{"id":25690,"date":"2014-07-09T09:07:48","date_gmt":"2014-07-09T07:07:48","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=25690"},"modified":"2014-07-09T09:14:25","modified_gmt":"2014-07-09T07:14:25","slug":"brasilie-ontvang-sokkerles-auf-deutsch","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=25690","title":{"rendered":"Brasili\u00eb ontvang sokkerles auf Deutsch"},"content":{"rendered":"<p>Die Duitse sokkerspan het gisteraand vir Brasili\u00eb, die gunstelinge, met 7-1 doele in die halfeindstryd van die w\u00eareldsokkerbeker geklop. Dit is die grootste neerlaag wat Brasili\u00eb in 100 jaar in &#8216;n internasionale wedstryd gely het.<\/p>\n<p>Omdat sokker, soos rugby, ook die afgelope aantal jare deur FIFA verpolitiseer is, het die Duitse vertoning insgelyks skokgolwe deur die w\u00eareld gestuur, met vele liberale kommentators op Twitter en elders wat verslae is dat &#8216;n hoofsaaklik blanke Europese span die multikulturele span van Brasili\u00eb so ver kon wen.<\/p>\n<p>Die gewilde Duitse koerant, <em>Bild<\/em>, het &#8216;n foto van twee triomfantelike Duitse spelers,\u00a0Miroslav Klose en Toni Kroos, op sy voorblad geplaas met die eenvoudige opskrif: &#8220;Danke! Wir lieben euch!&#8221; (Dankie! Ons is lief vir julle!)<\/p>\n<p>Opvallend is egter dat die Duitse span sy triomf amper probeer wegsteek het en agterna die Brasiliese spelers omhels en vertroos het, asof daar vooraf opdragte was dat hulle nie die gasheerland &#8211; waar daar reeds onluste rondom sokkerkwessies plaasgevind het &#8211; moes aanstoot gee nie.<\/p>\n<p>Ook in Brittanje en die VSA, waar anti-Duitse gevoelens en afguns oor Duitse ekonomiese prestasie gewoonlik net onder die oppervlak is, was daar groot teleurstelling dat Brasili\u00eb dermate verloor het. Sokker word in die VSA gesien as &#8216;n sport wat meer deur liberale, immigrante en ondersteuners van die Demokratiese Party gevolg word, dus was die Duitse oorwinning &#8216;n bitter pil om te sluk.<\/p>\n<p>Swart Suid-Afrikaanse vroue op Twitter het grappe begin maak onder die hutsetiket #goodbyebrazilianhair en dat hulle op soek is na pruike met &#8220;Duitse hare&#8221;. Die Suid-Afrikaanse minister van sport, Fikile Mbalula, wat blykbaar met &#8216;n groot gevolg na Brasili\u00eb afgereis het, het op #goodbyebrazilianhair met die woord &#8220;Shame&#8221; geantwoord.<\/p>\n<p>Die swart sokkerkommentators van die SAUK het hul egter verlekker in die Brasiliaanse vernedering, aangesien Brasili\u00eb voorheen die Bafana met 5-0 verpletter het. &#8220;Nou weet hulle hoe dit voel,&#8221; het een van hulle ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die linkse Londense koerant, <em>The Guardian<\/em>, beskryf die wedstryd s\u00f3:<\/p>\n<blockquote><p>&#8220;Tot op di\u00e9 stadium was Brasili\u00eb se wedstryde &#8216;n viering van kleur en geraas. Maar (gisteraand) was daar die onheilspellende geluid van stilte, asook ander geluide. By tye was dit iets naby aan vrees, &#8216;n vreemde gorrelgeluid wat telkens gehoor kon word as Duitsland elegant vorentoe gebreek het, met meer vernedering wat dreig. Die gesig van Brasili\u00eb, met hul ryk voetbalgeskiedenis, wat op di\u00e9 wyse vermorsel word, was werklik skokkend.&#8221;<\/p><\/blockquote>\n<p>SAPA-AP het die wedstryd s\u00f3 beskryf:<\/p>\n<blockquote><p>&#8220;Brasili\u00eb het in sy 100 jaar van sokkergeskiedenis nog nooit so \u2019n groot nederlaag gely in enige internasionale toernooi nie en het nog nie so chaoties verdedig soos in die eerste 18 minute van die eerste helfte nie toe Duitsland vier doele aangeteken het, drie van hulle in net 179 sekondes.&#8221;<\/p>\n<p>En verder:<\/p>\n<p>&#8220;Stilte het oor die skare in die Mineirao-stadion neergedaal en party mense wat nie kon glo wat hulle sien nie, het in trane uitgebars.<\/p>\n<p>Honderde mense het hul duur sitplekke al voor die rustyd, toe die telling 5-0 was, verlaat.<\/p>\n<p>\u2019n Deel van die skare het onwelvoeglikhede teen die span en pres. Dilma Rousseff gedreunsing.&#8221;<\/p><\/blockquote>\n<p>Vele Brasiliese vroue het geween oor hul span se ineenstorting voor die Duitse aanslag. Selfs die troosdoel wat byna per ongeluk in die doodsnikke van die wedstryd deur Brasili\u00eb se Oscar aangeteken is, het min reaksie ontlok.<\/p>\n<figure id=\"attachment_25692\" aria-describedby=\"caption-attachment-25692\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/Miroslav-Klose-Toni-Kroos.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-25692\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/Miroslav-Klose-Toni-Kroos-300x180.jpg\" alt=\"Miroslav Klose, links, en Toni Kroos n\u00e1 die wedstryd\" width=\"300\" height=\"180\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/Miroslav-Klose-Toni-Kroos-300x180.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/Miroslav-Klose-Toni-Kroos-148x89.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/Miroslav-Klose-Toni-Kroos-31x19.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/Miroslav-Klose-Toni-Kroos-38x23.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/Miroslav-Klose-Toni-Kroos-358x215.jpg 358w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/Miroslav-Klose-Toni-Kroos.jpg 460w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-25692\" class=\"wp-caption-text\">Miroslav Klose, links, en Toni Kroos n\u00e1 die wedstryd<\/figcaption><\/figure>\n<p>Miroslav Klose het met sy doel in die eerste helfte die rekordhouer vir die meeste doele in w\u00eareldbekersokker geword. Maar wat aangaande die Duitse span be\u00efndruk het, is nie soseer die briljansie van die individuele spelers nie, hoe professioneel en goed hulle hul ook al van hul taak gekwyt het, maar die dissipline en goeie spanwerk. Die moeitelose en akkurate aange\u00eb waaruit soveel doele binne slegs enkele minute opgetower is, laat enige ander span na amateurs lyk.<\/p>\n<p>Sowel Nederland as Argentini\u00eb, wat vanaand om 22:00 SA tyd in die ander halfeindronde uitspeel, sal hul sokkies moet optrek as hulle nie Sondag &#8216;n ewe vernietigende voetballes van Die Mannschaft wil ontvang nie.<\/p>\n<p>Doele het gisteraand s\u00f3 verloop:<\/p>\n<p>Vir Brasili\u00eb:<\/p>\n<p>Oscar (#11) 90&#8242;<\/p>\n<p>Vir Duitsland:<br \/>\nThomas M\u00fcller (#13) 11&#8242;<br \/>\nMiroslav Klose (#11) 23&#8242;<br \/>\nToni Kroos (#18) 24&#8242;, 26&#8242;<br \/>\nSami Khedira (#6) 29&#8242;<br \/>\nAndr\u00e9 Sch\u00fcrrle (#9) 69&#8242;, 79&#8217;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Duitse sokkerspan het gisteraand vir Brasili\u00eb, die gunstelinge, met 7-1 doele in die halfeindstryd van die w\u00eareldsokkerbeker geklop. Dit is die grootste neerlaag wat Brasili\u00eb in 100 jaar in &#8216;n internasionale wedstryd gely het. Omdat sokker, soos rugby, ook die afgelope aantal jare deur FIFA verpolitiseer is, het die Duitse vertoning insgelyks skokgolwe deur [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[123,24],"tags":[17153,6760,5227,17229,17231,10216,17230],"class_list":["post-25690","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c115-sokker","category-s25-sport","tag-andre-schurrle","tag-brasilie","tag-duitsland","tag-miroslav-klose","tag-sami-khedira","tag-thomas-muller","tag-toni-kroos"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25690","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=25690"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25690\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=25690"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=25690"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=25690"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}