{"id":26347,"date":"2014-08-14T08:16:44","date_gmt":"2014-08-14T06:16:44","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=26347"},"modified":"2014-08-14T08:16:44","modified_gmt":"2014-08-14T06:16:44","slug":"pallo-jordan-maak-plek-vir-volgende-soustreinryer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=26347","title":{"rendered":"Pallo Jordan maak plek vir volgende soustreinryer"},"content":{"rendered":"<p>Pallo Jordan se gebrek aan &#8216;n kwalifikasie het dalk &#8220;uitgelek&#8221; tot voordeel van Nick Koornhof, voormalige Cope-LP, wat nou kan terugkeer parlement toe as ANC-lid in Pallo Jordan se plek.<\/p>\n<p>Jordan het Maandag as ANC-LP bedank en aangebied om sy pos in die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) te verlaat en as ANC-lid te bedank.<\/p>\n<p>Dit volg n\u00e1 berigte in die Sunday Times dat sy kwalifikasies vervals is.<\/p>\n<p>Koornhof is volgende op die ANC se lys. Hy was ook voorheen \u2019n NP-LP en later lid van die DP. Koornhof wag nou vir dat Jordan amptelik bedank voor hy op die soustrein klim.<\/p>\n<p>As ANC-LP &#8220;hoop hy om by die parlement\u00eare portefeuljekomitees oor onderskeidelik finansies en omgewingsake in te skakel en die nasionale ontwikkelingsplan en versoening te bevorder&#8221;.<\/p>\n<p>Intussen is bevestig dat Jordan 30\u2009jaar gelede sy doktorsgraad van die tydskrif Africa Confidential &#8220;verwerf&#8221; het.<\/p>\n<p>Africa Confidential is \u2019n Britse publikasie wat sedert 1960 met Afrika-politiek gemoeid is. Die tydskrif het Jordan glo verkeerdelik as &#8216;n doktor beskryf.<\/p>\n<p>Luidens sy amptelike CV wat op die regering se kommunikasie-en-inligtingsdiens (GCIS) se webwerf verskyn, het Jordan aan die Universiteit van Wisconsin in Madison in die VSA gestudeer en later \u2019n nagraadse kwalifikasie aan die London School of Economics ontvang.<\/p>\n<p>Jordan het sedert hy in 1990 na Suid-Afrika teruggekeer het die titel \u201cdoktor\u201d gebruik.<\/p>\n<p>Prof. Stephen Ellis, wat van 1986 tot 1991 redakteur van Africa Confidential was, het aan Beeld ges\u00ea hy was bewus van Jordan se leuens.<\/p>\n<p>\u201cMy vermoede is dat Africa Confidential in \u2019n stadium (waarskynlik in die tyd voor my redakteurskap) \u2019n artikel ingehad het wat verkeerdelik \u2019n doktorsgraad aan Jordan toegedig het.<\/p>\n<p>\u201cJordan het van die idee gehou en nie net nagelaat om mense reg te help wat na hom as doktor verwys het nie, maar die titel in die openbaar begin gebruik,\u201d het Ellis ges\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Pallo Jordan se gebrek aan &#8216;n kwalifikasie het dalk &#8220;uitgelek&#8221; tot voordeel van Nick Koornhof, voormalige Cope-LP, wat nou kan terugkeer parlement toe as ANC-lid in Pallo Jordan se plek. Jordan het Maandag as ANC-LP bedank en aangebied om sy pos in die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) te verlaat en as ANC-lid te &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=26347\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Pallo Jordan maak plek vir volgende soustreinryer&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[17583,17546,17582,13311,8083,11644],"class_list":["post-26347","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-africa-confidential","tag-doktorsgraad","tag-nick-koornhof","tag-pallo-jordan","tag-soustrein","tag-stephen-ellis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26347","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26347"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26347\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26347"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26347"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26347"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}