{"id":26253,"date":"2014-08-08T05:53:21","date_gmt":"2014-08-08T03:53:21","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=26253"},"modified":"2014-08-08T08:29:23","modified_gmt":"2014-08-08T06:29:23","slug":"die-kaapse-klopse-en-absolute-skoonheidsnorme","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=26253","title":{"rendered":"Die Kaapse Klopse en absolute skoonheidsnorme"},"content":{"rendered":"<p>Synde \u2018n blote derdeklasburger van die Aapzaniese piesangrepubliek, wat agv my gebrek aan melanien minder geskik is om \u2018n pos in die formele ekonomie te beklee, sukkel ek so \u2018n effe om my derdeklaskop rondom die herrie oor die twee Tukkiedames, wat hulself as ousies aangetrek het tydens \u2018n partytjie, te kry.<\/p>\n<p>Eerstens is di\u00e9 besondere herrie ontketen deur twee dogtertjies van die DA se studentebeweging, die immer-ondepresterende DASO, wat geen verkiesing op die Tukkiekampus kan wen nie. Di\u00e9 \u201cgirly-men\u201d van DASO is geweldig ontstig deur die foto van die twee blanke studentedames wat hulself as ousies aangetrek het tydens \u2018n privaatpartytjie, en het dit onmiddellik op Twitter aan die groot klok probeer hang.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-medium wp-image-15429\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600-300x245.jpg\" alt=\"delport_manfred_600\" width=\"300\" height=\"245\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600-300x245.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a>Goed en wel, DASO se dogtertjies kan hulle meisiebroekies na willekeur bevuil, maar daar is een, klein probleempie vir DASO, wat die DASO-rassismegillers se ganse, histeriese geskree-huil oor sogenaamde rassisme oombliklik vernietig: Die Kaapse Klopse. Laasgenoemde se optog gaan ook onder die besonder politiek-inkorrekte naam van \u2018n \u201ccoon carnival\u201d gebuk. Elke, iedere Nuwejaar in die Kaap, ja, die einste Kaap wat deur DASO se party, die DA, beheer word, in hul einste leidster, Rooi Helen, se Weskaapprovinsie, is daar \u2018n swetterjoel bruines wat hul gesiggies swart verf, en dan, begelei deur vals trompette, \u2018n vals gesingery en ewe vals banjo\u2019s, deur die strate van die eweneens DA-beheerde Kaapstad paradeer. Waarom sou die DASO-meisietjies mal raak van histeriese verontwaardiging oor twee Madeliefkoshuismeisies wat hulself as ousies aantrek, maar soos die graf swyg oor ganse troepe bruines wat hul gesigte jaarliks swart smeer in die DA se enigste metropool, Kaapstad, en dan, met die amptelike beskerming van die DA se spietkops, deur die DA-stad, Kaapstad, paradeer, moet ek myself afvra?<\/p>\n<p>Sulke raaisels is egter v\u00ear bo by vuurmaakplek, synde \u2018n pigmentgebrekkige derdeklasburger. Kom ek bepaal my eerder by \u2018n eenvoudiger vraagstuk: Salomo kon hom destyds verwonder oor die vlug van \u2018n arend en die we\u00eb van \u2018n vrou. Ek verwonder my waarom twee blanke studentemeisies, wat hulself as ousies wou aantrek op \u2018n privaatpartytjie, sulke geweldige aanstoot sou kon gee?<\/p>\n<p>Is dit byvoorbeeld erger om jouself as \u2018n ousie aan te trek, as om \u2018n bejaarde blanke te martel en om petrol in sy keel af te gooi? Laasgenoemde rassistiese haatmisdaad het immers in die afgelope paar dae plaasgevind, maar ek lees hoegenaamd niks daaroor in die linkse haatblad, die <a title=\"White folks + shoe polish = The edge of South African 'discourse'\" href=\"http:\/\/www.dailymaverick.co.za\/article\/2014-08-07-white-folks-shoe-polish-the-edge-of-south-african-discourse\/#.U-RLvqbueSo\" target=\"_blank\"><em>Daily Maverick<\/em><\/a>, nie.\u00a0 Nee, ene Pollak, van die <em>Daily Maverick<\/em>, kots eerder \u2018n haatgevulde stuk PK-drek oor die Tukkiedames se kwansuise rassisme, maar swyg soos die graf oor die blanke omie wat die brandstof in die keel gekry het. Vir Pollak is die marteling \u2018n bejaarde Afrikaner se lot, dus van sekond\u00eare belang \u2013 hy skuim egter wel om die mond met kranksinnige PK-verontwaardiging agv die denkbeeldige rassistiese misdaad van twee blanke studente.<\/p>\n<p>Is dit dus, in die besonder-beperkte verstand van \u2018n <em>Daily Maverick<\/em>-hoernalis, meer rassisties vir \u2018n witte om haar gesig swart te smeer mbv skoenpolitoer, al is dit vir \u2018n partytjie, as om brandstof in \u2018n bejaarde, blanke oom se keel af te forseer, tydens \u2018n rassistiese haatmisdaad? Waarom gee dit sulke geweldige aanstoot wanneer \u2018n witte hom as \u2018n swarte voordoen, en hom- of haarself soos \u2018n swarte aantrek? Is daar \u2018n skaamte in sekere groepe waar dit by \u2018n tiperende swart voorkoms kom? Is selfs die uitbeelding van \u2018n swart gelaatskleur en \u2018n dik agterstewe wat, en laat ons eerlik wees, dikwels \u2018n swart kenmerk is, aanstootlik en selfs rassisties? Is daar, met ander woorde, \u2018n absolute, internasionale norm van skoonheid, waaraan slegs blanke dames voldoen, en is dit gevolglik kwansuis rassisties vir die mooies, die blankes, om hulself swart te laat lyk, en die ander, die allochtone, in die proses sleg te laat voel oor hulself?<\/p>\n<p>Dit lyk tog so, as die vrye mark enige aanduiding sou wees van vroulike aantreklikheid. Die Britse tydskrif, <em>The Economist<\/em>, <a href=\"http:\/\/www.economist.com\/news\/briefing\/21611074-how-new-technology-shaking-up-oldest-business-more-bang-your-buck\">berig hier<\/a> oor die pryse wat prostitute vir hul dienste kan vra. Sonder regeringsinmengery is die prys van dienste of goedere gewoonlik \u2018n goeie aanduiding van hul begeerlikheid en gewildheid; \u2018n Porsche Carrera is veel meer begeerlik as \u2018n Toyota Yaris, veral onder ooms wat \u2018n middeljarekrisis beleef, en laasgenoemde word in di\u00e9 twee se relatiewe pryse weerspie\u00ebl. <em>The Economist<\/em> het gegaan en \u2018n studie gedoen oor die aanlynprofiele van sowat 190 000 dames van die nag, en tot \u2018n voorspelbare gevolgtrekking gekom: Vrouens wat aan Westerse norme van skoonheid voldoen, kan die hoogste pryse vra vir hul \u201cprofessionele dienste\u201d. Ek haal aan: \u201c<em>The customers who reported encounters to the website we analysed clearly value the stereotypical features of Western beauty: women they describe as slim but not scrawny, or as having long blonde hair or full breasts, can charge the highest hourly rates.<\/em>\u201d<\/p>\n<p>Blanke, slanke prostitute se pryse is dus hoog; deur die bank verdien swart prostitute in Amerikaanse stede minder as hul blanke eweknie\u00eb, in New York, Washington en ander VSA-stede. Dus is daar, ten minste onder die mans wat sulke dienste gebruik, \u2018n duidelike voorkeur: Die ideale vrou is blank, met lang hare, asook met \u2018n slanke liggaamsbou. Wat die stereotipiese swart vrouens wat deur die twee studente uitgebeeld is, aanbetref, wel, hulle pryse in \u2018n vrye mark vir prostitusie is heelwat laer, en dus is hulle as\u2019t ware die Yarisse, teenoor die blanke Porsches.<\/p>\n<p>Indien die twee Tukkiedames se satire, of eerlikheid, rondom swart aantreklikheid dan wel rassisties was, is daar ook ander sondebokke \u2013 selfs onder swart mans. Tokyo Sexwale, die swart SEB-parasiet, is een voorbeeld hiervan. Hy was naamlik met \u2018n jong, blonde, blanke, Judy Sexwale, getroud. Tans is hulle gewikkel in \u2018n lelike egskeiding, maar het Sexwale nie, dmv van sy keuse van \u2018n vrou, net so rassisties soos die twee blanke Tukkiestudente opgetree nie?<\/p>\n<p>As dit dan voorts rassisties sou wees van die twee studentedames om hulself swart te probeer maak, wonder ek waarom miljarde rande bestee word deur swart vrouens aan produkte soos haarverlengings en velbleikmiddels, om hulself meer wit te laat lyk. Kyk byvoorbeeld na die \u201cblonde\u201d swart sangeres, Nicky Minaj. Sy dra meestal \u2018n blonde pruik, om haar natuurlike, Afrikaanhare te probeer verdoesel. Waarom skree-huil hetsy die DASO-meisietjies, hetsy die <em>Daily Maverick<\/em> se hoernaliste nie eweneens oor haar \u201crassisme\u201d nie?<\/p>\n<p>Dus; nee wat, die optrede van die twee studente was onskuldige studentepret. Diegene wat hulself te na gekom voel, en wat \u201crassisme\u201d skree-huil, moet eerder eerlik wees en hulself afvra of daar nie inderdaad \u2018n absolute norm van vroulike skoonheid, verpersoonlik deur die Europese vrou, is nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Synde \u2018n blote derdeklasburger van die Aapzaniese piesangrepubliek, wat agv my gebrek aan melanien minder geskik is om \u2018n pos in die formele ekonomie te beklee, sukkel ek so \u2018n effe om my derdeklaskop rondom die herrie oor die twee Tukkiedames, wat hulself as ousies aangetrek het tydens \u2018n partytjie, te kry. Eerstens is di\u00e9 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":11,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[150,10],"tags":[11773,14908,17483,17501,17500,5802],"class_list":["post-26253","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c162-manfred-delport","category-rubrieke","tag-daso","tag-kaapse-klopse","tag-swart-gesigte","tag-swart-vroue","tag-tukkiedamesstudente","tag-universiteit-van-pretoria"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26253","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/11"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26253"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26253\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26253"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26253"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26253"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}