{"id":25935,"date":"2014-07-21T10:49:02","date_gmt":"2014-07-21T08:49:02","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=25935"},"modified":"2014-07-21T10:49:02","modified_gmt":"2014-07-21T08:49:02","slug":"drk-se-boeremag-verskyn","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=25935","title":{"rendered":"DRK se &#8216;boeremag&#8217; verskyn"},"content":{"rendered":"<p>Die hofsaak van twintig Kongolese burgers wat daarvan beskuldig word dat hulle beplan het om die president van die Demokratiese Republiek van die Kongo, Joseph Kabila se bewind omver te werp, begin Maandag in Pretoria.<\/p>\n<p>Die groep, wat glo 7000 sterk is met internasionale steun, wou Kabila vang en verhoor. Een het glo na bewering ges\u00ea as die president deur &#8216;n dwaalkoe\u00ebl getref word, sal dit nie &#8216;n verlies wees nie. <\/p>\n<p>Hulle was onder aanvoering van Etienne Kabila Taratibu, wat beweer dat hy die regte seun van die ou president Laurent Kabila is. Die huidige Joseph is glo &#8216;n aangenome kind uit Rwanda.<\/p>\n<p>Nog &#8216;n opposisielid, Etienne Tshisekedi, het die president ook daarvan beskuldig dat hy nie die ware seun van die vorige leier is nie.<\/p>\n<p>Daar bestaan gronde vir sy agterdog, want Kabila se ma, Sifa, en sy broer en suster moes selfs &#8216;n getuie vir Joseph se geboorte in Fizi roep.<\/p>\n<p>Joseph Kabila, het in ballingskap in Tanzani\u00eb sy kinderdae deurgebring, maar praat Frans met &#8216;n Engelse aksent. Die Kabila-gesin het in Dar es Salaam onder die beskerming van die destydse Tanzaniese president Julius Nyerere gewoon.<\/p>\n<p>Ten einde die aandag van Mobutu se intelligensiediens te vermy, het hulle voorgegee om lede van die Fipastam te wees,&#8217;n klein etniese groep van suid-weste van Tanzani\u00eb.<\/p>\n<p>Joseph het &#8216;n Rwandese vader en moeder, Christopher en Marcelline Kate Kanambe, uit Kampala, Uganda, volgens Etienne. <\/p>\n<p>Praag het met karwagte in Johannesburg uit die DRK gesels wat di\u00e9 sentiment beaam het en ontstoke is dat Suid-Afrika die huidige president ondersteun. Hulle meen president Zuma stel meer in sy konsessies in hulle land belang.<\/p>\n<p>Die groep wat gevang is, is onder die vaandel van die Union des Nationaliste pour le Renouveau (Unie van Nasionaliste vir Hernuwing) verenig. <\/p>\n<p>Die groep het na bewering beplan om ander senior amptenare in die DRK te teiken, insluitend die hoof van die Weermag, die minister van Binnelandse Sake en die president van die Sentrale Bank. <\/p>\n<p>Die groep is 17 maande gelede in Suid-Afrika in hegtenis geneem, en die beweerde moordlys is op een van die verdagtes se rekenaar gevind, het RSG berig.<\/p>\n<p>Die hofsaak sal na verwagting ses weke duur.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die hofsaak van twintig Kongolese burgers wat daarvan beskuldig word dat hulle beplan het om die president van die Demokratiese Republiek van die Kongo, Joseph Kabila se bewind omver te werp, begin Maandag in Pretoria. Die groep, wat glo 7000 sterk is met internasionale steun, wou Kabila vang en verhoor. Een het glo na bewering &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=25935\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;DRK se &#8216;boeremag&#8217; verskyn&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[7928,11810,8919],"class_list":["post-25935","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-drk","tag-joseph-kabila","tag-staatsgreep"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25935","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=25935"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25935\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=25935"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=25935"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=25935"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}