{"id":257,"date":"2007-04-02T07:30:21","date_gmt":"2007-04-02T07:30:21","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=257"},"modified":"2007-04-02T07:30:21","modified_gmt":"2007-04-02T07:30:21","slug":"zimbabwe-maak-gereed-vir-staking","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=257","title":{"rendered":"Zimbabwe maak gereed vir staking"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Mugabe word allerwe&euml; verkwalik vir die geweld en die ekonomiese krisis wat in die land heers, met die w&ecirc;reld se hoogste inflasiekoers op 1730 persent en vier uit vyf mense wat werkloos is.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Werkers vra dat hul minimumloon opgestoot word na een miljoen Zimbabwiese dollar, wat gelykstaande is aan 4000 Amerikaanse dollar teen die snel veranderende wisselkoers, vanaf 90 000 Zim-dollar.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die ZCTU het verklaar dat die algemene staking uitgeroep is omdat die owerhede in gebreke gebly het om die verslegtende ekonomiese krisis aan te spreek.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Maar die regering het werkers gemaan om nie op die stakingsoproep te reageer nie, omdat dit polities gemotiveer sou wees.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoBodyText\">&ldquo;Die regering het verneemd at individue in die ZCTU wat hulself met die opposisiepolitiek van die Beweging vir Demokratiese Verandering vereenselwig&hellip; wil gesien word dat hulle deelneem aan die huidige Westers geondersteunde geweld wat daarop gemik is om &rsquo;n bewindsverandering in Zimbabwe teweeg te bring,&rdquo; het die minister van arbeid, Nicholas Goche, verklaar.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In September is vakunies gedwing om hul planne vir grootskaalse anti-regeringsbetogings te laat vaar nadat die organiseerders almal tydens &rsquo;n polisieklopjag opgesluit is.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Verlede maand is verskeie BDV-amptenare, waaronder die leier Morgan Tsvangirai, in hegtenis geneem en aangerand by &rsquo;n anti-regeringsvergadering &ndash; slae waarvoor sy mededinger &ldquo;gevra het&rdquo;, aldus Mugabe.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Die regering van Zimbabwe behoort stappe te neem om die ekonomiese ineenstorting aan te spreek,&rdquo; het die nasionale sambreelvakbonde van Nigeri&euml;, Ghana, Zambi&euml;, Malawi, Nederland, Finland en Denemarke in &rsquo;n gesamentelike standpunt verklaar wat in Zimbabwe se onafhanklike weekblad, <em>The Standard<\/em>, gepubliseer is.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie, COSATU, het ges&ecirc; dat dit Dinsdag gaan betoog in solidariteit met Zimbabwiese werkers &ldquo;en hul stryd teen &rsquo;n ekonomiese ramp en toenemend venynige aanvalle op hul lede en leiers&rdquo;.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die Sunday Times in Johannesburg het intussen berig dat ten minste 49 000 Zimbabwi&euml;rs elke maand onwettig na Suid-Afrika stroom.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Mugabe, wat Zimbabwe sedert onafhanklikheid van Brittanje in 1980 regeer, is Vrydag verkies om weereens as die regerende Zanu-PF-party se kandidaat in die presidensi&euml;le verkiesings aanstaande jaar te staan.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die Britse minister van buitelandse sake, Margaret Beckett, het gister ges&ecirc; dat Mugabe &ldquo;verantwoordelik&rdquo; gehou word vir die aanranding van nege opposisielede wat volgens haar &rsquo;n aanduiding was van die uiterstes waartoe hy in staat is om &ldquo;aan mag vas te klou&rdquo;. Volgens haar, &ldquo;is dit verdere getuienis van hoe laag Mugabe sal daal ten einde aan die mag vas te hou&rdquo;.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&rsquo;n Regsverteenwoordiger van die opposisie-BDV het ges&ecirc; dat die groep om 23.00 GMT uit die hospitaal deur staatsveiligheidsagente verwyder is. Hulle is Saterdag daarin opgeneem weens beserings wat hulle verlede week tydens die polisieklopjag in die hoofstad, Harare, opgedoen het.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Hulle is uit die sale geneem sonder dat hulle deur die hospitaal ontslaan is,&rdquo; het Alec Muchadehama ges&ecirc;. Sommige het steeds druptoestelle aangehad toe hulle weggeneem is.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Volgens Muchadehama het hy die groep in die laatmiddag by Harare se sentrale gevangenis opgespoor nadat hy verskeie polisiestasies aangedoen het.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hy het gehoop om Maandag hof toe te gaan vir &rsquo;n hofbevel wat die nege sou toelaat om sonder verdere polisie-inmenging hospitaal toe te gaan.<\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/perfekta.ru\/blog\">\u0433\u0438\u0434\u0440\u043e\u0438\u0437\u043e\u043b\u044f\u0446\u0438\u043e\u043d\u043d\u0430\u044f \u0441\u043c\u0435\u0441\u044c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/glavnoe.ua\/news\/n214753\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: right; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/Mugabe2sw.JPG\" width=\"119\" height=\"181\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">2008 se kandidaat<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Duisende Zimbabwiese werkers gaan na verwagting vandeesweek die tuig neerl&ecirc; soos wat die druk op president Robert Mugabe toeneem vanwe&euml; sy bewind se gewelddadige onderdrukking van die opposisie en die ekonomiese ineenstorting van die land. <\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">&ldquo;Ons verwag dat almal gaan deelneem,&rdquo; het ZCTU-segsman Kumbulani Ndlovu aan AFP ges&ecirc;. Die oproep is aan almal gerig, van staatsamptenare tot winkeleienaars en bankpersoneel. <\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[21089,182,394],"class_list":["post-257","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-nuus","tag-streeksnuus","tag-zimbabwe-maak-gereed-vir-staking"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/257","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=257"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/257\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=257"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=257"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=257"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}