{"id":25970,"date":"2014-07-23T07:17:08","date_gmt":"2014-07-23T05:17:08","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=25970"},"modified":"2014-07-23T07:17:45","modified_gmt":"2014-07-23T05:17:45","slug":"hoofman-verhuur-erwe-teen-r100-aan-plakkers-na-geslaagde-grondeis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=25970","title":{"rendered":"Hoofman verhuur erwe teen R100 aan plakkers n\u00e1 geslaagde grondeis"},"content":{"rendered":"<p>Volgens berigte is &#8216;n hoofman by Carolina in die Oos-Transvaal besig om erwe teen R100 elk aan plakkers te verkoop nadat hy landbougrond deur middel van &#8216;n grondeis bekom het.<\/p>\n<p>Die kaptein van die Mhlongo-stam, Reuben Ndlovu Dlangamandla, wat nou glo &#8220;met mense boer&#8221;, is besig om gewone boerdery in die omgewing geweldig te ontwrig omdat veediefstal en brandstigting besig is om ongekende afmetings aan te neem.<\/p>\n<p>Boere praat van &#8220;miljoene rande&#8221; se skade wat hulle reeds gely het as gevolg van mielies en beeste wat gesteel word, asook die veld wat aan die brand gesteek word.<\/p>\n<p>Dlangamandla het vanaf 11 Augustus 2013 die plaas Kromkrans in &#8216;n informele nedersetting omskep, maar hou vol dat dit &#8220;nooit &#8216;n plaas was nie&#8221;.<\/p>\n<p>\u201cOns gee nou blyplek aan mense wat n\u00earens het om te bly nie,&#8221; s\u00ea die kaptein en &#8220;eiendomsontwikkelaar&#8221;.<\/p>\n<p>Verskeie boere in die omgewing vrees dat &#8220;Suid-Afrika dieselfde paadjie as Zimbabwe kan loop&#8221; indien die situasie toegelaat word om voort te duur.<\/p>\n<p>Mnr. Danie du Plessis, streeksvoorsitter van die TLU in die provinsie, s\u00ea dat die Mhlongo-stamhoof nooit by die departement van landbou, bosbou en visserye aansoek gedoen het om die grond onder te verdeel nie. Daarom is sy grondskema onwettig.<\/p>\n<p>Tans verkry die 200 plakkershutte op die plaas almal water by een boorgat. Daar is geen riool nie en &#8220;mense gaan in die veld toilet toe&#8221;.<\/p>\n<p>Blykbaar is Kromkrans wel voorheen as &#8216;n winsgewende plaas bedryf toe dit nog in privaat besit was. &#8216;n Vorige hoofgrondeisekommissaris, Thomazile Gwanya het in &#8216;n jaarverslag uit 2003 vermeld dat Kromkrans &#8220;vir landboudoeleindes, soos weiding, veeboerdery en gewasseproduksie&#8221; aangewend gaan word. Kennelik het dit nie gebeur nie.<\/p>\n<p>Dlangamandla se &#8220;ontwikkeling&#8221; beloop reeds 650 erwe, waarvan 200 reeds beset word. Die plakkers behoort ook nie aan die Mhlongo-stam aan wie die grondeis toegeken is nie.<\/p>\n<p>Twee weke gelede het &#8216;n brand in die plakkerskamp uitgebreek wat na sewe plase in die omgewing versprei het en R1 miljoen skade aangerig het.<\/p>\n<p>\u201cIewers moet dit stop, want ons kan nie n\u00f3g koste absorbeer nie,\u201d meen een van die boere wat geraak is. \u201cBrande verwoes grondgehalte en neem jare om te herstel.\u201d<\/p>\n<p>Van die plakkers se honde maak jag op boere se skape. Dit het selfs in &#8216;n soort casino ontwikkel, want plakkers gaan weddenskappe op die honde aan om te kyk wie se hond die meeste skape kan vang. Daar word tot R20 000 op &#8216;n hond verwed.<\/p>\n<p>Boere verloor tot 13 skape in een nag, terwyl ten minste een boer sedert Januarie 400 skape in onwettige stroop- en jagtogte kwyt is.<\/p>\n<p>ANC-amptenare swyg soos die graf oor die situasie op Kromkrans.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Volgens berigte is &#8216;n hoofman by Carolina in die Oos-Transvaal besig om erwe teen R100 elk aan plakkers te verkoop nadat hy landbougrond deur middel van &#8216;n grondeis bekom het. Die kaptein van die Mhlongo-stam, Reuben Ndlovu Dlangamandla, wat nou glo &#8220;met mense boer&#8221;, is besig om gewone boerdery in die omgewing geweldig te ontwrig &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=25970\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Hoofman verhuur erwe teen R100 aan plakkers n\u00e1 geslaagde grondeis&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[17364,17360,17361,17363,17362,6843,17365,12271],"class_list":["post-25970","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-carolina","tag-hoofman","tag-kaptein","tag-kromkrans","tag-mhlongo-stam","tag-plakkers","tag-skape","tag-veediefstal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25970","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=25970"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25970\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=25970"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=25970"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=25970"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}