{"id":2613,"date":"2008-08-23T11:51:27","date_gmt":"2008-08-23T11:51:27","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2613"},"modified":"2008-08-23T11:51:27","modified_gmt":"2008-08-23T11:51:27","slug":"waarom-blankes-nie-die-2010-sokker-ondersteun-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2613","title":{"rendered":"Waarom blankes nie die 2010-sokker ondersteun nie"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Om mee te begin, is daar die diskriminasie waarmee ons as blankes in die sportw&ecirc;reld moet saamleef. Hierteenoor is die sokkerspan, oftewel Bafana Bafana, die een instelling wat heeltemal deur die regering se inmengerige sportliggame met rus gelaat word. Terwyl rugby, krieket en al die ander sporte gebuk gaan onder sogenaamde kwotastelsels wat veroorsaak dat mense wat nie plekke verdien nie, in spanne opgeneem word waar hulle nie na wense kan presteer op die ho&euml; vlakke wat vereis word nie.<span> <\/span>  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Sokker is miskien die swartman gunstelingsport, maar die w&ecirc;reld gaan oor meer as net sokker. Trouens, nie almal is volgelinge van soms sinnelose spansporte nie. Wat het geword van individuele sporte soos boogskiet, seiljagvaart, dinge wat bietjie die stereotipes verbreek? Iets anders as twee spanne van 11 mense wat almal dieselfde bal wil skop en kopstamp. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Verder is die stadions wat gebou en opgeknap word ook &#329; probleempie, aangesien die oorspronklik beraamde kostes wat genoem is met astronomiese bedrae oorskry word. Ek verstaan wel dat inflasie en stygende kostes &#329; invloed kan h&ecirc;, maar nie op die skaal wat ons nou waarneem nie. Duidelik trek sekere mense voordeel hieruit en is besig om die regering met &#329; slap riem te vang.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Die ongelukkige nadraai van dit alles is dat die geld van iemand verhaal sal word, en ek glo nie dat elders as vanuit blanke sakke gaan kom nie, aangesien dit ons belastinggeld is wat reeds vir die huidige partytjie betaal.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Die oorspronklike syfer wat genoem is, was in die omgewing van 12 miljard rand. Vroe&euml;r vanjaar is daar genoem dat die syfer nader aan 25 miljard gaan draai. En net in die laaste week of twee is dit verder met sowat 2 miljard verhoog. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Hier kan mens eerlik die vraag vra: wie is besig om vir wie te bedrieg, want duidelik is daar &ecirc;rens iets onheiligs aan die gang, en dat bedrog ten koste van die blanke belastingbetaler gepleeg word, ly geen twyfel nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>As teenvoorbeeld vir die sokkersirkus, kan mens die 1995-rugbyw&ecirc;reldbeker voorhou. Elke wedstryd is in bestaande fasiliteite gespeel en niks of bitter min geld is vanuit die land se begroting geneem om enige voorbereidings te finansier. En daarby was die toernooi &#329; klinkende sukses!<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Dieselfde kan helaas nie van die sokker ges&ecirc; word nie, aangesien astronomiese bedrae geld wat beter aangewend kon word vir ander infrastruktuurprojekte (byvoorbeeld ons haglike paaie) nou geneem word vir iets wat later net &#329; wit olifant gaan wees, byges&ecirc; indien die stadions hoegenaamd agterna bruikbaar gaan wees.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Die opgradering van die land se regstelsel om nou skielik misdaad hok te slaan en met wilde<span>&nbsp; <\/span>of verbeeldingryke sewepuntplanne die land se probleme op te los, is nog &#329; teer punt. Feit is dat die regering reeds jare terug geweet het dat hulle nie die stryd teen misdaad wen nie, omdat hulle nie die wilskrag daarvoor het nie. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Waarom word misdaad skielik as probleem uitgewys met minder as twee jaar voor die sokkerw&ecirc;reldbeker ? Wie presies probeer Mbeki en Andr&eacute; Pruis be&iuml;ndruk, en hoekom moet die besoekers se veiligheid gewaarborg word ten koste van van die land se burgers?<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Kan dit dalk die vrae wees van Sepp Blatter en kie, die bewuswording in oorsese lande dat misdaad in SA &#329; probleem is en dat hulle begin bekommerd raak oor die land se stabiliteit? Ons sal nie kan s&ecirc; nie, maar iets is gewis aan die gang en iemand probeer vinnig oorsee indruk maak.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Die feit dat die rugsteun-plan vir 2010 al bespreek is, kan wel iets hiermee te doen h&ecirc;, en die regering moes nou net plan maak, al is dit ook net &#329; plan sonder dade. Hoewel die beoogde sokkerhowe wys dat die belange van die besoeker swaarder weeg as di&eacute; van die land se burgers.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Die regering roem hom op al die geld wat die land met die sokker gaan binnestroom, en dan word daar veral gekyk na die toerismebedryf wat sulke miljoene gaan maak. Ek vra hier die vraag: watse wysheid steek daarin om miljoene te maak as die gasheerland miljarde uitgee om net miljoene te maak? Ek is geen ekonoom nie, maar selfs vir my klink dit te dik vir &#329; daalder.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Ek dink wat wel hier ter sprake is , is dat die regering vergeet om te noem wie die groot geld gaan maak: slegs &#329; bitter klein persentasie mense wat oor die regte kontakte en velkleur beskik. Diegene wat saam met die hoghere mense dink en werk, en vir seker nie die gemiddelde Jan Rap en sy maat nie. En baie beslis nie die arme swart drommels teen wie die regering net so hard diskrimineer nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Ek meen dat meer as 99 % van die land se burgers nie &#329; dooie sent van die beloofde miljoene gaan sien nie, terwyl so &#329; paar Groot Manne lekker gaan lag terwyl die masjiene die stapels geld in bondels aftel. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Die bouwerk van die (onnodige) stadions is nog &#329; verdere punt. Die absolute diskriminasie wat teen blankes toegepas word in die toekenning van kontrakte is nog n rede &#329; rede waarom baie blankes nie die sokker hier wil h&ecirc; nie. Of dan nie sal huil as die sokker sou misluk nie. Die feit dat SEB-maatskappye die werk kry, ongeag of hulle daartoe in staat, aldan nie . <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Die feit dat die regering eerder ons hardverdiende geld aan buitelandse spesialiste en ander sal betaal om iets te verrig wat ons eie bevolking net so goed kon doen, spreek ook boekdele.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Daarby kan mens voeg die voortslepende arbeidsonrus wat die een bouprojek na die ander, wat enersyds die arbeidsituasie in die land weerspie&euml;l en andersyds die gebrek aan enige patriotisme of toewyding van die swart bevolking teenoor die 2010-sokker.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Die oefeninge van veiligheidsmagte wat die veiligheid van sokkertoeriste in stadions moet verseker, en allerhande gebeurlikheidsplanne rondom die stede wat as gasheerstede moet optree, verteenwoordig net nog &#329; verdere mors van geld en dui weereens op die regering se dubbele standaarde. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Waarom moet daar vir een gebeurtenis en een toernooi geoefen word? Hoekom was daar nie reeds gebeurlikheidsplanne wat in elk geval groot insidente en gebeurlikhede gedek het nie &ndash; nie net vir een jaar en doel nie, maar oor die algemeen, soos wat dit behoort te wees?<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Vermoedelik gaan selfs die beste waarmee die regering nou vorendag kom rondom voorsorgmaatre&euml;ls nie heeltemal goed genoeg wees indien daar probleme sou ontstaan nie. Want ongelukkig is dit s&oacute; dat spesialiseenhede nie meer is wat hulle was nie, sonder die deeglikheid en doeltreffendheid van die verlede.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Miskien het Pahad &#329; punt beet as hy s&ecirc; dat baie blanke Suid-Afrikaners wat wel sokker kyk en geniet nie die Bafana ondersteun nie, maar wel oorsese spanne. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Wel, mnr. Pahad, dis &#329; demokrasie. Een wat julle oorgeneem het en julle s&rsquo;n gemaak het, met al sy gebreke wat julle binne &#329; voorheen werkende stelsel veroorsaak het. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Di&eacute; van ons wat wel sokker kyk en volg, het die r&eacute;g om die span van ons keuse te ondersteun, en as dit jou nie pas dit die Bafana nie onder hulle tel nie, jammer ou maat. Maar dis soos dit is. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Die feite spreek weereens vanself. Die oorsese spanne het iets om op trots te wees, &#329; rekord van sukses op die w&ecirc;reldranglys en ook ranglyste wat op die lande self van toepassing is. Wat het die Bafana al bereik? Net mooi niks. Hulle het net die twyfelagtige prestasie dat hulle nie veel vordering maak op sowel die w&ecirc;reldranglys as die Afrikaranglys nie, behalwe ondertoe. Dink jy dit is iets om op trots te wees? Nee wat, ek dink nie so nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span>Dalk moet jy jouself in die toekoms duideliker uitdruk meer duidelik uitdruk as jy weer sulke klagtes in die koerante maak, en nie so dag of twee n&aacute; die tyd kom kla dat jy verkeerd aangehaal is nie. Want die mense sal jou nie altyd vir sulke blapse vergewe nie.<\/span><\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/45-osveshchenie-predmetov-iskusstva\">\u041f\u0420\u0415\u0414\u041c\u0415\u0422\u042b \u0418\u0421\u041a\u0423\u0421\u0421\u0422\u0412\u0410 \u043e\u0441\u0432\u0435\u0449\u0435\u043d\u0438\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3870248\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p align=\"justify\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/johancsw.jpg\" width=\"90\" height=\"120\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Die stelling van Essop Pahad &ndash; dat blankes nie die 2010-sokkertoernooi ondersteun nie &ndash; moes seker lank geneem het om uit te dink. Ek wonder net hoe hy nou skielik by di&eacute; verstommende openbaring uitgekom het? Dat alle blankes dalk nie ten gunste van die 2010-sokker is nie, kan ek heeltemal verstaan. Daar is meer as een rede daarvoor. <\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[83],"tags":[1450,21092,2537],"class_list":["post-2613","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c73-johan-combrinck","tag-johan-combrinck","tag-rubrieke","tag-waarom-blankes-nie-die-2010-sokker-ondersteun-nie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2613","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2613"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2613\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2613"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2613"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2613"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}