{"id":26194,"date":"2014-08-05T08:43:15","date_gmt":"2014-08-05T06:43:15","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=26194"},"modified":"2014-08-05T09:51:41","modified_gmt":"2014-08-05T07:51:41","slug":"die-simulakrum-van-progressiwiteit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=26194","title":{"rendered":"Die simulakrum van progressiwiteit"},"content":{"rendered":"<p>deur G\u00f6tterd\u00e4mmerung<\/p>\n<p>Ek was nog altyd onder die indruk dat vordering sou aandui dat daar \u0149 verbetering is vanaf d\u00edt wat was tot d\u00edt wat nou is. So het ons vordering getoon vanaf grotte na huise, vanaf vingerprentjies teen genoemde grotmure na die geskrewe woord en pragtige stukke kuns, vanaf klippe rondsleep na die wiel (en uiteindelik die binnebrandmotor), vanaf somme op ons vingers doen na kragtige rekenaars die grote van ons mobiele telefone wat komplekse wiskundige algoritmes kan bereken. Tegnologies het ons oor die laaste paar honderd jaar baie vordering getoon. In Engels word daar verwys na \u201cprogress\u201d wat natuurlik die direkte vertaling van die Afrikaanse woord \u201cvordering\u201d is.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/060214hutchison2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-thumbnail wp-image-26196\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/060214hutchison2-100x100.jpg\" alt=\"060214hutchison2\" width=\"100\" height=\"100\" \/><\/a>Ook op geestelike gebiede (waaronder morele waardes, sedes en etiek) het ons vordering as \u0149 samelewing getoon. Sekere samelewings het meer gevorder as ander en party het glad nie gevorder in hierdie opsig nie. Deur hierdie ontwikkeling (of vordering) het ons ons weg oop gevind om te kan onderskei tussen reg en verkeerd, wat aanvaarbaar is en wat nie. Sekere optredes en aksies was taboe en sommiges was nie net taboe nie maar is so afskuwelik dat dit teen ons menslikheid indruis. Dit is hierdie eienskap van lewende denke wat ons van die diereryk onderskei.<\/p>\n<p>Verkeerdelik was ek \u00a0van mening dat &#8220;vordering&#8221; en &#8220;progressief&#8221; nabye sinonieme is, maar dit wil eerder voorkom asof die term \u201cprogressief\u201d deur Angel-Saksiese kultuurmarxisme geko\u00f6pteer is in die taal van politieke korrektheid. Blykbaar beteken &#8220;progressief&#8221; nou iets heeltemal anders as wat ek en jy dink dit beteken \u2013 wat dit is vind ons maar daagliks uit soos diegene wat hulself as progressief bestempel die betekenis aanpas soos wat die wind waai.<\/p>\n<p>Eweneens is die begrip van morele waardes, sedes en etiek ook daagliks ondergeskik aan herdefinisie soos wat progressiewe goed dink. Dermate dat dit nou esoteries van aard is. Ons gewone sterflinge is nie beskore om te verstaan nie aangesien ons nie progressief genoeg is om die hekwagte te wees van wat moreel, sedelik of eties is nie. Dit is slegs \u0149 piepklein groepie beskore wat sterk herinner aan die Melvilliete van Naspers, wat dan in die bybels van die hoofstroommedia as onweerlegbare waarheid verkondig word.<\/p>\n<p>Dinge is deesdae so progressief dat dit die indruk skep dat ons samelewing teen die spoed van die heilige wit Eland agteruit boer. Die vaart van die progressiewe treintjie raak al hoe doller en hoekom dit nog nie ontspoor het nie is vir my \u0149 raaisel. Wat ek wel weet, is dat die progressiewe lot netjiese karikature van hulself maak.<\/p>\n<p>Die gedagte dat progressiwiteit die absurde gaan probeer vermag, spook al \u0149 wyle by my. Ons het alreeds ervaar hoe die normalisering van die een taboe na die ander werklikheid word. Sulke taboes moet genormaliseer word andersins kan almal nie gelyk wees nie. Gereeld word een of ander woordjie met die aanhangsel van \u201cfobie\u201d voor behoudende mense se koppe gegooi wanneer die \u201cnuwe normaal&#8221; nie aanvaarbaar is nie. Tereg begin mense wonder wie is nou eintlik in beheer van die Malhuis.<\/p>\n<p>Daar is egter \u00a0onaanvaarbare gedrag wat tot nou die strop vrygespring het juis omdat dit die meeste teen die morele aard van die Westerling indruis. Die samelewing vind hierdie gedrag en dade so afskuwelik dat dit wydverspreide veroordeling verdien wanneer dit plaasvind \u2013 dit is die eeue oue ontwikkeling van ons geestelikheid wat ons noodsaak om dit te veroordeel. Dit beteken nie dat pogings om hierdie afwykende en antisosiale gedrag te normaliseer deur die mees progressiewe van progressiewes nie daagliks plaasvind nie. Solank jy net nie die \u201cmisdaad\u201d van \u00a0rassisme pleeg of jou verskuldig aan \u2018n (aanhangsel)-fobie nie, is enigiets mos aanvaarbaar, normaal en regverdigbaar.<\/p>\n<p>Kort-kort lees mens dinge wat die hare in jou nek laat opstaan en daardie olierige gevoel op jou maag veroorsaak. Jy seg onmiddellik vir jouself: \u201cHier kom moeilikheid, nie vandag nie, dalk nie more nie maar binnekort.\u201d En so was dit ook onlangs vir die uwe \u2013 verskeie artikels, berigte, gespreksforums en blogs het die nekhare laat regop staan, daai Sondagoggendbabelasgevoel op die maag gegee en ek seg vir myself: \u201cGaan ons dit r\u00earig toelaat?\u201d<\/p>\n<p>Ons almal weet dat daar verskeie afskuwelike dade is wat indruis teen alles wat die mens as goed en reg vind. In my boek is daar twee antisosiale dade wat kop bo water staan. Misdade teenoor vroue en kinders. Meer spesifiek, seksuele misdade teenoor vrouens en kinders. Jare se ondervinding in wetstoepassing het my geleer dat daar weinig ander misdade is wat so bytend en vernietigend is. Dit ontneem menslikheid, dit breek die psige en laat littekens na wat bitter min, indien ooit, genees. Dit tas hele gemeenskappe aan.<\/p>\n<p>Pedofilie (seksuele misdade teenoor kinders) l\u00ea my naby aan my hart. Miskien omdat ek self jong kindertjies het en ys by die blote gedagte dat een of ander roofdier daar buite my kinders iets sal aandoen of miskien is dit omdat die w\u00eareld so \u0149 siniese plek is en kinders se onskuld dit weerspreek. Kinders is ons kosbaarste geskenk en indien \u0149 mens dit nie kan insien nie, het hy of sy niks in die samelewing verloor nie. Selfsug is nie \u0149 verskoning om nie kinders as \u0149 gawe te erken nie.<\/p>\n<p>My reis om te verstaan dat die normalisering en aanvaarding van pedofilie nie net moontlik is nie maar wel waarskynlik is, het vroeg verlede jaar begin toe ek gelees het van Allen Ginsburg \u2013 erkende leier van die homoseksuele beweging in Amerika in die 1960s wat ges\u00ea het: \u201cNaked kids have been a staple of delight for centuries, for both parents and onlookers. So to label pedophilia as criminal is ridiculous.\u201d Skokkend en walglik. Maar hierdie karakter staan nie op sy eie nie \u2013 hy het baie hulp om hierdie sienswyse die w\u00eareld in te stuur<\/p>\n<p>Die American Psychiatry Association (APA) het homoseksualiteit herklassifiseer vanaf \u2018n afwyking na seksuele ori\u00ebntasie. Hierdie selfde \u00a0organisasie het nie te lank gelede nie gepoog om dieselfde te doen met pedofilie maar is goddank deur wydverspreide teenkanting gekeer. Ek glo vir geen oomblik dat dit die laaste keer is dat hierdie linkse organisasie sal probeer nie.<\/p>\n<p>Nie lank nadat ek bewus geword het van hierdie verwikkelinge nie, verskyn \u2018n berig rakende die Pedophile Information Exchange (PIE) en die Britse Arbeidersparty se huidige leierskap wat gekonkel het in die 1970s en vroe\u00eb 80s om die instemmingsouderdom te verlaag.<\/p>\n<p>Skielik begin berigte van soortgelyke agteraf gekonkelry tussen pedofiliegroepe, homoseksuele drukgroepe, politici, joernaliste en meningsvormers die lig sien. Veral Brittanje blyk onderhewig aan die plaag te wees waar selfs die Konserwatiewe Party vrot van progressiewe liberalisme is. En ons weet hoe graag ons plaaslike oes van progressiewe liberale, met hulle erge aanvalle van anglofilie, enigiets verorber wat vanuit die kwien se land afkomstig is. In die Europese Unie beveg \u2018n georganiseerde pedofiliegroep hul verbanning in die hoogste howe \u2013 met bystand van progressiewe liberale regskenners.<\/p>\n<p>Gegewe die gebrek aan kritiek op Islam waar kinderbruide nie net goedgekeur word nie, maar ook verkieslik is en die storm wat losbars wanneer enigiemand behoudend dui op inheemse Afrikagebruike van geforseerde kinderbruide en Vigs-genesing\u2013 selfs om sover te gaan om mense wat dit uitlig onthef te kry van hul poste \u2013 dui daarop dat daar alreeds \u0149 stille goedkeuring is vir hierdie afskuwelike afwyking.<\/p>\n<p>Binnekort is dit volskaalse normalisering en gedwonge aanvaarding. Verwag die neologisme pedofobie om binnekort sy verskyning te maak.<\/p>\n<p>Feministe is vinnig om te praat van die \u201coorlog\u201d teen vroue, die patriargale houding van mans jeens vrouens, die \u201cverkragtingskultuur\u201d wat onder mans &#8220;heers&#8221;. Absurde terme soos \u201cmondelingse verkragting\u201d en \u201cvisuele verkragting\u201d doen wyd die rondte. Dit maak \u0149 bespotting van \u0149 ernstige aangeleentheid.<\/p>\n<p>Ek onthou \u0149 insident verlede jaar op Twitter waar \u0149 feministiese joernalis aangevoer het sy is deur haar vriendin se vorige k\u00earel verkrag. Dat sy blykbaar onder die invloed van alkohol was, dat sy die aantyging gemaak het maande n\u00e1 die insident en dat die horisontale rumba wedersydse goedkeuring gehad het op daardie tydstip \u2013 tot sy die volgende oggend wakker geword het en getref is deur spyt en \u0149 intense skuldgevoel \u2013 was blykbaar nie van toepassing nie . Toe is dit verkragting, sy kon die arme man na hartelus beswadder en wee enigiemand wat haar weergawe in twyfel trek. Feministe het rondom haar gekoek soos bye om hul koningin \u2013 en om dieselfde rede ook.<\/p>\n<p>Suid-Afrika is die verkragtingshoofstad van die w\u00eareld, Islam vind dit heel aanvaarbaar dat mans vroue verkrag (soms is dit selfs geregverdig want die vrou het een of ander obskure re\u00ebl van Mohammed oortree) en bitter min sal enigiemand \u0149 haan daaroor hoor kraai. Maar boetie jy moet sien as \u0149 sleg blanke werfbobbejaan \u0149 vrou verkrag \u2013 die gifpyle vlieg hoog en suiwer. Selektiewe moraliteit op sy beste.<\/p>\n<p>En toe lees ek van Richard Dawkins, doyen van militante ate\u00efsme, \u00a0progressiewe liberaal en algemene aangename persoon om mee \u0149 gesprek te voer \u2013 veral as jou sienswyse net 100% lynreg met syne ooreenstem. Meneer Dawkins probeer toe mos onderskei tussen verskillende soorte verkragting \u2013 dat een minder ernstig as \u0149 ander is. Die absurditeit van sy uitsprake het my sprakeloos gelaat.<\/p>\n<p>Ek was sprakeloos maar nie gedagteloos daaromtrent nie. Veertig jaar gelede was die blote gedagte aan homoseksualisme as aanvaarbaar absurd, dertig jaar gelede was die gedagte aan homoseksuele huwelike die dwalinge van \u0149 geestesversteurde. Vandag is beide nie net aanvaarbaar nie, die normalisering daarvan is voltrokke. Hemele behoed enigiemand wat durf om daarteen uitspraak lewer. Sien julle waarheen ek gaan hiermee? Die normalisering en aanvaarding van verkragting \u2013 maar net vir sekere kleure en geure omdat dit deel van hul kultuur en geloof uitmaak. Morele en sedelike waardes geherdefinieer, baie dankie!<\/p>\n<p>Hierin l\u00ea die simulakrum \u00a0van die progressiewe. Daar is geen progressiwiteit te bespeur nie, geen vordering om \u2018n beter toekoms na te laat nie. Eerder word ons deur \u2018n klein groepie sosiopatiese en psigopatiese bullebakke geforseer om agteruit te beweeg, regressief terug te gaan na vergane tye. Selfsug en nihilisme laat dit toe. Om d\u00edt wat deur ons voorouers &#8211; deur eeue se ontwikkeling &#8211; as afskuwelik en onaanvaarbaar verklaar is te omhels, te aanvaar, te normaliseer. Wat is dan volgende? Nekrofilie? Bestialiteit? Bloedskande? Waar eindig die krans en waar begin die afgrond?<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur G\u00f6tterd\u00e4mmerung Ek was nog altyd onder die indruk dat vordering sou aandui dat daar \u0149 verbetering is vanaf d\u00edt wat was tot d\u00edt wat nou is. So het ons vordering getoon vanaf grotte na huise, vanaf vingerprentjies teen genoemde grotmure na die geskrewe woord en pragtige stukke kuns, vanaf klippe rondsleep na die wiel &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=26194\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die simulakrum van progressiwiteit&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[17473,11140,16026,10990,9566,2852,17474,17475,17472,4489],"class_list":["post-26194","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings","tag-anglofilie","tag-feminisme","tag-homoseksualiteit","tag-kultuurmarxisme","tag-morele-waardes","tag-pedofilie","tag-progressief","tag-richard-dawkins","tag-sedes","tag-verkragting"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26194","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26194"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26194\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26194"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26194"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26194"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}