{"id":26281,"date":"2014-08-11T08:37:27","date_gmt":"2014-08-11T06:37:27","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=26281"},"modified":"2014-08-11T21:43:24","modified_gmt":"2014-08-11T19:43:24","slug":"kwak-se-dieet-teen-afrikaners-gemik","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=26281","title":{"rendered":"Kwak se dieet glo teen Afrikaners gemik"},"content":{"rendered":"<p>Die Malema van medisyne se nuwe kwakdieet is klaarblyklik ontwerp om Afrikaners te teiken.<\/p>\n<p>Prof. Tim Noakes se dieet-aanbevelings lyk byna asof dit met opset geneties verfyn is, want dis veral gevaarlik vir Afrikaners, onder wie daar \u2019n ho\u00eb voorkoms van \u201cslegte\u201d cholesterol is, en hulle word ernstig deur dokters gewaarsku teen Noakes.<\/p>\n<p>Die probleem met Noakes se nuwe &#8220;ondersoek&#8221; is dat dit heel onwetenskaplik &#8216;n studie van een omskryf: Hyself is die onderwerp van navorsing, sowel as die persoon wat dit beheer, terwyl hy geen beheer oor die placebo-effek het nie, s\u00ea een dokter.<\/p>\n<p>Sy Damaskuservaring is ook uiters vreemd, aangesien hy &#8220;resultate&#8221; ontdek het wat volgens sy eie beskrywing nie meetbaar is nie.<\/p>\n<p>Sy omstrede \u201claekoolhidraat-, ho\u00eb-vet\u201d (LKHV)-dieet word trouens tans deur \u2019n kardioloog as \u201ckrimineel\u201d beskryf.<\/p>\n<p>Beeld berig dat medici en veral spesialiste Noakes se dieet verwerp en dat die &#8220;sportwetenskaplike aan die Universiteit van Kaapstad&#8221; se bewerings dat sy ho\u00ebvet-dieet alle risikofaktore vir hartsiekte kan omkeer, gevaarlik is.<\/p>\n<p>Verskeie pasi\u00ebnte met ho\u00eb cholesterol het hul statienmedikasie verruil vir die LKHV-dieet, met skadelike nagevolge.<\/p>\n<p>Sy boek, The Real Meal Revolution, het vroe\u00ebr vanjaar verskyn. Daar is &#8216;n doelbewuste poging om die verkope aan te wakker en sy boek word ook nou in Afrikaans vertaal.<\/p>\n<p>Die publiek is glo aangemoedig om by boekwinkels wat die boek aanhou te kla en te eis dat dit dadelik van die rakke verwyder word eerder as om die boek te vandaliseer en te bekrap met waarskuwings soos talle voorgestel het.<\/p>\n<p>Prof. Tessa van der Merwe, s\u00ea Noakes se aanbevelings kan hartsiekte, diabetes en osteoporose vererger en gal- en nierstene veroorsaak.<\/p>\n<p>Van der Merwe is \u2019n ereprofessor in endokrinologie aan die Universiteit van Pretoria en stigter van die Netcare Bariatriese Sentrum by die Unitas-hospitaal.<\/p>\n<p>\u201cAs jy familiale hipercholesterolemie (FH of oorerflike ho\u00eb cholesterol) het, is daar \u2019n werklike gevaar dat jy \u2019n ongunstige cholesterolprofiel sal ontwikkel,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n<p>FH word deur \u2019n genetiese faktor veroorsaak wat lei tot \u2019n ho\u00eb (\u201cslegte\u201d) cholesterolvlak. Dit is veral algemeen onder Afrikaners, waar daar \u2019n 1:70 voorkoms is teenoor \u2019n 1:500 voorkoms in die wyer gemeenskap.<\/p>\n<p>Een pasi\u00ebnt se totale bloedcholesterolvlakke het meer as verdubbel (van 5,1 tot 12,9) nadat sy haar statien verruil het vir Noakes se dieet.<\/p>\n<p>Maar toe die 39-jarige vrou teruggekeer het na \u2019n normale dieet en weer haar medisyne begin gebruik het, het haar cholesterolvlak gedaal tot 7,3.<\/p>\n<p>Afrikaners word dus gewaarsku teen Noakes se dieet. \u200bStatien is besonder belangrik vir genetiese FH.<\/p>\n<p>\u201cStatien maak \u2019n geweldige verskil in die risiko vir hartsiekte in diegene met FH aangesien hulle nie hul cholesterolvlakke deur leefstyl kan beheer nie,\u201d s\u00ea prof. David Marais, hoof van lipidologie aan die Universiteit van Kaapstad.<\/p>\n<p>\u201cNavorsing toon dat mans met onbehandelde FH op gemiddeld 43 sterf en 85% van hulle nie 60 haal nie.\u201d<\/p>\n<p>Noakes erken dat die LKHV-dieet cholesterolvlakke in ongeveer een uit elke drie mense opjaag, maar meen dit nie as \u2019n gesondheidsrisiko nie. <\/p>\n<p>In plaas van cholesterol blameer Noakes insulienweerstandigheid (IW) vir hartsiekte.<\/p>\n<p>Noakes glo dat die meeste mense vandag aan IW ly en dat dit hulle sal baat om koolhidrate te vervang deur versadigde diervette.<\/p>\n<p>Noakes se teorie oor cholesterol is teenstrydig met huidige mediese sienings oor koron\u00eare hartsiekte wat onderskryf word deur internasionale gesondheidsliggame soos die W\u00eareldgesondheidsorganisasie en die Hart- en Beroertestigting.<\/p>\n<p>\u201cDie hele konsep van insulien-weerstandigheid wat die wortel van alle kwaad is, spruit uit swak insig in metaboliese en biochemiese bane,\u201d s\u00ea Van der Merwe.<\/p>\n<p>Een kardioloog wat nie sy naam genoem wou h\u00ea nie, het ges\u00ea hy voel jammer vir Noakes wat homself duidelik in &#8216;n hoek geverf het met sy kwaksalwery.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Malema van medisyne se nuwe kwakdieet is klaarblyklik ontwerp om Afrikaners te teiken. Prof. Tim Noakes se dieet-aanbevelings lyk byna asof dit met opset geneties verfyn is, want dis veral gevaarlik vir Afrikaners, onder wie daar \u2019n ho\u00eb voorkoms van \u201cslegte\u201d cholesterol is, en hulle word ernstig deur dokters gewaarsku teen Noakes. Die probleem &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=26281\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kwak se dieet glo teen Afrikaners gemik&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[2188,17531,17529,17532,14736,17528,17533,17530,17527],"class_list":["post-26281","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-afrikaners","tag-cholestrol","tag-fh","tag-hartsiektes","tag-kardioloog","tag-kwakslawery","tag-lipides","tag-statien","tag-tim-noakes"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26281","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26281"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26281\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26281"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26281"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26281"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}