{"id":26097,"date":"2014-07-30T09:01:41","date_gmt":"2014-07-30T07:01:41","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=26097"},"modified":"2014-07-30T09:19:47","modified_gmt":"2014-07-30T07:19:47","slug":"business-day-resensent-loof-boerehaatboek-oor-abo","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=26097","title":{"rendered":"Business Day-resensent loof Boerehaatboek oor ABO"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Resensent in die <em>Business Day<\/em> wat deesdae al hoe meer anti-Afrikaans raak, het gister die nuwe boek deur Chris Ash,<em> Kruger, kommandos &amp; kak <\/em>opgehemel vir die &#8220;nuwe perspektief&#8221; wat dit op &#8216;n &#8220;gemitologiseerde oorlog&#8221; bied.<\/p>\n<p>Volgens Maarten Mittner, die resensent, &#8220;sal Steve Hofmeyr nie van die boek hou nie&#8221;, weens die pro-Britse standpunte daarin. Oor Rhodes s\u00ea Mittner:<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/krugerkommandos.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-medium wp-image-26099\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/krugerkommandos-202x300.jpg\" alt=\"krugerkommandos\" width=\"202\" height=\"300\" \/><\/a>&#8220;Anders as die skurk waarvoor hy so dikwels voorgehou word, beskryf Ash Rhodes as veel meer van &#8216;n taktikus en subtiele strateeg as &#8216;n grondgryper, in weerwil van sir Leander Starr Jameson se ongelukkige inval in die Transvaal in 1896. Ash se siening, dat Rhodes en die mynmagnate nie die oorlog wou gehad het nie, het sekere akademici ontstel.&#8221;<\/p>\n<p>Ash pak die skuld vir die oorlog op Paul Kruger en die &#8220;aggressiewe&#8221; Transvaal. Kennelik het hy niks gelees van Jan Smuts en Paul Kruger se verbete pogings in die tent by Bloemfontein in 1899 om Milner te oorreed om nie met sy oorlogsplanne voort te gaan nie. Selfs Smuts, wat later so anglofiel geraak het, het vermeld dat daar geen salf aan Milner te smeer was nie en dat hy die oorlog w\u00f3\u00fa ontketen, kom wat wil.<\/p>\n<p>Die Afrikaanse historikus, Fransjohan Pretorius, het vroe\u00ebr vandeesweek in sy resensie bevind dat, as gevolg van die vele mistastinge en gebreke in die boek &#8220;daar een waar woord in die titel&#8221; is. Pretorius skryf:<\/p>\n<div id=\"widget_53d895b297929\" class=\"article_widget textblock pos-fill\">\n<div class=\"text_block\">\n<blockquote><p>Die skrywer, \u2019n Skot, het hierdie boek geskryf omdat hy \u2019n weersin het in dronk, onkundige Afrikaners wat in kroe\u00eb aan hom vertel \u201choe die Boere die Britte opgefoeter het en Boerevroue en -kinders in die konsentrasiekampe vermoor is\u201d.<\/p>\n<p>Dit is \u2019n alternatiewe geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog om sake reg te stel. Soos die subtitel dui: \u201cDebunking the Myths of the Boer War\u201d. Dat hy in die proses \u2019n spektakel van homself maak, gaan hom heeltemal verby.<\/p><\/blockquote>\n<\/div>\n<\/div>\n<div id=\"widget_53d895b297b5f\" class=\"article_widget textblock pos-fill\">\n<div class=\"text_block\">\n<blockquote><p>Die historiese metode vereis dat die historikus sy bronne krities benader. Wat wou! Ash aanvaar kritiekloos Britse jingo-bronne voor 1902, soos Creswicke, H.W. Wilson en Rider Haggard, vir sy siening van die Boere, maar hy is skokkend beledigend teenoor gerespekteerde historici soos Rodney \u00adDavenport, Leopold Scholtz, Iain Smith, Bill Nasson en Thomas \u00adPakenham.<\/p>\n<p>Daar is 15 hoofstukke oor die verloop van die oorlog, die verskroeideaardebeleid, konsentrasiekampe, Boeregeneraals, die \u201csuperhuman\u201d- Boer en swart betrokkenheid.<\/p>\n<p>Sy vooroordeel en onvermo\u00eb om die kompleksiteit in die geskiedenis raak te sien, maak dat hy \u2019n prentjie skets van bose Boere en brawe Britte. President Paul Kruger het met sy \u201cviolent conquest\u201d die Anglo-Boereoorlog veroorsaak, terwyl Britse imperialisme \u2019n welwillende krag was wat slegs gebiede geannekseer het wanneer die swart inwoners Britse beskerming teen die Boere gesoek het.<\/p>\n<p>Die Boere word veroordeel dat hulle die Pedi aangeval het, maar die Britte mag dieselfde doen en bowendien Zoeloe, Griekwa en Basotho se grondgebied annekseer.<\/p>\n<p>Die Britse Intelligensiediens mag sedert 1896 heimlik inligting in die ZAR insamel en \u2019n geheime verslag saamstel vir milit\u00eare doeleindes, maar die spioenasie van die Boere se Geheime Dienst in die Britse kolonies bewys Kruger het uitbreidingsoogmerke gehad. Die Boere het met hul inval in die Kaapkolonie gebiede geannekseer, wat hul uitbreidingsoogmerke bewys, maar dat dieselfde argument uitgemaak kan word vir lord Roberts se anneksasie van die Vrystaat en die ZAR, ontgaan die skrywer.<\/p>\n<p>Hy veroordeel gevalle (en maak asof dit deur historici verswyg word) waar die Boere private eiendom plunder, die wit vlag misbruik en dumdumpatrone gebruik, maar hy swyg oor soortgelyke Britse optrede.<\/p>\n<p>Onkundig is die opmerking dat die Transvalers lank voor die Jameson-inval met \u2019n bewapening gekom het (en dus bewys dat Kruger die oorlog veroorsaak het). Na regte het die ZAR-regering n\u00e1 die Jameson-inval ontdek dat 41% van sy burgers geen gewere besit nie, die res was verouderd. T\u00f3\u00e9 eers het die ZAR-regering sy burgers op groot skaal begin bewapen.<\/p>\n<p>Ook sy hantering van die konsentrasiekampe is deurspek met feitefoute, vooroordeel en onkritiese gebruik van bronne. Voorspelbaar vereenselwig hy hom met Elizabeth van Heyningen se geloof in die Britse Blouboeke (gepubliseerde regeringsdokumente) en haar standpunte oor die konsentrasiekampe (\u201cdie meerderheid inwoners was bywoners\u201d). Ash se versuim om S.B. Spies se <i>Methods of Barbarism?<\/i> te raadpleeg, maak sy aannames verdag. Skouerophalend verklaar hy: \u201cTo this day people die of natural causes in hospitals.\u201d Hy begryp nie dat die sterftes in die eerste plek voorgekom het vanwe\u00eb die gebrekkige administrasie van die Britse le\u00ebrleiding nie. Emily Hobhouse se rol om die bestaan van die kampe en die haglike toestande in Brittanje te openbaar, en s\u00f3 die weg tot die aanstelling van die Dameskomitee en die gevolglike verbetering van die kampadministrasie te open, is ook vir hom geen begrip nie.<\/p>\n<p>Ash se argument dat Britse soldate eweseer aan siekte gesterf het as die inwoners van die konsentrasiekampe, hou nie steek nie \u2013 feit is dat 14\u2009000 uit 450\u2009000 Britse soldate aan siekte oorlede is, teenoor 28\u2009000 sterftes uit 110\u2009000 inwoners in die wit konsentrasiekampe. Hy beweer die wit kampinwoners se rantsoene was beter as di\u00e9 van die Britse soldate \u2013 maar kampinwoners het n\u00e1 verhoogde rantsoene in Maart 1901 elk \u2019n half pond (dikwels oneetbare) vleis per dag gekry, teenoor die Britse soldaat se twee pond vleis.<\/p>\n<p>Die Boere se \u201cmoenie\u201d en die Britte se \u201cmag maar\u201d duur voort: Boere-simpatiseerders soos Olive Schreiner is verblind deur hul irrasionele haat vir die Britse ryk, maar die Britse jingo\u2019s se haat en minagting vir die Boere is volkome in orde. Boere wat die wapen aan Britse kant opneem, is verstandig, maar Britte wat die Boerekant ondersteun, is \u201ctreacherous and \u00adloathsome renegades and extremists\u201d. Tereg wys Ash daarop dat Boeregeneraals soos Cronj\u00e9, Snyman en Erasmus power was, maar hy weerhou kritiek op ewe-vrotsige Britse generaals, soos Buller aan die Natalse front, \u00adClements en Colvile (wat hy ophemel en wie se van hy verkeerd spel).<\/p>\n<p>Sonder bewyse (en verkeerdelik) voer hy aan dat die meeste bittereinder-Boere die armste en mees ongeskoolde burgers was, \u201cessentially White Trash\u201d. Baie van hulle was \u201ca less pleasant bunch\u201d en \u201ccommon criminals\u201d, en hul aktiwiteite \u201cpure banditry\u201d. En die Boere se guerrilla-optrede? \u201cAs long as they stayed hidden and managed to shoot a po\u00adliceman, murder some Africans or blow up a railway line now and again, the conflict dragged on.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Met die herskrywing van die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat tans onder die ANC-bewind aan die gang is, moet nie net Joe Slovo en sy Kommunisteparty, of ANC-Winnie Mandela en haar halssnoerbendes nie, maar ook Rhodes, Milner, Roberts en Kitchener, as helde uit die stryd tree.<\/p>\n<\/div>\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Resensent in die Business Day wat deesdae al hoe meer anti-Afrikaans raak, het gister die nuwe boek deur Chris Ash, Kruger, kommandos &amp; kak opgehemel vir die &#8220;nuwe perspektief&#8221; wat dit op &#8216;n &#8220;gemitologiseerde oorlog&#8221; bied. Volgens Maarten Mittner, die resensent, &#8220;sal Steve Hofmeyr nie van die boek hou nie&#8221;, weens die pro-Britse standpunte &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=26097\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Business Day-resensent loof Boerehaatboek oor ABO&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[96,7],"tags":[5583,17416,17417,17419,17418,10434,8961,17420],"class_list":["post-26097","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c87-boeke","category-s27-vermaak","tag-anglo-boereoorlog","tag-chris-ash","tag-fransjohan-pretorius","tag-kruger","tag-kruger-kommandos-kak","tag-milner","tag-rhodes","tag-roberts"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26097","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26097"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26097\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26097"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26097"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26097"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}