{"id":26402,"date":"2014-08-18T11:04:23","date_gmt":"2014-08-18T09:04:23","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=26402"},"modified":"2014-08-18T11:04:23","modified_gmt":"2014-08-18T09:04:23","slug":"eskom-n-tydbom-weens-swak-instandhouding","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=26402","title":{"rendered":"Eskom &#8216;n tydbom weens swak instandhouding"},"content":{"rendered":"<p>Groot skade is aan die Duvha-kragsentrale aangerig n\u00e1 \u2019n hewige ontploffing in die drukketel op 30 Maart vanjaar. Eskom swyg soos die graf oor die oorsake vir di\u00e9 ontploffing wat \u2019n eerste in Eskom se geskiedenis is. <\/p>\n<p>Kenners s\u00ea dit is ongetwyfeld omdat die eenheid nie onderhou word nie. <\/p>\n<p>Eskom is so ver agter met instandhoudingswerk dat al hoe groter onstabiliteit van sy kragstasies \u2019n ernstige bedreiging vir die land se kragnetwerk begin inhou, het Beeld berig.<\/p>\n<p>Nie-amptelike ingeligte bronne waarsku die gevaar van \u2019n algehele ineenstorting van kragsentrales word al hoe groter.<\/p>\n<p>Die beskikbaarheid van kragsentrales wat krag kan lewer is veronderstel om meer as 85% te wees om veilig te wees, maar tot dusver vanjaar is net 75% beskikbaar weens onbeplande foute. <\/p>\n<p>Eskom hoop hy kan dit vir die res van die jaar tot 77% verhoog, het dr. Steve Lennon, uitvoerende hoof vir volhoubaarheid, ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die nasionale beheersentrum wat \u2019n volskaalse ineenstorting moet afweer met laer kragverbruik en met beurtkrag indien nodig, moet bontstaan weens die swak beplanning.<\/p>\n<p>Die sentrum moet \u2019n frekwensie van 50\u2009Hz in al die verskillende onderdele van die netwerk handhaaf, anders stort die netwerk ineen. Daarvoor moet die vraag na en aanbod van beskikbare elektrisiteit presies dieselfde gehou word.<\/p>\n<p>Dit sal \u2019n nasionale ramp wees en dit gaan baie moeiliker wees om die Suid-Afrikaanse netwerk n\u00e1 \u2019n algehele ineenstorting aan die gang te kry as in ander lande omdat geeneen van die buurstate genoeg krag het om die Suid-Afrikaanse netwerk weer aan die gang te help kry nie, het &#8216;n bestuurder van die nasionale beheersentrum in Germiston ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die gevaar is dat die 13 steenkoolkragsentrales oud is en boonop harder moet werk as hul ontwerpvermo\u00eb en nie genoeg vir noodsaaklike instandhouding afgeskakel kan word nie. Die sentrales moet nog minstens 15\u2009jaar voluit werk, &#8220;maar heeltemal inmekaar kan stort voor dan&#8221; het \u2019n topamptenaar in die organisasie ges\u00ea.<\/p>\n<p>Tot dusver het Eskom sy duur dieselopwekkingseenhede gebruik om tekorte tydens instandhoudingswerk te verlig, maar dit hom in sy jongste boekjaar R11,3\u2009miljard aan diesel gekos, terwyl hy veronderstel was om net R2,5\u2009miljard aan di\u00e9 energiebron te bestee.<\/p>\n<p>\u2019n Ingenieurskonsultant wat sedert begin vanjaar ondersoeke by verskeie van die 13 steenkoolkragstasies gedoen het, het ges\u00ea die erns van die instandhoudingsagterstand is skokkend en word hopeloos onderskat.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Groot skade is aan die Duvha-kragsentrale aangerig n\u00e1 \u2019n hewige ontploffing in die drukketel op 30 Maart vanjaar. Eskom swyg soos die graf oor die oorsake vir di\u00e9 ontploffing wat \u2019n eerste in Eskom se geskiedenis is. Kenners s\u00ea dit is ongetwyfeld omdat die eenheid nie onderhou word nie. Eskom is so ver agter met &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=26402\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Eskom &#8216;n tydbom weens swak instandhouding&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[17624,17622,5342,4827,17623,4986,14200,17621],"class_list":["post-26402","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-beheersentrum","tag-duvha","tag-elektrisiteit","tag-eskom","tag-instandhoudingswerk","tag-kragsentrales","tag-ontploffing","tag-tydbom"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26402","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26402"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26402\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26402"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26402"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26402"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}