{"id":25779,"date":"2014-07-14T09:16:06","date_gmt":"2014-07-14T07:16:06","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=25779"},"modified":"2014-07-14T09:16:06","modified_gmt":"2014-07-14T07:16:06","slug":"ons-absurde-toneel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=25779","title":{"rendered":"Ons absurde toneel"},"content":{"rendered":"<p>Deur Joseph Secreve.<\/p>\n<p>Soos seker baie mense gaan ek deur verskillende giere, en verdiep myself in diverse stokperdjies van tyd tot tyd. Veral op liter\u00eare gebied het ek al sedert my ho\u00ebrskooljare begin wetenskapfiksie lees, gevolg deur die werke van die sielkundige Carl Jung vanaf my tweede jaar, en daarna verskeie eksistensi\u00eble strominge in my latere studiejare. Voorwaar \u2019n fees vir die gees!<\/p>\n<p>Die werke van die Franse Algeri\u00ebr Albert Camus en die Ierse Samuel Beckett staan my by. Die groot absurdiste. Denkers soos Camus wat op \u2019n ernstige noot die absurditeit van die lewe benadruk het en Beckett wat hierdie absurditeit op \u2019n speelse wyse vertolk het in sy skrywes en toneelstukke. Beckett se \u201cWag vir Godot\u201d is nogal \u2019n interessante swart komedie. Twee boemelaars, Vladimir en Estragon, durf nie te veel te doen nie omdat hulle vir Godot sit en wag. Wie of wat Godot is word n\u00earens bekendgemaak nie. Al wat ons weet is dat hierdie Godot veroorsaak dat hulle lewens pynlik inhoudloos is soos wat hulle vir hom\/haar\/dit wag.<\/p>\n<p>Ek wonder so dan en wan wat hierdie groot liter\u00eare beroemdhede sou gedink het van Suid-Afrika. Ek lees verlede week die artikels van twee geroemde intellektuele; die een is prof. Pierre de Vos en die ander dr. Piet Croucamp. Albei Afrikaners, albei Afrikanerhaters, maar die een skryf gif in Engels en die ander in Afrikaans. Ons eie Vladimir en Estragon. Albei wag ook vir hul eie Godot, en ondertussen go\u00ebl hulle met allerlei gesofistikeerde woorde en terme wat uiteindelik nie baie betekenisvol is nie. Onderliggend aan hul retoriek sien ons voortdurend dieselfde onderwerpe terugkeer, naamlik die eindelose verontwaardiging van wat dit is om wit en Afrikaans te wees. Intussen wag hulle vir een of ander utopie om oor Suid-Afrika te verskyn, maar hoe hierdie utopie daaruit gaan sien weet ons nie.<\/p>\n<p>Of dalk sien ek dit verkeerd. Volgens linkse kringe sien ek mos gereeld dinge verkeerd. Ek dink so terug aan my afstudeerskripsie aan die Universiteit van Amsterdam toe ek \u2019n artikel gelees het van twee navorsingsielkundiges, die Italianers Cadinu en Reggiori. In hierdie artikel het hulle na drie verskillende statusgroepe gekyk, te wete dokters, sielkundiges en maatskaplike werkers. Sodra die middelstatusgroep \u2013 die sielkundiges \u2013 neerhalende berigte ontvang het van die ho\u00eb statusgroep \u2013 die dokters \u2013 het hulle nie die dokters se professionaliteit aangeval nie, maar hul verontwaardiging op die lae status groep \u2013 die maatskaplike werkers \u2013 uitgehaal. Hulle het met ander woorde hul gekrenkte status kunsmatig verhoog deur na onder te trap.<\/p>\n<p>Dit is seker nie vergesog om te beweer dat ons eie Vladimir en Estragon dieselfde doen nie. Die pynlike druk van bo maak dat hulle ondertoe trap na die lae status groep. Ek is stellig oortuig dat hierdie twee menere hul roeping gemis het. Ongelukkig het die Tour de France alreeds afgeskop, anders kon hulle saamgery het, die bene wat ywerig ondertoe trap. Op die pedale kan ons die Oranje Blanje Blou plak en dan sien ons hoe hulle geeltruie opstryk soos nie eens Lance Armstrong met sy towerdoepa kon regkry nie.<\/p>\n<p>As hul Godot nou eenmaal opgedaag het, en hierdie engel des doods wat Suid-Afrika so teister nou eenmaal oorgewaai het, sal ek verbaas wees om te sien wat hul reaksie gaan wees. Al daardie jare het hulle n\u00earens standvastig in bel\u00ea nie. Dit was alles \u2019n blinde gejaag na effek. Wat sou die antropolo\u00eb en historici van more dink van hierdie absurditeit, dat sulke geleerde en gerespekteerde burgers van die samelewing so veel skade berokken het aan die kultuur wat hulle opgevoed het? In plaas van \u2019n \u201cdankie\u201d aan hul voorvaders wat met bloed, sweet en trane \u2019n volwaardige en bloeiende kultuur in die suide van Afrika bewerkstellig het, soek hulle voortdurend die slegste daarin op en probeer dit as norm voor te hou. In plaas daarvan om \u2019n suiwer hart en siel te kweek wat aan die kinders oorgedra moet word, het hulle hierdie heilige verbintenis geskend en vervang met \u2019n Frankensteiniaanse tipe hart en siel, so aanmekaar gelap sonder harmonie, eenvoud of suiwer waarhede, hul identiteit slegs bestaande uit haat en antipatie in plaas van \u2019n soektog na die hoogste deug.<\/p>\n<p>Nes die kommuniste van weleer wat meesterwerke soos die Matth\u00e4uspassion van H\u00e4ndel verbied het en vervang het met sulke belaglike operas waar daardie bloeddorstige klein tor genaamd Lenin opgehemel word, sien ons dieselfde patroon by Vladimir de Vos met sy stelling dat: \u201cDuring Apartheid the state spent vast sums of taxpayers money on these institutions (histories Afrikaanse universiteite) as part of its policy of almost exclusively promoting the education of white students\u201d. O me! O my! En hier dog ek dis omlat Suid-Afrika dit nie kon bekostig om sy internasionale kompetisieposisie in die w\u00eareld te verbeur deur die hele tyd bakke vol geld te strooi na studente wat \u2019n universiteit slegs beskou as \u2019n broeiplaas vir rewolusie nie. As Suid-Afrika uitmis op die w\u00eareldtoneel, kan swartes nog minder gehelp word, nie waar nie? Laat staan nog die feit dat die wittes die mees troue belastingbetalers was, en dat swart universiteite ook grotendeels deur wit belastinggeld onderhou was. Die feit bly bestaan dat beleggings nou eenmaal stroom na die mees betroubare spelers. Selfs die vorige hoof van die Reserwebank Tito Mboweni was mos versot gewees op sy Afrikaners. Hulle is betroubaar, werk hard en word nie deur regstellende aksie voortdurend oorgekoop deur ander bedrywe nie, seg hy.<\/p>\n<p>En dan kom Estragon Croukamp en meen: \u201cEtniese en rassemeerderwaardigheid kon Afrikanerskap uiteindelik uitgedoof het indien De Klerk nie pragmaties begin dink het in die 1990\u2019s nie\u201d. Etniese en rassemeerderwaardigheid nogal. Vanwaar gehasi? Afrikaners was juis een van die min Protestantse volkere wat nie sulke twak geglo het nie. Het Afrikaners ooit ander rasse bestudeer en gesteriliseer soos die Skandinawi\u00ebrs en Amerikaners gedoen het? Het een van die drie susterkerke ooit swartes vir Mengele-eksperimente gebruik soos die Katolieke en Anglikaanse kerke met vyftig duisend Indianekinders in Kanada gedoen het? Het Afrikaners ooit duisende Naziwetenskaplikes ingevoer soos die Amerikaners onder Operasie Paperclip gedoen het?<\/p>\n<p>Die Engelse eugenetikus Havelock Ellis het mos geglo dat selfs sy hond meer tussen die ore gehad het as \u2019n Bantoe in Suid-Afrika, dog s\u00ea Croukamp niks oor hoe die Souties se rassemeerderwaardigheid hulle dalk kan uitdoof nie. Ek weet nie hoe slim Ellis se brak was nie, maar hy was kennelik wys genoeg om geen harde bene te kou oor sulke opvattings nie.<\/p>\n<p>Maar gelukkig word Afrikanerskap volgens Croukamp nie nou uitgedoof nie. Sommer in die eerste week toe sy werkgewer, die Joedjy sy deure oopgemaak het, begin swartes op hul blink nuwe kampus te sing \u201cKill all whites, Afrikaans and English\u201d, so asof die stoflike oorskot van die Rand Afrikaans University nie hul behoefte tot vernietiging kon bevredig nie. Nee wat, dit is omdat Afrikaners blykbaar nie die geleentheid benut het om meer empaties, aanvaarbaar en konstruktiewer Suid-Afrikaners te word nie. Van die Engelse s\u00ea hy nie veel nie, seker omdat selektiewe verontwaardiging aan die orde van die dag is in die w\u00eareld van linkse akademici.<\/p>\n<p>Mandela, Zuma, Malema en seker nog \u2019n klompie ander swartes het hulself al iewers skuldig gemaak aan aanhitsery teen wittes, maar daaroor is ons groot geleerdes doodstil. Daardie ander hofnar, Tutu meen dat Afrikaners nie besef hoe gelukkig hulle is dat swartes hulle nie massaal afgeslag het nie, die tientalle duisende vermoorde Afrikaners ten spyt. Weereens kan my effense bekrompe lewensuitkyk nie die vredeliewendheid daarvan insien nie.<\/p>\n<p>Was dit nie CJ Langenhoven wat ges\u00ea het dat so gevaarlik soos \u2019n aap met \u2019n mes in sy hand, is geleerdheid in die kop van \u2019n dwaas nie? Dan is daar nou wraggieswaar \u2019n epidemie van ape met messe agter die voorgewel van die elite.<\/p>\n<p>Hoe dwaser hul standpunte, hoe groter meen die hoofstroommedia is die waarheidsgehalte daarvan. So dom soos wat dit mag oorkom is dit ironies genoeg juis die hele punt. As jy afstudeer praat die Engelse mos van \u201cgraduate\u201d, wat blykbaar afgekort is van \u201cgradually indoctrinate\u201d. Niemand s\u00ea dit egter beter as die Duitse filosoof Johann Gottlieb Fichte nie, soos aangehaal deur die Engelsman Bertrand Russel:<\/p>\n<p>\u201cEducation should aim at destroying free will so that after pupils are thus schooled they will be incapable throughout the rest of their lives of thinking or acting otherwise than as their school masters would have wished &#8230; The social psychologist of the future will have a number of classes of school children on whom they will try different methods of producing an unshakable conviction that snow is black. Various results will soon be arrived at: first, that influences of the home are &#8216;obstructive&#8217; and verses set to music and repeatedly intoned are very effective &#8230; It is for the future scientist to make these maxims precise and discover exactly how much it costs per head to make children believe that snow is black. When the technique has been perfected, every government that has been in charge of education for more than one generation will be able to control its subjects securely without the need of armies or policemen.\u201d<\/p>\n<p>En dit is die logika van ons tyd. Daar is geen vryheid en indiwidualisme meer nie, slegs kuddediere wat die opvattings van die dag klakkeloos napraat, aangestuur deur die kommmuniste se buiksprekerpoppe De Vos en Croukamp.<\/p>\n<p>En terwyl die dom massa in \u2019n staat van oorlog verkeer oor wie se sneeu die swartste is, sit die magtigste elite ter w\u00eareld agter die skerms en skaterlag oor die absurditeit wat hulle losgelaat het op die mensdom.<\/p>\n<p>Teen daardie tyd sit ons eie Vladimir en Estragon en besef seker die absurditiet van hul situasie. Soos \u201cWag vir Godot\u201d se slotdialoog:<\/p>\n<p>Vladimir: Ons sal onsself more ophang. Tensy Godot kom.<\/p>\n<p>Estragon: En as hy opdaag?<\/p>\n<p>Vladimir: Dan is ons vry.<\/p>\n<p>Vladimir: Wel, sal ons gaan.<\/p>\n<p>Estragon: Ja, kom ons gaan.<\/p>\n<p>Hulle bly stilsit.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Joseph Secreve. Soos seker baie mense gaan ek deur verskillende giere, en verdiep myself in diverse stokperdjies van tyd tot tyd. Veral op liter\u00eare gebied het ek al sedert my ho\u00ebrskooljare begin wetenskapfiksie lees, gevolg deur die werke van die sielkundige Carl Jung vanaf my tweede jaar, en daarna verskeie eksistensi\u00eble strominge in my [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[43,10],"tags":[17272,11648,17271],"class_list":["post-25779","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c24-joseph-secreve","category-rubrieke","tag-absurde-teater","tag-albert-camus","tag-samuel-beckett"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25779","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=25779"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25779\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=25779"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=25779"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=25779"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}