{"id":25688,"date":"2014-07-08T20:45:29","date_gmt":"2014-07-08T18:45:29","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=25688"},"modified":"2014-07-08T20:45:29","modified_gmt":"2014-07-08T18:45:29","slug":"sokkersterre-se-inkomste-laat-rugbyspelers-na-armblankes-lyk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=25688","title":{"rendered":"Sokkersterre se inkomste laat rugbyspelers na armblankes lyk!"},"content":{"rendered":"<p>Die ontsteltenis in Brasili\u00eb oor die onlangse besering van die jong Brasiliaanse speler Neymar maak ook sin as die finansi\u00eble implikasies in ag geneem word. Die oordragfooi wat die Spaanse klub Barcelona betaal het om hom van die Brasiliaanse klub Santos te bekom, was nie minder nie as\u00a0 \u20ac57,1 miljoen (ongeveer R855 miljoen) nie.<\/p>\n<figure id=\"attachment_25535\" aria-describedby=\"caption-attachment-25535\" style=\"width: 100px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/Lionel_Messi_2009.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-thumbnail wp-image-25535\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/Lionel_Messi_2009-100x100.jpg\" alt=\"Lionel Messi in 2009\" width=\"100\" height=\"100\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/Lionel_Messi_2009-100x100.jpg 100w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/Lionel_Messi_2009-149x150.jpg 149w\" sizes=\"auto, (max-width: 100px) 100vw, 100px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-25535\" class=\"wp-caption-text\">Lionel Messi in 2009<\/figcaption><\/figure>\n<p>Di\u00e9 bedrag is deur die visevoorsitter van Barcelona, Josep Maria Bartomeu onthul. Die bedrag om Neymar van sy verpligting teenoor Barcelona vir die volgende vyf jaar vry te stel, is \u20ac190 miljoen (ongeveer R2,9 miljard). Neymar se oordragfooi is egter maar tiende op die lys van oordragfooie wat al in sokker betaal is.<\/p>\n<p>Die hoogste oordragfooi wat tot dusver betaal is, was vir Gareth Bale. Real Madrid het in 2013 tussen \u20ac90 en \u20ac100 miljoen (ongeveer R1,5 miljard) betaal om hom van die Britse klub Tottenham Hotspur te bekom. Real Madrid hou ook die rekord vir die naasduurste speler van alle tye, die Portugees Cristiano Ronaldo wat hulle vir \u20ac94 miljoen van Manchester United bekom het.<\/p>\n<p>Die jaarlikse salarisse van die spelers is feitlik ewe astronomies. &#8216;n Speler by een van die top- Europese klubs kan tot \u20ac20 miljoen (R300 miljoen) per jaar aan salaris en borgskappe verdien. Op die jeugdige ouderdom van 22 bevind Neymar hom reeds in di\u00e9 kategorie, maar hy word slegs as die 13de rykste voetbalspeler ter w\u00eareld gereken.<\/p>\n<p>In Maart 2010 het die tydskrif <em>France Football<\/em> die Argentyn Lionel Messi, wat ook in die huidige w\u00eareldbeker te siene is, bo-aan die lys van die rykste voetbalspelers geplaas, voor David Beckham en Cristiano Ronaldo. Op die daardie stadium het Messi \u20ac33\u00a0miljoen (ongeveer R500 miljoen) per jaar aan salaris, bonusse en borgskappe verdien. In Mei vanjaar het Forbes egter vir Messi tweede n\u00e1 Cristiano Ronaldo geplaas. Oor die afgelope jaar het Messi blykbaar $65 miljoen verdien.<\/p>\n<p>Messi se &#8220;uitkoopklousule&#8221; soos dit genoem word, is \u20ac250 miljoen. Hy speel insgelyks vir Barcelona en vir &#8216;n ander klub om hom uit te koop, sou dus \u20ac250 miljoen, oftewel &#8216;n verbysterende R3,75 miljard kos. Dit is meer as wat sommige genoteerde Suid-Afrikaanse maatskappy op die aandelebeurs werd is.<\/p>\n<p>Hierteenoor kan &#8216;n toprugbyspeler en Springbok soos Victor Matfield tot R6 miljoen per jaar op die kruin van sy loopbaan verdien, minder as &#8216;n honderdste van wat Lionel Messi of Ronaldo jaarliks inoes&#8230;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die ontsteltenis in Brasili\u00eb oor die onlangse besering van die jong Brasiliaanse speler Neymar maak ook sin as die finansi\u00eble implikasies in ag geneem word. Die oordragfooi wat die Spaanse klub Barcelona betaal het om hom van die Brasiliaanse klub Santos te bekom, was nie minder nie as\u00a0 \u20ac57,1 miljoen (ongeveer R855 miljoen) nie. Di\u00e9 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87,123,24],"tags":[17228,17227,17218],"class_list":["post-25688","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c78-rugby","category-c115-sokker","category-s25-sport","tag-cristiano-ronaldo","tag-lionel-messi","tag-neymar"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25688","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=25688"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25688\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=25688"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=25688"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=25688"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}