{"id":2611,"date":"2008-08-22T04:36:22","date_gmt":"2008-08-22T04:36:22","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2611"},"modified":"2008-08-22T04:36:22","modified_gmt":"2008-08-22T04:36:22","slug":"die-oplossing-vir-misdaad-n-paar-wilde-voorstelle","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2611","title":{"rendered":"Die oplossing vir misdaad, &#8216;n paar wilde voorstelle?"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Die een groot probleem deesdae is dat geen misdadiger werklik aanspreeklik gehou word vir wat hy of sy doen nie. As hulle gevang word, en meer belangrik, suksesvol vervolg word is dit maar net een pad. Tronk toe met tralies wat toeklap agter die oortreder. Daar is hy veronderstel om te boet vir wat hy gedoen het, deur bloot uit die samelewing verwyder te word vir \u2018n tyd lank. En dis net hier wat die probleem begin.<\/p>\n<p> Tyd alleen maak nie alles reg nie. <\/p>\n<p> Die verblyf daar bepaal grootliks of die stap suksesvol was aldan nie. En tans word die tyd wat die misdadiger agter tralies spandeer nie korrek aangewend nie. Wat die staat nie besef nie, is dat hulle met \u2018n onuitputbare bron van arbeid sit en dat hulle dit nie aanwend vir die land nie. Inteendeel, hulle word in geen kapasiteit aangewend behalwe om \u2018n las op die belasting betalers te word nie. Want hulle word geag as mense wat regte het, en behoede jou as jy sou durf waag om hulle regte aan te tas, want die volgende oomblik is die menseregtekommissie op jou. <\/p>\n<p> Die antwoord is eintlik maklik. Daardie kriminele het deur hulle eie aksie hulle regte verbeur deur ander van dieselfde regte te ontneem. Dus is hulle na my mening nie geregtig op enige konsiderasie nie. Geen regte nie en bitter min voorregte, dis al wat hulle behoort te h\u00ea om op staat te maak. Hulle behoort nie eers geken te word in sake wat hulle omstandighede betref nie. Hulle moet doen soos hulle beveel word en dis al. As dinge ongerieflik raak moet hulle dit maar sluk, want dis wat hulle slagoffers moes doen.<\/p>\n<p> En vir sover dit regte en geriewe aangaan behoort hulle slegs die basiese te h\u00ea soos kos en water (waarvoor daar van hulle geld afgetrek word), \u2018n bed en \u2018n dak oor die kop. Enigiets meer as dit is onnodig. Biblioteke, televisie en gereelde besoeke is alles voorregte wat die man bedank het toe hy sy misdaad gepleeg het. Die verskynsel dat mense studeer in die tronk is ook \u2018n onding. Want die persoon is nie daar om vakansie te hou en sy graad klaar te vang nie, hy is daar omrede hy gestraf word, en gratis studie vir \u2018n graad is nie in my o\u00eb gelyk aan straf nie.&nbsp;&nbsp;&nbsp; &nbsp;<\/p>\n<p> Dit is hier wat \u2018n sisteem van restitusie behoort in te tree. \u2018n Sisteem wat waarde aan arbeid heg en wat van die gevangene verwag om volgens sy wandaad arbeid te verrig om die staat en die een wat verontreg is deur sy werk te vergoed. En saam met dit kan mens sover gaan as om te s\u00ea dat hy nie eers geregtig is op voedsel sonder om daarvoor te werk nie. Dit kan verder uitgebrei word na dinge soos mediese behandeling en die onderhoud van die tronke waarin hulle hulself bevind. <\/p>\n<p> Mens kan dalk hier die sisteem uitbrei om die misdadiger wel die voordeel te gee dat as sy familie die bedrag geld kan betaal wat aan sy sosiale skuld gekoppel word dat hy dan as vry man weer die buitelug kan inasem, maar ek dink nie dat dit sal gebeur nie, aangesien die oorgrootte meerderheid van hulle nie daartoe in staat sal wees nie. Daar kan byvoorbeeld ges\u00ea word dat as daar R 100 000 se goed gesteel is dat hy die waarde van R200 000 moet terugwerk, natuurlik met die inagneming van sy daaglikse voedsel en verblyf. Die tipe arbeid kan in verskeie velde aangewend word, van paaie bou tot landbou, daar waar dit op daardie tydstip die nodigste mag wees. <\/p>\n<p> Sommige tonele uit die ou film \u201cCool hand Luke\u201d kom hier in my gedagtes op. Die tyd van \u201cchain gangs\u201d waar almal ewe hard aan die pad help werk terwyl hulle aanmekaar vasgeketting staan, met een gewapende wag wat ogie hou en nie skroom om te skiet as iemand skielik \u201chaasbloed\u201d in sy sisteem ontwikkel nie. (Dis die neiging om te vlug as hy die kans het.)&nbsp; &nbsp;<\/p>\n<p> Of as hy \u2018n groot familie het wat hom vreeslik mis kan hulle maar sy skuld kom help afwerk en hom sodoende gouer uit die tronk uit haal.<\/p>\n<p> Mens kan hier selfs \u2018n addisionele sisteem voorstel. Indien \u2018n persoon \u2018n misdaad gepleeg het en die gemeenskap van die persoon se aksies geweet het, die gemeenskap dalk ook verantwoordelik gehou kan word. En waar daar dan \u2018n soort boete op die gemeenskap gehef kan word. Vir hulle \u201caandeel\u201d in die misdaad omdat hulle nie die daad gestop het of die persoon aangegee het by die owerhede nie. &nbsp;<\/p>\n<p> Dan sal daar die situasies wees waar mens nie dit kan vervang wat geneem is nie, soos lewe en gesondheid. Dit maak dinge so \u2018n entjie moeiliker. Daar sal die keuse moet begin inkom van doodstraf of lewenslank werk vir iets wat hy nie kan terug gee nie. Persoonlik is ek voorstaander van doodstraf. Daar bestaan wel \u2018n ander opsie, en ek dink dit kan ook baie van ons probleme oplos as dit reg benader kan word. <\/p>\n<p> Die eerste opsie vir die misdadigers sal wees om goudmyners te word, maar dit sal nie die vorm van \u201cveilige\u201d werk wees wat in georganiseerde mynbou aangetref word nie. Hulle sal die plek van die sogenaamde \u201czama-zama\u2019s\u201d inneem, \u2018n werk wat in elk geval op onwettige wyse gedoen word, deur onwettige werkers, diewe, as mens dit so eenvoudig stel. Die tipe straf kan dan meer as een voordeel inhou. In die eerste plek sal die persoon wat homself die straf op die hals haal risiko dra, en in die tweede plek sal die persoon konstruktief besig gehou word op so manier dat die land en die samelewing voordeel trek uit sy aksie uit. <\/p>\n<p> Die voordeel van die tweede punt sal veroorsaak dat daar heelwat myne wat tans as amper onontginbaar beskou word, weer oopgestel kan word sodat die goud wat in moeilik ontginbare are is ook uitgehaal kan word. \u2018n Verdere voordeel van hierdie tipe mynwerk is dat die myn nie teen astronomiese koste bedryf hoef te word nie, maar teen die minimum koste, amper net genoeg krag om die waaiers aan die gang te hou wat genoeg vars lug ondergronds moet inpomp. <\/p>\n<p> Hoewel die konsep van mynwerk onder die omstandighede dalk uiters wreed en barbaars van my mag klink is dit een manier om van die arbeid wat sit en sleg wees in die tronke gebruik te maak. En as die \u201cbleeding hearts\u201d brigade daaroor wil kla, moet hulle dink aan die ander opsie \u2013 doodstraf \u2013 kort en kragtig.&nbsp; &nbsp;<\/p>\n<p> Die ou dae van slaweskepe klink dalk nie na so slegte idee nie, siende dat ons op die donker kontinent woon. Ek glo dis nie onmoontlik om met min moeite so paar groot vragskepe om te bou na tronkskepe nie, wat dan gebruik kan word om gevangenes en hulle families (opsionele ekstra) te neem na elders ver van hier. &nbsp;<\/p>\n<p> Die buiteland moet hier intree en dan voor \u2018n keuse gestel word, indien hulle vir die persoon se regte meer omgee as vir die van die slagoffer van die misdaad moet hulle dan bereid wees om die persoon as burger van hulle regsisteem oor te neem, waarna hy dan met sy hele uitgebreide familie op \u2018n skip gesit word en gepos word na die land wat ges\u00ea het dat sy regte onaantasbaar is. Indien hulle nie bereid is om ons probleempie oor te neem nie, (wat natuurlik die standaard antwoord sou wees) moet die persoon tereggestel word sonder dat daar enige geweeklaag is oor die persoon se reg tot lewe wat hom ontneem word. <\/p>\n<p> Siende dat Australi\u00eb sy ontstaan te danke het aan die Britte se wonderlike gewoonte om misdadigers per skip na die wilde, woeste land te stuur, dink ek dat Brittanje dalk net die aangewese plek sou wees om ons van die kriminele elemente te verlos, aangesien hulle so verlig was om ons ou beleid van doodstraf te kritiseer. <br \/> Verder is Brittanje ook die een om te bedank in \u2018n groot mate vir die gemors wat ons nou mee moet sit. Misdaad sonder keer. Dus is dit niks minder as regverdig dat hulle help dra aan die las waaronder hulle ons geplaas het nie. <\/p>\n<p> Ek dink dat selfs Amerika ook \u2018n deel van die skuldlas behoort te dra, net vir hulle histeriese geraas oor ons kwansuis so onderdrukkend was. Maar veral omdat hulle ook van ons grootste kritici is wat betref die stygende misdaadsyfers. Terwyl hulle met geen werkende oplossings vir ons probleem na vore kan kom nie. En dit van \u2018n land wat in \u2018n paar van die deelstate self nog die doodstraf toepas. <\/p>\n<p> Ek besef dat wat ek hierbo noem verbeeldingsvlugte is, maar dat daar wel meriete aan is kan nie ontken word nie. Wel, tot ons iets beters as die huidige sisteem het kan ons maar net hoop dat dinge \u00earens vorentoe sal verbeter.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/category\/lestnitsyi-i-podokonniki\/\">\u043d\u0430 \u0442\u0435\u0442\u0438\u0432\u0430\u0445<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/declarations.com.ua\/declaration\/vulyk_16_128\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\"><!--[if gte mso 9]><xml> <w:WordDocument> <w:View>Normal<\/w:View> <w:Zoom>0<\/w:Zoom> <w:PunctuationKerning \/> <w:ValidateAgainstSchemas \/> <w:SaveIfXMLInvalid>false<\/w:SaveIfXMLInvalid> <w:IgnoreMixedContent>false<\/w:IgnoreMixedContent> <w:AlwaysShowPlaceholderText>false<\/w:AlwaysShowPlaceholderText> <w:Compatibility> <w:BreakWrappedTables \/> <w:SnapToGridInCell \/> <w:WrapTextWithPunct \/> <w:UseAsianBreakRules \/> <w:DontGrowAutofit \/> <\/w:Compatibility> <w:BrowserLevel>MicrosoftInternetExplorer4<\/w:BrowserLevel> <\/w:WordDocument> <\/xml><![endif]--><!--[if gte mso 9]><xml> <w:LatentStyles DefLockedState=\"false\" LatentStyleCount=\"156\"> <\/w:LatentStyles> <\/xml><![endif]--> <!--  \/* Style Definitions *\/  p.MsoNormal, li.MsoNormal, div.MsoNormal \t{mso-style-parent:\"\"; \tmargin:0cm; \tmargin-bottom:.0001pt; \tmso-pagination:widow-orphan; \tfont-size:12.0pt; \tfont-family:\"Times New Roman\"; \tmso-fareast-font-family:\"Times New Roman\";} @page Section1 \t{size:612.0pt 792.0pt; \tmargin:70.85pt 70.85pt 70.85pt 70.85pt; \tmso-header-margin:36.0pt; \tmso-footer-margin:36.0pt; \tmso-paper-source:0;} div.Section1 \t{page:Section1;} --> <!--[if gte mso 10]> <![endif]-->Die oggendlug is skerp-vars, terwyl ek voor die rekenaar sit en werk. Die nuus dat ons land se vrye grond dalk nog 500 addisionele misdadigers moet dra in die gemeenskap is iets wat in my kop rondmaal. Dit kan net nie so aanhou nie. Daar moet \u00earens \u2018n oplossing wees. Dis toe wat ek die aha-ervaring kry, soos vars oggendlug in die winter wat mens se kop kom oopmaak.<\/div>\n<p><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\">\u00a0<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[84],"tags":[2535,21106,2534,1487],"class_list":["post-2611","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c75-sokrates-de-wet","tag-n-paar-wilde-voorstelle","tag-s33-blok","tag-die-oplossing-vir-misdaad","tag-sokrates-de-wet"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2611","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2611"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2611\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2611"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2611"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2611"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}