{"id":25952,"date":"2014-07-22T07:17:36","date_gmt":"2014-07-22T05:17:36","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=25952"},"modified":"2014-07-22T07:17:36","modified_gmt":"2014-07-22T05:17:36","slug":"totale-verwarring-heers-in-anc-oor-palestyne","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=25952","title":{"rendered":"Totale verwarring heers in ANC oor Palestyne"},"content":{"rendered":"<p>Maite Nkoane-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, sal Dinsdag \u2019n mediakonferensie hou oor Israel se dodelikste aanval die afgelope vyf jaar op Gasa.<\/p>\n<p>Daar heers tans totale verwarring in die ANC se geledere oor die regering se houding jeens die Palestyne. <\/p>\n<p>Arthur Lenk, die Israelse ambassadeur, het aan Beeld ges\u00ea dat die Suid-Afrikaanse regering geen druk op hom plaas nie, in weerwil van talle ANC-lede wat ontevrede is oor Israel se aanvalle. <\/p>\n<p>Lenk het selfs openlik namens die ANC gepraat.<\/p>\n<p>Die huidige regering het, in navolging van Mandela, Israel veroordeel maar nog geen tugstappe geneem teen di\u00e9 land nie. Dit is duidelik uit Zuma se toespraak in Bloemfontein Sondag dat Suid-Afrika nie beoog om teen Israel op te tree nie, ten spyte van allerlei heftige verklarings.<\/p>\n<p>Meer as 500 Palestyne het reeds omgekom in wat beskryf kan word as &#8216;n disproporsionele vergeldingsaanval op Gasa waarin veral burgerlikes en kinders die spit afbyt. <\/p>\n<p>Palestina het die ANC versoek om &#8216;n &#8220;onapologetiese&#8221; houding en &#8220;ferm standpunt&#8221; in te neem teen voortgesette Israelse aggressie.<\/p>\n<p>Die Palestynse ambassade in Pretoria het Maandag weer eens in &#8216;n verklaring die bloedbad aan Israel toegeskryf en oorlogsmisdade teen die Palestyne veroordeel.<\/p>\n<p>Die internasionale gemeenskap is geskok oor oproepe uit die Knesset wat vir die uitdelging van die Palestynse moeders vra.<\/p>\n<p>In antwoord daarop het die kantoor van Stone Sizane, ANC-hoofsweep, vroe\u00ebr in \u2019n verklaring ges\u00ea die party glo sterk dat die regering die Suid-Afrikaanse ambassadeur aan Israel moet onttrek en dat die Israelse ambassadeur in Suid-Afrika die land &#8220;onmiddellik moet verlaat&#8221;.<\/p>\n<p>Die Palestynse ambassade het die posisie van die ANC-koukus verwelkom.<\/p>\n<p>Lenk, die Israelse ambassadeur, is egter nie deur Sizane se oproep verontrief nie. Hy is glo in daaglikse kontak met die departement van internasionale betrekkinge en daar is volgens Lenk &#8220;geen aanduiding dat enigiemand iets anders wil h\u00ea nie&#8221;.<\/p>\n<p>&#8220;Suid-Afrika wil, soos Israel, \u2019n einde aan die geweld sien en die vredesproses weer aanwakker,&#8221; het Lenk namens die ANC-regime ges\u00ea.<\/p>\n<p>Pres. Jacob Zuma het Sondag in Bloemfontein in \u2019n toespraak die aanvalle op Gasa as &#8220;skokkend&#8221; bestempel, maar ook die vuurpylaanvalle deur Hamas op Israel veroordeel wat onskuldige burgerlikes se lewens bedreig.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Maite Nkoane-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, sal Dinsdag \u2019n mediakonferensie hou oor Israel se dodelikste aanval die afgelope vyf jaar op Gasa. Daar heers tans totale verwarring in die ANC se geledere oor die regering se houding jeens die Palestyne. Arthur Lenk, die Israelse ambassadeur, het aan Beeld ges\u00ea dat die Suid-Afrikaanse regering &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=25952\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Totale verwarring heers in ANC oor Palestyne&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[7334,5174,9366,321],"class_list":["post-25952","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized","tag-gasa","tag-israel","tag-palestyne","tag-zuma"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25952","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=25952"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25952\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=25952"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=25952"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=25952"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}