{"id":26039,"date":"2014-07-28T08:04:17","date_gmt":"2014-07-28T06:04:17","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=26039"},"modified":"2014-07-28T19:46:34","modified_gmt":"2014-07-28T17:46:34","slug":"libie-as-kerkhof-van-amerikaanse-universele-waardes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=26039","title":{"rendered":"Libi\u00eb, kerkhof van Amerikaanse &#8216;universele waardes&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Die Amerikaanse seesoldate het in Maart gekraai dat hulle die weghol-olietenkskip met die naam <em>Morning Glory<\/em> aan die Libiese regering terugbesorg het, nadat di\u00e9 Noord-Koreaanse tenker olie by &#8216;n terminaal kom oplaai het wat hulle van &#8216;n rebellegroep gekoop het.<\/p>\n<p>Die transaksie staan duidelik nie in die Amerikaanse re\u00eblboek wat bepaal dat alles aan die VSA behoort nie.<\/p>\n<p>Die herowering van die <em>Morning Glory<\/em> is die minste van die probleme waarmee Libi\u00eb te kampe het. Dit blyk nou dat die VSA asook die EU hul diplomatieke personeel verlede week ontruim het uit Libi\u00eb want dit het te gevaarlik geraak met konflik wat die land oorspoel het.<\/p>\n<p>Drie jaar gelede het President Obama verklaar dat Amerika &#8220;nie net sal bly toekyk \u200b\u200bin die aangesig van die aksies wat globale vrede en veiligheid ondermyn nie,&#8221; en sommer die volgende dag die land onder &#8216;n bommere\u00ebn laat verkrummel as &#8220;steun vir &#8216;n stel universele waardes&#8221;.<\/p>\n<p>Hoe het di\u00e9 plan toe gewerk? Pragtig! het een van die vernaamste argitekte van die oorlog, die VSA se ambassadeur by die Veiligheidsraad Samantha Power aanvanklik getwiet. Sy het kort na die vernietigende bombardement haarself trots na Twitter gewend met &#8220;#Results&#8221; [resultate] want die &#8220;Libiese volk is nou verenig&#8221;.<\/p>\n<p>Hillary Clinton was nog meer in haar noppies en het by Rome en Julius Caesar gaan leen toe sy laggend verklaar het: &#8220;Ons het gekom, ons het gesien, hy&#8217;s dood.&#8221; Sy het natuurlik na Moeammar Gaddafi verwys wat die VSA voor televisiekameras boendoehofstyl laat vermoor het sonder verhoor.<\/p>\n<p>Dat sulke optrede voldoen aan navolgingswaardige &#8220;universele waardes&#8221;, is om die minste te s\u00ea werklikheidsvreemd.<\/p>\n<p>Die Amerikaanse top-amptenare is deesdae ook aktiviste wat versot is op hutstekenveldtoggies en openlike minagting vir oordeelkundige studie van grondkwessies het.<\/p>\n<p>Omdat hulle die hoofstroommedia beheer, meen Washington hul eie werklikheid kan gevestig word met &#8216;n paar welklinkende frases sonder om begaan te wees oor gevolge.<\/p>\n<p>Binne twee jaar is meer as 100 prominente figure, senior sekuriteitsamptenare, regters en politieke aktiviste deur die VSA laat vermoor. Die golf moorde wat die plaaslike leierskap uitgewis het en die regering en die veiligheidsmagte verlam het, het tot chaos gelei en Libi\u00eb se olieproduksie byna tot &#8216;n stilstand gedwing.<\/p>\n<p>U en ek het daarvoor betaal by die vulstasie.<\/p>\n<p>Beeld het ook gretig oor die NAVO-ingryping berig, alhoewel hulle eers Libi\u00eb en Liberi\u00eb verwar het. Leopold Scholtz het smalend na Suid-Afrika se &#8220;mislukte bemiddelingspoging om \u2019n einde aan die burgeroorlog in Libi\u00eb te maak&#8221; verwys.<\/p>\n<p>Die &#8220;spesmagte se rol agter die skerms&#8221; deur NAVO wat die &#8220;diktatuur van kol. Moeammar Ghaddafi na die afgrond dryf&#8221;, het hy dronk van bewondering geprys.<\/p>\n<p>&#8220;Die groot sukses wat die lugaanvalle behaal het, volgens Navo-syfers is 890 doelwitte,&#8221; het Poldi jubelend die stelselmatige vernietiging afgetel. Vir &#8216;n Apartheidsapparatsjiek wat so graag dooies tel, is dit verbasend dat Scholtz nog nie opgemerk het wat op plase hier op sy agterstoep aangaan nie.<\/p>\n<p>Dit was ten minste die tweede onlangse volksmoord na Irak, want Libi\u00eb tel nie as &#8216;n &#8220;oorlog&#8221; nie. Dit was &#8216;n &#8220;humanit\u00eare&#8221; ingryping deur NAVO. Die VSA het hul besluit verdedig omdat hulle &#8220;duisende mense se lewens gered het&#8221;.<\/p>\n<p>Behalwe dat dit nie &#8216;n wettige argument is nie, is dit ook nie waar nie. Obama moes &#8216;n humanit\u00eare bedreiging versin om milit\u00eare optrede in Libi\u00eb te regverdig.<\/p>\n<p>Obama en NAVO het nie alleen toegekyk hoe vrede en veiligheid in Libi\u00eb ondermyn word nie, hulle het doelbewus aktief meegehelp en vandag is die &#8220;#Results&#8221;, resultate daar vir die w\u00eareld om te aanskou. Skrikwekkend.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Amerikaanse seesoldate het in Maart gekraai dat hulle die weghol-olietenkskip met die naam Morning Glory aan die Libiese regering terugbesorg het, nadat di\u00e9 Noord-Koreaanse tenker olie by &#8216;n terminaal kom oplaai het wat hulle van &#8216;n rebellegroep gekoop het. Die transaksie staan duidelik nie in die Amerikaanse re\u00eblboek wat bepaal dat alles aan die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=26039\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Libi\u00eb, kerkhof van Amerikaanse &#8216;universele waardes&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50,11],"tags":[10964,14666,17399,17398,11396],"class_list":["post-26039","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","category-s7-menings","tag-libie","tag-president-obama","tag-samantha-power","tag-universele-waardes","tag-veiligheidsraad"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26039","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26039"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26039\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26039"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26039"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26039"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}