{"id":26066,"date":"2014-07-29T08:43:54","date_gmt":"2014-07-29T06:43:54","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=26066"},"modified":"2014-07-29T09:15:34","modified_gmt":"2014-07-29T07:15:34","slug":"zuma-na-vsa-om-boko-haram-te-bespreek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=26066","title":{"rendered":"Zuma na VSA om Boko Haram te bespreek"},"content":{"rendered":"<p>Pres. Jacob Zuma en ander Afrika-leiers sal volgende week met pres. Barack Obama van Amerika vergader te midde van aanduidings dat Amerikaanse invloed op die vasteland onder druk verkeer.<\/p>\n<p>Die VSA se ondersteuning &#8211; die enigste waarop Israel kan staatmaak &#8211; vir die aanval op Gasa het Amerika heelwat kritiek op die hals gehaal.<\/p>\n<p>Zuma sal &#8216;n Suid-Afrikaanse afvaardiging lei na die eerste Amerika-Afrika-leiersberaad (USALS) wat aan die begin van Augustus in Washington plaasvind.<\/p>\n<p>Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het Maandag in Pretoria ges\u00ea &#8220;handelsooreenkomste&#8221; tussen Suid-Afrika en Amerika sal bespreek word, asook &#8220;politiek&#8221;.<\/p>\n<p>Di\u00e9 byeenkoms kom nadat Obama verlede jaar met sy besoek aan Suid-Afrika en Afrika verskeie staatshoofde daarheen genooi het.<\/p>\n<p>Davies het ges\u00ea die &#8220;politiek van vrede, sekuriteit en demokrasie&#8221; sal bespreek word.<\/p>\n<p>&#8220;En daar is &#8216;n aantal bekommernisse wat ons deel. Veral die kwessie van ekstremistiese groepe regoor Afrika, soos Boko Haram in Nigeri\u00eb.<\/p>\n<p>&#8220;&#8216;n Aantal van ons het daarom besluit om die W\u00eareld Ekonomiese Forum in Abudja [Nigeri\u00eb] by te woon, as &#8216;n teken dat ons sake- en ekonomiese kwessies as fundamenteel beskou.<\/p>\n<p>&#8220;Ons wou wys dat ons nie afgesit of ge\u00efntimideer sal word deur ekstremistiese groepe nie.&#8221;<\/p>\n<p>Boko Haram het na bewering skoolmeisies ontvoer wat deur die Amerikaanse mediamonopolie as &#8216;n dringende kwessie aangegryp is. Dit het later geblyk dat die video <a href=\"http:\/\/www.bpnews.net\/42574\/boko-haram-video-of-girls-believed-fake\">vervals <\/a>is.<\/p>\n<p>Of die ontvoering wel plaasgevind het, is deur sommige mediabronne bevraagteken.<\/p>\n<p>&#8220;Ten spyte van al die dringende nuus en voorspraak [vir die meisies wat verdwyn het], egter, is dit die basiese feite wat steeds vermis word. Dit is onduidelik hoeveel meisies ontvoer is, wie hulle is, wie dit gedoen het, op watter tydstip, en presies hoe,&#8221; het die <em>Christian <\/em><em>Science <\/em><em>Monitor <\/em>vroe\u00ebr berig.<\/p>\n<p>Intussen is &#8216;n motorbomaanvaller wat &#8216;n popul\u00eare politieke leier wou vermoor verlede week noord van Abuja aangekeer. Die man wat soos &#8216;n vrou vermom was, het uit die plofstofbelaaide motor gerol net voordat dit ontplof het en talle lewens ge\u00ebis het. Die politieke leier was ongedeerd na die aanslag.<\/p>\n<p>Inwoners van die gebied is ontstoke en ontleders meen sy dood sou tot groter geweld kon gelei het, aangesien inwoners president Goodluck Jonathan aanspreeklik sou gehou het.<\/p>\n<p>Die bomaanvaller is deur die owerhede in hegtenis geneem wat ges\u00ea het die man was baie professioneel vermom, met &#8216;n gesig wat ook vir die van &#8216;n vrou aangesien kan word en allerlei bykomstighede wat besonder goed uitgekies is om te mislei.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Pres. Jacob Zuma en ander Afrika-leiers sal volgende week met pres. Barack Obama van Amerika vergader te midde van aanduidings dat Amerikaanse invloed op die vasteland onder druk verkeer. Die VSA se ondersteuning &#8211; die enigste waarop Israel kan staatmaak &#8211; vir die aanval op Gasa het Amerika heelwat kritiek op die hals gehaal. Zuma &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=26066\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Zuma na VSA om Boko Haram te bespreek&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[16712,9397,2686,2848,321],"class_list":["post-26066","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-boko-haram","tag-nigerie","tag-obama","tag-vsa","tag-zuma"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26066","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26066"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26066\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26066"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26066"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26066"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}