{"id":26351,"date":"2014-08-14T08:46:56","date_gmt":"2014-08-14T06:46:56","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=26351"},"modified":"2014-08-14T08:46:56","modified_gmt":"2014-08-14T06:46:56","slug":"ap-joernalis-sterf-in-gasa-na-ontploffing","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=26351","title":{"rendered":"AP-joernalis sterf in Gasa na ontploffing"},"content":{"rendered":"<p>Simone Camilli, \u2019n Italiaanse videojoernalis van Associated Press, is Woensdag saam met drie Palestynse van &#8216;n plofstofspan en nog twee mense in Beit Lahija in die Gasa-strook dood toe \u2019n Israelse granaat ontplof het, het mediese beamptes en die polisie ges\u00ea. <\/p>\n<p>Die ontploffing het plaasgevind terwyl Gasa se polisie probeer het om &#8216;n toestel in Beit Lahiya onskadelik te stel, het AP berig. <\/p>\n<p>Ali Shehda Abu Afash, wat by AP as vertaler gewerk het, is een van die slagoffers saam met die drie polisiemanne. <\/p>\n<p>Vier ander mense is ernstig beseer in die voorval, insluitende AP-fotograaf Hatem Moussa.<\/p>\n<p>Premier Benjamin Netanyahu het vroe\u00ebr ges\u00ea joernaliste doen nie verslag oor die &#8220;intmidasie&#8221; van Hamas nie. <\/p>\n<p>Van die 710 buitelandse joernaliste wat tydens Operasie Protective Edge in Gasa verslag doen, het egter byna geen intimidasie ondervind nie, het Haaretz berig.<\/p>\n<p>Hulle beskik ook nie oor materiaal van Hamas wat vuurpyle gevuur het vanuit burgerlike areas nie. Joernaliste s\u00ea hulle kan nie voorbeelde kry van Hamas wat hulle sensor of aan bande l\u00ea in Gasa nie.<\/p>\n<p>Volgens berigte het Israel en Palestynse faksies ooreengekom om die skietstaking in Gasa vir &#8216;n verder 72 uur te verleng. <\/p>\n<p>&#8216;n Bron na aan die onderhandelings het in Kairo aan die nuusagentskap Reuters ges\u00ea die ooreenkoms is bereik enkele minute voor die verstryking van die skietstaking wat Maandag begin het. <\/p>\n<p>Vroe\u00ebr is berig dat waarskuwingsirenes oor inkomende vuurpyle in die suide van Israel gehoor is sowat twee ure voor die verstryking van die skietstaking. <\/p>\n<p>Die Israelse weermag en die polisie het ondersoek ingestel en gevind dat &#8216;n vuurpyl wel in die gebied geland het, maar dat geen ongevalle of skade voorgekom het nie. <\/p>\n<p>Hamas het ontken dat hy vuurpyle afgevuur het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Simone Camilli, \u2019n Italiaanse videojoernalis van Associated Press, is Woensdag saam met drie Palestynse van &#8216;n plofstofspan en nog twee mense in Beit Lahija in die Gasa-strook dood toe \u2019n Israelse granaat ontplof het, het mediese beamptes en die polisie ges\u00ea. Die ontploffing het plaasgevind terwyl Gasa se polisie probeer het om &#8216;n toestel in &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=26351\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;AP-joernalis sterf in Gasa na ontploffing&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[7334,5174,11223,14968,17584],"class_list":["post-26351","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-gasa","tag-israel","tag-palestina","tag-premier-benjamin-netanyahu","tag-videojoernalis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26351","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26351"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26351\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26351"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26351"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26351"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}