk die prys wat jy sal moet betaal vir \u2018n verrigtingsenjin, maar aan die anderkant, kyk \u2018n mens na die S3 met beter verrigting en sommer baie beter brandstofverbruik, dan is dit haalbaar.<\/p>\n<h4>Opel Astra OPC<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Prys<\/td>\n<td>3 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Voorkoms buite<\/td>\n<td>5 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Binneruimgehalte en afwerking<\/td>\n<td>5 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Ruimte en praktiese toepassing<\/td>\n<td>3 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Agter die stuur<\/td>\n<td>3 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Enjin en ratkas<\/td>\n<td>4 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Op die pad<\/td>\n<td>4 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Veiligheid<\/td>\n<td>5 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Totaal<\/td>\n<td>32 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 uit 40<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3>Volkswagen Golf R<\/h3>\n<figure id=\"attachment_26410\" aria-describedby=\"caption-attachment-26410\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Golf-R.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-26410\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Golf-R-300x227.jpg\" alt=\"Volkswagen Golf R\" width=\"300\" height=\"227\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Golf-R-300x227.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Golf-R-535x405.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Golf-R.jpg 634w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-26410\" class=\"wp-caption-text\">Volkswagen Golf R<\/figcaption><\/figure>\n<p>In wese is die Golf R en die S3 geskoei op dieselfde konsep. Die feit is egter dat die Golf R meer soos \u2018n warmgemaakte Golf GTi voel. Dit is snaaks want die Golf GTi is \u2018n volmaak gebalanseerde motor met net genoeg van alles. Die Golf R voel losser, minder goed gebou as die Gti.<\/p>\n<figure id=\"attachment_26413\" aria-describedby=\"caption-attachment-26413\" style=\"width: 225px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Golf-R-paneelbord.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-26413\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Golf-R-paneelbord-225x300.jpg\" alt=\"Golf R-paneelbord\" width=\"225\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Golf-R-paneelbord-225x300.jpg 225w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Golf-R-paneelbord-111x148.jpg 111w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Golf-R-paneelbord-23x31.jpg 23w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Golf-R-paneelbord-29x38.jpg 29w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Golf-R-paneelbord-161x215.jpg 161w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Golf-R-paneelbord.jpg 480w\" sizes=\"auto, (max-width: 225px) 100vw, 225px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-26413\" class=\"wp-caption-text\">Golf R-paneelbord<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die R is mooi en baie subtiel in voorkoms. Daar is geen flambojante skorte en drukvlerke soos by die OPC nie. Ons dink dit gaan \u2018n goeie oog kos om die verskil tussen die GTi en die R op straat raak te sien. Tog voel en ry die Golf R baie anders as die GTi. Die ritgehalte is baie nader aan die van die Mercedes A45 AMG. Dit is baie hard en en die DSG- outomatiese ratkas is ook nie naastenby so vinnig of so &#8216;n groot plesier soos die S-Tronic wat in die S3 beskikbaar is nie.<\/p>\n<figure id=\"attachment_26412\" aria-describedby=\"caption-attachment-26412\" style=\"width: 225px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Golf-R-binneruim.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-26412\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Golf-R-binneruim-225x300.jpg\" alt=\"Golf R-binneruim\" width=\"225\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Golf-R-binneruim-225x300.jpg 225w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Golf-R-binneruim.jpg 480w\" sizes=\"auto, (max-width: 225px) 100vw, 225px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-26412\" class=\"wp-caption-text\">Golf R-binneruim<\/figcaption><\/figure>\n<p>Klim jy uit die Quattro S3 uit in die 4wielaangedrewe Golf R voel die R net losser, harder en stadiger as die S3. Die Golf R word aangedryf deur dieselfde 2-literenjin wat die S3 gebruik. Kraglewering is identies aan di\u00e9 van die S3 met 206 Kw en 380 Nm se wringkrag wat na al vier wiele versprei word. Op papier gee Volkswagen die Golf R se verrigtingsyfers aan as 5 sekondes van 0-100km\/u, maar ons kon net-net 5,3 sekondes haal. Die maksimumspoed is ook net soos die S3 beperk tot 250km\/u. Binnelangs is die Golf R goed toegerus met leer en alles wat oop en toe maak soos dit hoort in \u2018n luukse blitsbuks, maar dinge in die S3 voel en lyk net beter. Selfs die OPC lyk en voel beter aanmekaargesit as die Golf R. Wat die brandstofverbruik aanbetref, kon ons \u2018n syfer van 7,1 l\/100km aanteken. Dit is heel aanvaarbaar vir \u2018n verrigtingsmotor in die klas en die uitlaatgassyfer van 159g\/km CO2 is ook indrukwekkend vir hierdie tipe motor. Teen R499 900 is die Golf R glad nie goedkoop nie, dit is \u2018n hele R91 000 duurder as die GTi, maar steeds R17 500 duurder as die OPC teen R482 400. Die Audi S3 Sportback teen R519 000 is slegs R19 000 duurder as die Golf R, maar na ons mening elke sent werd.<\/p>\n<h4>Volkswagen Golf R<\/h4>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Prys<\/td>\n<td>3 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Voorkoms buite<\/td>\n<td>3 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Binneruimgehalte en afwerking<\/td>\n<td>4 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Ruimte en praktiese toepassing<\/td>\n<td>5 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Agter die stuur<\/td>\n<td>4 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Enjin en ratkas<\/td>\n<td>4 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Op die pad<\/td>\n<td>4 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Veiligheid<\/td>\n<td>5 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 uit 5<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Totaal<\/td>\n<td>32 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 uit 40<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Ons gevolgtrekking is dus dat as jy in die mark is vir \u2018n superblitsbuks dan is die Audi S3 Sportback beslis kop en skouers beter as die res.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met soveel motors om van te kies in Suid Afrika kan dit \u2018n baie moeilike keuse raak. S\u00ea nou maar net jy is in die mark vir \u2018n motor wat superverrigting bied, praktiese elkedagpendel en nie te swaar op jou sak sal wees nie. Wat koop jy? Daar is \u2018n paar opsies. Mens dink aan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[25,103],"tags":[17625,12189,17627,17626],"class_list":["post-26405","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-s28-motors","category-c94-padtoetse","tag-audi-s3-sportback","tag-blitsbukse","tag-opel-astra-opc","tag-volkswagen-golf-r"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26405","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26405"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26405\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26405"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26405"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26405"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}