{"id":26180,"date":"2014-08-04T07:06:20","date_gmt":"2014-08-04T05:06:20","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=26180"},"modified":"2014-08-04T07:08:33","modified_gmt":"2014-08-04T05:08:33","slug":"oos-kaapse-regering-red-mandela-beeste-ook-sonder-voer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=26180","title":{"rendered":"Oos-Kaapse regering red Mandela-beeste, \u00f3\u00f3k sonder voer"},"content":{"rendered":"<p>Die Oos-Kaapse regering moes verlede week &#8216;n &#8220;reddingsoperasie&#8221; loods by die w\u00eareldberoemde en skatryk Mandela-familielandgoed te Qunu om te keer dat hul beeste nie ook weens verwaarlosing vrek soos Thandi Modise se diere nie.<\/p>\n<div class=\"related\">\n<div class=\"socialbuttons\">\n<div class=\"span-2 twitter\">\n<p>Die Mandelas is trots op hul Xhosa-&#8220;beeskultuur&#8221; en hou daarom &#8216;n kudde op hul kleinhoewe aan, dog sonder om hulle genoeg voer te gee. Daarom het die provinsiale regering van die Oos-Kaap met die belastingbetaler se fondse &#8220;ingegryp&#8221; om gratis lusern aan die Mandela-beeste te verskaf. Die dienste van veeartse is ook ternouernood ingeroep, aangesien een van die 97 beeste reeds van die honger gevrek het en die ander 96 insgelyks in lewensgevaar verkeer het.<\/p>\n<\/div>\n<div class=\"span-2 twitter\"><\/div>\n<div class=\"span-2 twitter\">&#8216;n Plaaslike boer in die Oos-Kaap het in reaksie ges\u00ea: &#8220;Terwyl die ANC-bewind, wat deur die toedoen van mnr. FW de Klerk en Sweedse miljoene vir &#8216;n terreurveldtog in die 1980s aan bewind gekom het, beplan om blanke plase te onteien en politieke &#8220;boere&#8221; daar te vestig, kan sy eie nomenklatoera wat die staatskas leeg steel nie eens na hul plaasdiere omsien nie.&#8221;<\/div>\n<div class=\"span-2 twitter\"><\/div>\n<div class=\"span-2 twitter\">Verlede maand is 82 dooie diere, waaronder ontbindende varke, hoenders, ganse en skape, tydens &#8216;n klopjag op Thandi Modise, premier van die Noordwes-provinsie, se plaas ontdek. Modise is een van die eertydse terreurbeweging se mees prominente figure en voorsitster van die Nasionale Raad van Provinsies.<\/div>\n<div class=\"span-2 twitter\"><\/div>\n<div class=\"span-2 twitter\">Die Oos-Kaapse LUR vir &#8220;landelike ontwikkeling en grondhervorming&#8221;, Mlibo Qoboshiyane, het Vrydag die Mandela-plaas besoek en was glo &#8220;diep bekommerd&#8221; toe hy die toestand van die beeste aanskou. Die beeste is nie inge\u00ebnt nie, had geen voer nie en die toestand van die plaas was blykbaar &#8220;onbevredigend&#8221;.<\/div>\n<\/div>\n<\/div>\n<p>&#8216;n Hele span staatsveeartse, wat met behulp van regstellende aksie aan Onderstepoort afgestuurd het, het hom vergesel.<\/p>\n<p>Die plaasbestuurder, Siyakudumisa Gabada, het die situasie op die plaas as &#8220;baie moeilik&#8221; beskryf aangesien sy adellike meesters verkies om op vliegtuie in die eersteklaskajuit rond te kerjakker eerder as om na hul beeste om te sien.<\/p>\n<p>&#8220;Daar is nie genoeg gras vir die beeste om te vreet nie,&#8221; s\u00ea Gabada. &#8220;Die beeste het baie maer geword en is in &#8216;n verskriklike toestand. Een van hulle het reeds weens hongersnood gevrek.&#8221;<\/p>\n<p>Hy het egter belowe &#8220;dit sal nie weer gebeur nie&#8221; nadat die staatsveeartse die diere ondersoek het.<\/p>\n<p>Mandela se kleinseun, kaptein Mandla Mandela, het erken dat die beeste en plaas &#8220;nie in &#8216;n bevredigende toestand is nie&#8221;. Volgens hom ondersoek die Mandela-sibbe &#8220;moontlike oplossings&#8221;.<\/p>\n<p>Mandla Mandela het ook verwys na &#8220;uitdagings&#8221; (<em>challenges<\/em>). &#8220;Di\u00e9 tyd van die jaar verloor ons as gemeenskap baie beeste en skape as gevolg van die droogte. Soos u kan sien is daar kwalik enige gras op die plaas oor. Daar is ook ander uitdagings, soos die bestuur van oorbeweiding op die plaas.&#8221;<\/p>\n<figure id=\"attachment_26181\" aria-describedby=\"caption-attachment-26181\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/qunu-beeste.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-26181\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/qunu-beeste-300x190.jpg\" alt=\"Heilige beeste, soos Opperman sou s\u00ea... Maar op die Mandela-plaas sonder voer gelaat\" width=\"300\" height=\"190\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/qunu-beeste-300x190.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/qunu-beeste-535x339.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/qunu-beeste.jpg 630w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-26181\" class=\"wp-caption-text\">Heilige beeste, soos Opperman sou s\u00ea&#8230; Maar op die Mandela-plaas sonder voer gelaat<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die LUR vir grondhervorming, Qoboshiyane, het voortgegaan deur te s\u00ea: &#8220;By nadere ondersoek na die kudde, was daar &#8216;n mengsel van die goeie en die kommerwekkende. Ek is egter bekommerd dat ons as departement moes terugkom om saam met die plaasbestuurder en die Mandela-familie te werk. Die beskikbare voer en water op di\u00e9 plaas is tans nogal krities.&#8221;<\/p>\n<p>&#8220;Madiba&#8221; soos Mandela in die Naspers-media bekendstaan, het in sy testament verklaar:<\/p>\n<blockquote><p>&#8220;Dit is my hartewens dat die boerderybedrywighede en grondhervorming op Qunu n\u00e1 my dood sal voortgaan en dat die Nelson Nelson Rolihlahla Mandela-familietrust sal voortgaan om die bestuurder aan te hou wat tans die bedryf bestuur en om &#8216;n geskikte plaasvervanger te vind indien hy nie meer vir diens beskikbaar sou wees nie.&#8221;<\/p><\/blockquote>\n<p>Die bedryfshoof van die Mandelas se agri-onderneming heet Wiseman Qingana. As &#8216;n Xhosa en iemand wat lank beeswagter was, het Nelson Mandela &#8216;n groot liefde vir beeste gehad. Volgens Wiseman Qingana het hy en Mandela dikwels vergader om die welsyn van sy kudde te bespreek.<\/p>\n<blockquote><p>&#8220;Madiba het by die kraal of in die veld na ons to gekom en altyd oor dieselfde dinge uitgevra: hoe dit met sy beeste gaan, of hulle gesond is, of hulle gedip is en of ons vir hulle inspuitings gegee het.&#8221;<\/p><\/blockquote>\n<p>Selfs kort voordat hy in Desember 2013 die tydelike met die ewige verwissel het, het Mandela gevra om sy vee te sien.<\/p>\n<p>Vrydag het die departement die Mandela-beeste gratis inge\u00ebnt en van hulle se horings afgesny, asook 30 gekastreer om die kudde se aanwas te beperk. Sestig bale lusern is goedgunstiglik deur die departement aan die Mandelas beskikbaar gestel.<\/p>\n<p>Volgens die departement wou hy &#8216;n herhaling van die Thandi Modise-episode voorkom, aangesien dit nie bevorderlik vir die Mandela-handelsmerk sou wees indien nog &#8216;n skandaal oor dieremishandeling op Qunu uitbreek nie.<\/p>\n<p>Mlibo Qoboshiyane s\u00ea: &#8220;Die Thandi Modise-situasie is vir die regering en ontluikende boere &#8216;n les&#8230; almal met lewende hawe is daartoe geroepe om na hulle om te sien&#8230; ons wil &#8216;n soortgelyke situasie as di\u00e9 wat ons die afgelope weke gesien het, verhoed.&#8221;<\/p>\n<p>Verlede maande het die Dierbeskermingsverenging Thandi Modise se plaas van 488ha naby Potchefstroom besoek nadat inspekteurs &#8216;n dringende hofbevel teen die ANC se ho\u00eb dame verkry het, in &#8216;n poging om die diere te probeer red.Honger varke op die plaas het reeds die karkasse van hul dooie eweknie\u00eb begin vreet.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Oos-Kaapse regering moes verlede week &#8216;n &#8220;reddingsoperasie&#8221; loods by die w\u00eareldberoemde en skatryk Mandela-familielandgoed te Qunu om te keer dat hul beeste nie ook weens verwaarlosing vrek soos Thandi Modise se diere nie. Die Mandelas is trots op hul Xhosa-&#8220;beeskultuur&#8221; en hou daarom &#8216;n kudde op hul kleinhoewe aan, dog sonder om hulle genoeg &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=26180\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Oos-Kaapse regering red Mandela-beeste, \u00f3\u00f3k sonder voer&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[17463,4946,6507,2149,14621,9816],"class_list":["post-26180","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-beeste","tag-grondhervorming","tag-honger","tag-mandela","tag-qunu","tag-thandi-modise"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26180","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26180"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26180\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26180"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26180"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26180"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}