{"id":25814,"date":"2014-07-15T14:43:06","date_gmt":"2014-07-15T12:43:06","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=25814"},"modified":"2014-07-15T14:43:06","modified_gmt":"2014-07-15T12:43:06","slug":"kultuur-ons-derdewereldmeesters-verarm-ons-geestelik","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=25814","title":{"rendered":"Kultuur: Ons derdew\u00eareldmeesters verarm ons geestelik"},"content":{"rendered":"<p>deur Karel Combrinck<\/p>\n<p>Daar is die afgelope tyd heelwat opmerkings gemaak en kommentaar gelewer op Praag oor kultuur en by name die Afrikaanse kultuur,\u00a0 wat my noop om ook iets oor die onderwerp by te voeg.<\/p>\n<p>Die voedingsbronne van die Afrikaanse kultuur is velerlei. Van Nederland, Duitsland, Frankryk en Engeland het ons letterkunde, musiek, ballet en die beeldende kunste. Ook ons regstelsel ( deel van ons kultuurerfenis) is van Europese oorsprong en in groot mate so\u00a0 ook ons taal. In Suid-Afrika self het ons hierdie invloede oor die jare aangepas en so ons eie kenmerkende taal, letterkunde, argitektuur en skilderkuns gevestig. Ten slotte is daar ook die onmiskenbare bydrae van mense van Oosterse afkoms en hulle Kleurlingafstammelinge wat insgelyks &#8216;n\u00a0 waardevolle inset tot ons kookkuns, ons taal en ons volksmusiek gelewer het.<\/p>\n<p>Maar nou vireers, wat is kultuur presies? Kultuur is &#8216;n moelike begrip om te omskryf. Die rede is dat die woord alles omvattend is. Dis natuurlik, om mee te begin,\u00a0 die dinge hierbo genoem.\u00a0 Maar dis ook veel meer. Die Amerikaans\/Engelse skrywer en digter T.S Eliot het dit so probeer omskryf: &#8220;Culture may be described simply as that which makes life worth while&#8221;. Toegegee, dis taamlik vaag, maar die basiese idee is daar: Kultuur maak die lewe die moeite werd. Kom ons draai dit om en s\u00ea, alles wat die lewe die moeite werd maak, is kultuur. Nog nie die volle waarheid nie, maar darem &#8216;n entjie op pad daarheen.<\/p>\n<p>Baie samelewings van die sg &#8220;onluikende w\u00eareld&#8221; (emerging world) verwerp die Westerse kultuur skynbaar voor die voet, omrede die verbintenis daarvan met werklike of vermeende onregte van die verlede. Ek gebruik die woord &#8220;skynbaar&#8221; want hulle verwerp tog nie die\u00a0 Westerse kultuur in sy geheel\u00a0 nie. Hulle verwerp net die aspekte daarvan wat hulle as minder &#8220;nuttig&#8221; beskou en &#8220;nuttig&#8221; dui op di\u00e9 bates wat vir hulle finansi\u00eble voordele inhou. Die aspekte wat hulle verwerp, is egter juis die mees waardevolle elemente, di\u00e9 wat die lewe die moeite werd maak. Om di\u00e9 rede weerhou hulle dan ook finansies (ons belastings) van\u00a0 operahuise, simfonie-orkeste en teaters. Terselfdertyd is hulle blind daarvoor dat Mercedes-Benze, private vliegtuie en sokker ook Westerse kultuurwaardes is, hoewel nie die hoogste nie. En dan is daar natuurlik die Engelse taal, ook &#8216;n Westerse kultuurbesit en een waarvoor hulle veral &#8216;n voorliefde het.<\/p>\n<p>Die uiteindelike doel met dit alles is uiteraard om die siel van die witman &#8216;n dolksteek toe te dien wat van hom &#8216;n houtpop sal maak wat vir niks anders goed is nie as om belastings te betaal.<\/p>\n<p>En nou wat van die kosbare demokrasie? Is die demokrasie nie ook &#8216;n kulturele waarde van Westerse oorsprong nie?\u00a0 Maar di\u00e9 aanbid hulle wel. En daarvoor is daar ook &#8216;n rede. Die Demokrasie berus op koppe tel en bied naamlik by uitstek die geleentheid aan die verteenwoordigers van die massas om mag te gryp en hulleself te verryk. Die wese van die demokrasie, soos dit in ontwikkelde lande beoefen word, is dat een regering maklik deur &#8216;n ander vervang kan word en in Westerse lande gebeur dit dan ook gereeld. Maar wat is die\u00a0 kanse om bv &#8216;n ANC-regering in Suid-Afrika met &#8216;n ander te vervang? Net mooi\u00a0 nul. Vandaar dan ook die ou gesegde: &#8220;Een mens een stem, een keer.&#8221; Vir derdew\u00eareld-samelewings soos di\u00e9 in Suid-Afrika is die Westerse beskawing &#8216;n soort supermark waar hulle kan uitsoek wat vir hulle van die grootse (materi\u00eble) nut is,\u00a0 d.w.s van nut hoofsaaklik\u00a0 vir die vetkat-elite. En hierin word hulle natuurlik kopskuddend beaam deur al wat links en liberaal is in Europa en Amerika.<\/p>\n<p>Maar nou moet ons ook erken dat die Westerse beskawing nie sonder sy snert en rommel ook is nie. In\u00a0 sy aanvaardingstoespraak van die Nobelprys in\u00a0 1970 het Aleksandr Solsjitnitsin dit s\u00f3 betreur:<\/p>\n<blockquote><p>&#8220;But should someone ask me whether I would indicate the West, such as it is today, as a model to my country, I should have to answer\u00a0 no. I could not recommend your society in its present state as an ideal for the transformation of ours. The Western system in its present state of spiritual exhaustion\u00a0 does not attract us. After the suffering of decades of violence and oppresion, the human soul longs for things higher, warmer and purer than those offered by today&#8217;s Western mass habits, the revolting invasion of publicity, by television\u00a0 and intolerable music.&#8221;<\/p><\/blockquote>\n<p>Die Westerse beskawing en kultuur is duidelik besig om te verval en die verval hou regstreeks verband met die opkoms van die massa-ideologie\u00eb van egalitarisme, sosialisme en die demokrasie.\u00a0 Van die dermiljoene toeriste wat Europa jaarliks besoek (sestig miljoen in Frankryk alleen), hoeveel doen dit ten einde die meesterwerke van die demokrasie te bewonder? Want meesterstukke van die demokrasie is daar nie. Dat die demokrasie tog ook bepaalde voordele inhou,\u00a0 is seker waar, maar kulturele en\u00a0 artistieke prestasies is beslis nie deel daarvan nie.<\/p>\n<p>Watter droewiger beeld van die leegheid en bankrotskap van die Westerse beskawing kan\u00a0 daar wees as elke tweede model en filmster wat blakend van grimering op die voorblad van glanstydskrifte verskyn teen &#8216;n agtergrond van swart lywe, dikwels kinders, onder die goedkoop\u00a0 voorwendsel van die een of ander filantropiese besorgdheid oor die minder bevoorregtes? D\u00edt, terwyl die ware oogmerk\u00a0 niks anders is nie as om hulle loopbane te bevorder, publisiteit te soek en geld te maak vir\u00a0 hulle mode-ontwerpers en hulleself. &#8216;n Siniese choreografie van gierigheid en vulgariteit.<\/p>\n<p>Tog bly die feit dat die Westerse beskawing Mozart opgelewer het en Bach en Beethoven en Da Vinci en Michelangelo en Rembrandt en Goethe en nog vele, vele, meer. Liewer dan maar goed en sleg produseer as absoluut niks. Want &#8216;n mens sou tog nie die toi-toi en die woewoezela as waardevolle kultuurbydraes wou reken nie. Om die groot prestasies van die Westerse kultuur in die afvaldrom te wil gooi, soos ons derdew\u00eareld-meesters doen, is pynlik kortsigtig en bring geestelike verarming oor ons almal.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Karel Combrinck Daar is die afgelope tyd heelwat opmerkings gemaak en kommentaar gelewer op Praag oor kultuur en by name die Afrikaanse kultuur,\u00a0 wat my noop om ook iets oor die onderwerp by te voeg. Die voedingsbronne van die Afrikaanse kultuur is velerlei. Van Nederland, Duitsland, Frankryk en Engeland het ons letterkunde, musiek, ballet [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[17285,10],"tags":[17288,17289,17290,17286,11332,6120,14837,17287,17291,11571],"class_list":["post-25814","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-karel-combrinck","category-rubrieke","tag-bach","tag-beethoven","tag-da-vinci","tag-derde-wereld","tag-goethe","tag-kultuur","tag-michelangelo","tag-mozart","tag-rembrandt","tag-weste"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25814","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=25814"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25814\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=25814"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=25814"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=25814"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}