{"id":26275,"date":"2014-08-10T08:20:19","date_gmt":"2014-08-10T06:20:19","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=26275"},"modified":"2014-08-10T08:20:38","modified_gmt":"2014-08-10T06:20:38","slug":"tot-60-000-betoog-in-kaapstad-teen-israel-geweld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=26275","title":{"rendered":"Tot 60 000 betoog in Kaapstad teen Israel-geweld"},"content":{"rendered":"<p>Terwyl die Joodse gemeenskap in Johannesburg in die <em>South African Jewish Report<\/em> spog oor die 10 000 mense wat hy verlede Saterdag ten gunste van Israel kon mobiliseer, het waarskynlik die grootste optog n\u00f3g in Suid-Afrika gister in Kaapstad plaasgevind toe tussen 30 000 en 60 000 mense na die parlementsgebou opgeruk het om steun aan Palestina te betoon.<\/p>\n<p>Die reuseskare het liedere gesing en plakkate geswaai om te eis dat die geweld in die Gasastrook gestaak moet word.<\/p>\n<p>\u201cOns skat dat daar meer as 30 000 mense is wat aan die optog deelneem, maar dit kan soveel as 50 000 wees,\u201d het Richard Bosman, hoof van veiligheid en sekuriteit aan die Kaapse munisipaliteit, aan Sapa ges\u00ea. Volgens sommige beramings was daar egter 60 000 mense.<\/p>\n<p>Die begoging is deur die National Coalition for Palestine (NC4P) georganiseer. Die koalisie bestaan uit meer as 30 godsdiensorganisasies, burgerlike instellings, vakbonde en politieke partye.<\/p>\n<h3>Boikot teen Woolworths<\/h3>\n<p>NC4P het vroe\u00ebr vandeesweek in \u2018n verklaring \u201cbeslissende optrede van die Suid-Afrikaanse regering ge\u00ebis teen die Israeliese aanvalle, moorde, verdrywings en die vernietiging van die Gasastrook\u201d. In &#8216;n ander mediavrystelling s\u00ea die beweging sy steun aan die BDS-boikot van Woolworths toe.<\/p>\n<figure id=\"attachment_26276\" aria-describedby=\"caption-attachment-26276\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/betoging_kaapstad.jpeg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-26276\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/betoging_kaapstad-300x168.jpeg\" alt=\"'n Deel van die skare in Kaapstad tydens gister se betoging\" width=\"300\" height=\"168\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/betoging_kaapstad-300x168.jpeg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/betoging_kaapstad-535x300.jpeg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/betoging_kaapstad.jpeg 1024w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-26276\" class=\"wp-caption-text\">&#8216;n Deel van die skare in Kaapstad tydens gister se betoging<\/figcaption><\/figure>\n<p>&#8220;Ons ondersteun die oproep van die Boycott, Divestment and Sanctions-beweging (BDS) om alle maatskappye wat met die staat van Israel handel dryf, te boikot. Die Nasionale Koalisie vir Palestina het daarom &#8216;n landwyde aanbeveling uitgereik dat alle Woolworths-winkels in Suid-Afrika <em>onmiddellik<\/em> geboikot moet word. Die oproep om &#8216;n boikot geskied vanwe\u00eb Woolworths se standvastige ondersteuning vir die Israel-apartheidstaat en kom n\u00e1 diepgaande navorsing en ondersoek na die stand van handelsbedrywighede tussen die kettingwinkel en die Israelse staat. Inkomste uit die verkoop van Israelse goedere befonds oorlogsmisdade teen Palestyne. NC4P doen &#8216;n beroep op alle Suid-Afrikaners om vreedsame betogings voor alle Woolworths-winkels in Suid-Afrika te hou.<\/p>\n<p>Die koalisie het ook \u2018n beroep gedoen vir \u2018n internasionale ondersoek na die optrede van die Israelse weermag in die Palestynse gebiede.<\/p>\n<p>Volgens berigte is meer as 1 900 mense reeds dood sedert Israel verlede maand met Operasie &#8220;Protective Edge&#8221; begin het in \u2018n poging om Hamas vir die afvuur van vuurpyle te straf en om die infrastruktuur van die Gasastrook te vernietig.<\/p>\n<p>Die Verenigde Nasies s\u00ea nagenoeg 1 350 van die oorledenes was burgerlikes, waaronder honderde vroue en kinders.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Terwyl die Joodse gemeenskap in Johannesburg in die South African Jewish Report spog oor die 10 000 mense wat hy verlede Saterdag ten gunste van Israel kon mobiliseer, het waarskynlik die grootste optog n\u00f3g in Suid-Afrika gister in Kaapstad plaasgevind toe tussen 30 000 en 60 000 mense na die parlementsgebou opgeruk het om steun &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=26275\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Tot 60 000 betoog in Kaapstad teen Israel-geweld&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5,51],"tags":[6288,5174,4933,11223,8897],"class_list":["post-26275","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","category-suider-afrika","tag-betoging","tag-israel","tag-kaapstad","tag-palestina","tag-parlement"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26275","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26275"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26275\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26275"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26275"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26275"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}