{"id":25948,"date":"2014-07-21T17:33:48","date_gmt":"2014-07-21T15:33:48","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=25948"},"modified":"2014-07-21T17:33:48","modified_gmt":"2014-07-21T15:33:48","slug":"jongste-inligting-oor-vlug-mh17-wys-beeld-se-misleiding","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=25948","title":{"rendered":"Jongste inligting oor vlug MH17 wys Beeld se misleiding"},"content":{"rendered":"<p>Deur Rutger Hoell.<\/p>\n<p>Dit sal interessant wees om te verneem wat Leopold Scholtz en Erica Gibson te s\u00ea het oor die jongste inligting dat vlug MH17 uit Amsterdam deur die Oekra\u00efne afgeskiet is, veral nadat Scholtz enkele dae gelede in Beeld die volgende beweer het: <\/p>\n<blockquote><p>Alles dui daarop dat die pro-Russiese rebelle in die Oos-Oekra\u00efne die Boeing 777 van Malaysia Airlines, op pad van Amsterdam na Kuala Lumpur, neergeskiet het. Maar hulle het nie geweet wat hulle doen nie.<\/p><\/blockquote>\n<p>Dit wil eerder voorkom asof Scholtz nie geweet het wat hy doen nie. Volgens die jongste aanduidings is die &#8220;bewys&#8221; van &#8216;n opname wat die vinger wys na die rebelle, &#8216;n vervalsing en die tydstempel daarop toon dat dit &#8216;n dag voor die ongeluk vervaardig is.<\/p>\n<p>Scholtz se verdere bewering dat die Boeing 777 deur &#8216;n Buk-lugafweerstelsel afgeskiet is wat deur selfverdedigingsgroepe gebuit is, is deur die meeste milit\u00eare kenners as onsin afgemaak en eerder &#8216;n brokkie wat agterdog wek oor &#8216;n professionele weermag se betrokkenheid.<\/p>\n<p>Die kersie op die koek is egter dat Scholtz nie tussen verskillende insidente en datums kan onderskei nie. Hy moes die BBC se David Stern geraadpleeg het om vas te stel dat &#8216;n Antonof-26 op 14 Julie afgeskiet is op &#8216;n hoogte van 6500m, drie dae voor die passasiersvliegtuig neergeskiet is.<\/p>\n<p>Hier is Scholtz se mistasting uit dieselfde smeerstuk teen &#8220;nasionaliste&#8221; in Beeld: <\/p>\n<blockquote><p>Onmiddellik nadat kontak met die Boeing verloor is, het \u2019n leier van die rebelle, \u201ckolonel\u201d Igor Strelkof, op Twitter gekraai: &#8216;By Torez het ons nou net \u2019n Antonof-26 neergeskiet. Ons het hulle tog gewaarsku: Moenie in ons lugruim vlieg nie.&#8217;<\/p><\/blockquote>\n<p>Die profiel van ene &#8220;kolonel&#8221; Igor Strelkof op VK, die Russiese Facebook, en sy sogenaamde inkriminerende twiet wat Scholtz aanhaal as die beste bewys van Rusland se betrokkenheid, is egter deur AP se voormalige joernalis in Moskou, Max Sneddon as &#8216;n <a href=\"https:\/\/twitter.com\/maxseddon\/status\/489819271632281600\">vals profiel<\/a> uitgewys.<\/p>\n<p>Dit is di\u00e9 soort van onge\u00ebrdheid oor naspeurbare feite wat &#8216;n mens verstom. Gibson se na\u00efewe berig oor Russe wat aanmekaar vliegtuie afskiet, en sommer hul eie, is blykbaar vir die ANC geskryf. Scholtz, amper soos Gibson, huiwer nie om die verswarendste gevolgtrekking hiervan te maak nie:<\/p>\n<blockquote><p>Toe die nuus oor MH17 bekend word, is Strelkof se twiet vinnig verwyder.<\/p><\/blockquote>\n<p>Russiese lugdatarekords wys dat &#8216;n Oekra\u00efense Su-25 vegvliegtuig die <em>Malaysia Airlines<\/em> Boeing 777 passasiersvliegtuig op die dag toe dit neergestort het in die ooste van die Oekra\u00efne op 17 Julie, baie naby gevolg het.<\/p>\n<p>Luitenant-generaal Andrei Kartapolov, hoof van stafoperasies van Russiese Weermag, het op &#8216;n <a href=\"http:\/\/en.itar-tass.com\/world\/741655\">nuuskonferensie <\/a><\/a>Maandag, 21 Julie, ges\u00ea: &#8220;Rekords toon dat die Oekra\u00efense vegvliegtuig die afstand van 3-5 km van die Maleisiese Boeing was.<\/p>\n<p>&#8220;Die Su-25 kan op &#8216;n hoogte van tot 10 km vlieg. Dit is gewapen met P-60 lug-tot-lug missiele wat teikens kan tref op &#8216;n afstand van tot 12 km en betroubaar binne 5 km.<\/p>\n<p>&#8220;Dit word bevestig deur die videomateriaal verkry deur die Rostovmoniteringsentrum. Ons wil graag weet hoekom die Oekra\u00efense vliegtuig &#8216;n burgerlike roete op dieselfde vlugpad as die Maleisiese Boeing gevolg het,&#8221; het Kartapolov gevra. <\/p>\n<p>Die Boeing het begin spoed verloor so 51 km van die grens met Rusland, het Rostov se lugverkeerbeheer ges\u00ea.<\/p>\n<p>Ek dink ek sal Beeld in die vervolg vermy wat ernstige kwessies betref soos 192 mense uit ons stamland wat die ewigheid ingestuur word. Ons skuld daardie siele meer as goedkoop politiekery.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Rutger Hoell. Dit sal interessant wees om te verneem wat Leopold Scholtz en Erica Gibson te s\u00ea het oor die jongste inligting dat vlug MH17 uit Amsterdam deur die Oekra\u00efne afgeskiet is, veral nadat Scholtz enkele dae gelede in Beeld die volgende beweer het: Alles dui daarop dat die pro-Russiese rebelle in die Oos-Oekra\u00efne &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=25948\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Jongste inligting oor vlug MH17 wys Beeld se misleiding&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[16087,10221,17321,16037,2078,2848],"class_list":["post-25948","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings","tag-boeing-777","tag-leopold-scholtz","tag-mh17","tag-oekraine","tag-rusland","tag-vsa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25948","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=25948"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25948\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=25948"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=25948"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=25948"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}