{"id":26028,"date":"2014-07-26T10:45:21","date_gmt":"2014-07-26T08:45:21","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=26028"},"modified":"2014-07-26T10:52:44","modified_gmt":"2014-07-26T08:52:44","slug":"gelyker-as-jy","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=26028","title":{"rendered":"Gelyker as jy"},"content":{"rendered":"<p>deur Karel Combrinck<\/p>\n<p>Van al die dooie katte wat deur die Franse Rewolusie aan ons nagelaat is, is die konsep van gelykheid een van die onwelriekendste. &#8216;n Groot aantal dooie mense is ook nagelaat deur daardie glorieryke gebeurtenis, maar kom ons bepaal ons vireers by hierdie besondere kat.<\/p>\n<p>Ons word daagliks gebombardeer met gelykheidspropaganda van allerlei aard, dermate dat ons net kan hoop, in die woorde van Shakespeare, <em>that surfeit the appetite may sicken and so die.<\/em><\/p>\n<p>Regstellende aksie, Swart ekonomiese bemagtiging, Transformasie, Positiewe diskriminasie, alles eufemismes vir omgekeerde rassisme en &#8216;n program om wittes te tap en uit te mergel. Asof daar iets soos \u00ab positiewe \u00bb diskriminasie kan wees. Hoekom dan nie sommer positiewe diefstal, positiewe moord, positiewe verkragting, positiewe onbevoegdheid en positiewe korrupsie ook nie ?<\/p>\n<p>In die nastrewe van \u00abgelykheid\u00bb word witmense in Amerika, daardie vesting van vryheid, asook in Suid\u00adAfrika (sy klakkelose skoothondjie) universiteitstoelating geweier ten gunste van swartes; d\u00edt natuurlik sonder inagname van verdienste. Van die feit dat hierdie soort praktyk op die langeduur glad nie in die belang van swartes is nie, eerder die teendeel, is die ideolo\u00eb skynbaar salig onbewus.<\/p>\n<p>Onthou u nog die <em>school busing<\/em> in die VSA ? Gedurende die sewentiger- en tagtigerjare en selfs nou nog, word skoolkinders oral in Amerika soos troppe ganse met busse aangery van bakboord na stuurboord na swart skole sodat almal \u00abgelyk\u00bb kan wees. Dis natuurlik &#8216;n gesonde beginsel van onderwysadministrasie om kinders te laat skoolgaan in die skool die naaste aan hulle woonplek.<\/p>\n<p>Nog beter sou wees om hulle te huisves in die skool van hulle keuse. Maar nie in Amerika nie, die sg \u00abmees vrye\u00bb land. Vry, maar die willose slaaf van ideologie.<\/p>\n<p>Om besorg te wees oor ons minder bevoorregte broers en iets daaromtrent te doen, is goeie Christenmoraliteit. Die minder bevoorregte broers hoef natuurlik nie noodwendig swart, soos baie weldoeners skynbaar dink, te wees nie. Die einddoel hoef ook nie te wees om almal gelyk te maak nie. In die hande van politici, ideologies gedrewe akademici en joernaliste, met hulle betaalmeesters in die finansi\u00eble w\u00eareld, word sulke besorgdhede snel verwring tot sinisme, eiebelang en geveinsdheid. Om geld uit staatsfondse in die naam van gelykheid en geregtigheid te pomp na die sakke van die massas in die derde w\u00eareld is &#8216;n handige manier om markte te skep vir verbruikersgoedere en sodoende die rykes verder te verryk ten koste van die belastingbetaler. Iewers langs die pad het filantropiese en handelsoorwegings deurmekaar begin loop. Die \u00abregte\u00bb ding word gedoen ten einde daaruit wins te maak.<\/p>\n<p>Daar is diegene wat ons graag wil laat glo dat die ideologie van gelykheid christelik van oorsprong is. Christus het wel ges\u00ea : \u00abVerkoop alles wat jy het, gee dit vir die armes en volg my\u00bb. Die belangrike punt hier is egter nie \u00abgee vir die armes\u00bb nie, maar \u00abvolg my\u00bb. Hy het wel bedelaars en kreupeles liefgehad (of moet ons liewer die eufemismes gebruik?) en so ook die rykes en die armes en die slegte vrou. Hy het selfs die belastinggaarder liefgehad en dit wil gedoen wees! Daar is egter geen aanduiding dat Hy &#8216;n soort sosiale rewolusie wou ontketen en almal wou omvorm tot &#8216;n amorfe, massa insekte nie. Het Hy dan nie self \u00earens ges\u00ea nie, \u00abDie armes sal julle altyd by julle h\u00ea\u00bb. Feite van die lewe! Daar is sterk aanduidings vandag dat die kerke eerder &#8216;n blaadjie uit die boek van die gelykheids- sosiale rewolusie wil neem as andersom. Vir die Christen is die ideale koninkryk waar ons almal voor God gelyk sal wees, in die hiernamaals. Vir die sosiale rewolusion\u00ear en die marxis is daar geen hiernamaals nie en moet die ideale koninkryk hier en nou geskep word. Dis &#8216;n verskil wat nooit uit die oog verloor moet word nie.<\/p>\n<p>Daar is in elk geval geen aanduiding dat grootboetieregerings die rol van indiwidue moes oorneem en naasteliefde namens hulle moes beoefen nie. Naasteliefde en omgee vir ander is streng beperk tot verhoudings tussen indiwidue en sulke verantwoordelikhede kan nie aan die staat gedelegeer word nie. Die oogmerk van die Christelike leer is nie om aan indiwidue &#8216;n voorwendsel te verleen om hulle hande in onskuld te was en hulle verantwoordelikhede aan die staat oor te maak nie.<\/p>\n<p>Ons weet almal wat geword het van die poging om &#8216;n gelyke staatsoorheerste samelewing in die Sowjetunie tot stand te bring: Geen vryheid, geen ekonomiese vooruitgang, hongersnood, korrupsie, verdrukking, miljoene dooies. Die kommunisties ge\u00ebinspireerde stelsel in Suid\u00ad-Afrika lyk vasberade om hierdie katastrofiese eksperiment voort te sit, maar minstens is hulle geslepe genoeg om &#8216;n mate van ekonomiese vryheid toe te laat vir &#8216;n handjie vol skeppende en produktiewe mense. Daar moet ten slotte &#8216;n belastingkoei wees om te melk sodat die vetkatte kan floreer en &#8216;n <a title=\"Dronk, antiblanke regter ontvang steeds salaris al werk hy nie\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=25889\">regter<\/a> sewe jaar lank sy volle salaris kan trek sonder om &#8216;n vinger te verroer en &#8216;n hoof van die SABC &#8216;n salaris van 2,5 miljoen rand kan \u00abverdien\u00bb sonder matriek en sodat ministers plase verniet kan kry waar hulle diere van verwaarlosing vrek.<\/p>\n<p>Agter die rookskerm van stories oor die regstelling van \u00abongeregtighede\u00bb van die verlede, dring \u00abontluikende\u00bb lande knaend daarop aan dat ontwikkelde lande hulle ekonomie\u00eb moet rugsteun ten einde ongelykhede tussen die eerste en die derde w\u00eareld uit te stryk. (Lees: pasellas uit te deel aan die vetkat- regerende elite.) Tog is daar geen groter ongelykheid as binne hierdie \u00abontluikende\u00bb lande self nie. Klein klieks met politieke mag in die hande word fabelagtig ryk binne die bestek van enkele jare soos sedert 1994 in Suid\u00adAfrika gebeur het, terwyl die massas, wat hulle so histeries op die hande dra, hoegenaamd nie \u00abontluik\u00bb nie en trouens steeds net nog armer word. Die vooruitsig dat die demokratiese utopie die towermiddel sou wees om die verwagtings van die massas te bevredig, was toe ook maar &#8216;n mite.<\/p>\n<p>In hulle soeke na gelykheid, strewe die ideolo\u00eb konsekwent na gemiddeldheid (mediocrity). Uitnemendheid is byna &#8216;n vloekwoord. In sommige lande is daar agitasie dat skoolkinders nie meer eksamens moet skryf nie en wanneer hulle dan wel eksamens skryf, moet die uitslae nie bekend gemaak word nie omdat dit \u00abongelykheid\u00bb in die hand sal werk ; &#8216;n sprekende voorbeeld van die neiging van ideolo\u00eb om wanneer die feite nie met hulle obsessies strook nie, die feite \u00abreg\u00bb te maak, te verwring of toe te smeer.<\/p>\n<p>Uiteindelik bly die ideologie van \u00abgelykheid\u00bb en \u00abgelykmaking\u00bb, beoefen as as &#8216;n soort van religie, net maar die doodste van alle katte.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Karel Combrinck Van al die dooie katte wat deur die Franse Rewolusie aan ons nagelaat is, is die konsep van gelykheid een van die onwelriekendste. &#8216;n Groot aantal dooie mense is ook nagelaat deur daardie glorieryke gebeurtenis, maar kom ons bepaal ons vireers by hierdie besondere kat. Ons word daagliks gebombardeer met gelykheidspropaganda van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=26028\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Gelyker as jy&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[17285,10],"tags":[14358,9616,8523,13072,222,12916,9941],"class_list":["post-26028","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-karel-combrinck","category-rubrieke","tag-bree-swart-ekonomiese-bemagtiging","tag-christene","tag-christus","tag-gelykheid","tag-regstellende-aksie","tag-rewolusie","tag-sowjetunie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26028","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26028"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26028\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26028"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26028"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26028"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}