{"id":25568,"date":"2014-07-02T10:29:21","date_gmt":"2014-07-02T08:29:21","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=25568"},"modified":"2014-07-02T10:29:21","modified_gmt":"2014-07-02T08:29:21","slug":"oorgangsproses-van-klein-na-groot-denke","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=25568","title":{"rendered":"Oorgangsproses van Klein na Groot denke"},"content":{"rendered":"<p>Onlangs is die <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=25460\">klein teenoor groot denke<\/a> bespreek veral met die Afrikaner in gedagte. Maar omdat die Afrikanerstam ontwikkelend van aard is, is die tekortkominge om meer volwasse te word grootliks gebaseer rondom die gedagte van ontwerp.<\/p>\n<p>Voorbeelde hiervan is dat mens jou eie kan taal ontwerp, jou eie kar kan ontwerp, jou eie huis kan ontwerp en wat dan daar uitvloei is jou eie oorlewingstradisies (en politiek) wat pasmaak ontwerp moet word. Wat hier duidelik behoort te wees, is dat ontwerp op persoonlike vlak moet uitstyg na organisasievlak waar prosesse in plek moet kom om hierdie ontwerpsaksies voortdurend te onderhou \u2013 want soos ons almal (teen hopelik die tyd) weet, is niks konstant nie en is evolusie voortdurend en aanhoudend.<\/p>\n<p>Een voorbeeld van oorlewingstradisies is die ontwikkelling van Skandinawi\u00eb onder <a href=\"http:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/Margaret_I_of_Denmark\">Margrete I<\/a> wat voor 1412 daarin geslaag het om Denemarke, Noorwe\u00eb en Swede saam te gooi waarna haar seun Eric nie net dit bestuur het nie maar ook met die Engelse Koning Henry IV se dogter getrou om so \u2018n verdedigingspakt te sluit en daarmee Engeland en Skandinawi\u00eb se oorlewing te bevorder. Wat min mense ook weet vandag is dat die Vikings \u2018n rewolusie in <a href=\"http:\/\/deremilitari.org\/2013\/07\/english-logistics-and-military-administration-871-1066-the-impact-of-the-viking-wars\/\">Engelse administrasie<\/a> veroorsaak het, wat vandag nog oorleef.<\/p>\n<p>Wat geskiedkundig duidelik word, is dat die ontwerp van administrasie die kern is van organisatoriese oorlewing. In moderne besigheid het die skrywer Jim Collins in sy boek <a href=\"http:\/\/www.amazon.com\/How-The-Mighty-Fall-Companies\/dp\/0977326411\">How The Mighty Fall: And Why Some Companies Never Give In<\/a> \u2018n lys van standaard foute beskryf wat organisasies wat wil oorleef \u2013 nie moet maak nie.<\/p>\n<p>Byvoorbeeld, as mens \u2018n nuwe politieke party wil begin, dan is daar ongeveer 27 administratiewe foute wat jy nie moet maak nie (nadat jy al die mooi goedjies soos visie, missie, strategie, besigheidsmodel, beleide ens. vasgestel het).<\/p>\n<p>Die oorgang van klein na groot denke neem tyd. Net soos wat dit Margrete I vir jare gesukkel het net om haar seun in \u2019n sterk posisie te plaas, net so het dit die firma Denel jare geneem om hierdie konsep te verstaan (wat hulle intussen oor 20 jaar verloor het). Die tegniek wat hulle destyds gebruik het, was die Stelsel Ingenieurs proses wat baie prosesse insluit soos bv. die Aanskaffingsproses. Omdat die Weermag goedere wou aankoop het Krygkor hierdie proses ge\u00efmplementeer. Dit gaan kortom oor:<\/p>\n<ul>\n<li><span style=\"line-height: 1.6;\">fisiese behoeftebepaling (van die soldate),<\/span><\/li>\n<li><span style=\"line-height: 1.6;\">omskakeling na funksionele parameters,<\/span><\/li>\n<li><span style=\"line-height: 1.6;\">ontleding en en simulering van oplossingsmodelle,<\/span><\/li>\n<li><span style=\"line-height: 1.6;\">ontwikkelling van oplossingsspesifikasies<\/span><\/li>\n<li><span style=\"line-height: 1.6;\">bou en toets van toerusting en prosesse<\/span><\/li>\n<li><span style=\"line-height: 1.6;\">industrialisering van bogenoemde toerusting en prosesse<\/span><\/li>\n<li><span style=\"line-height: 1.6;\">operasionele implementering en verifi\u00ebring teen die oorspronklike behoefte<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<p>Alhoewel hierdie proses baie meganisties lyk, is daar heelwat kreatiwiteit by elke stap betrokke. Dit wys byvoorbeeld aan \u2019n besigheidsman dat hy nie self hierdie proses moet uitvoer om by beter besigheidsprosesse of selfs produkte uit te kom nie,maar dat hy mense moet kry wat dit reeds ken en selfs kan optimiseer.<\/p>\n<p>Om van klein na groot denke te beweeg moet hierdie tipe proses gevolg word maar die ou wat dit nodig het, kan dit nie self uitvoer nie omdat hy dan van sy eie proses gaan vergeet. M.a.w. as \u2019n besigheidsman karre verkoop kan hyself nie kreatief wil word nie, want dan gaan hy minder karre verkoop in die proses. Dis hoekom Magrete I dit alles vir haar seun gedoen het en dis hoekom die Weermag vir Krygkor gevra het om dit te doen. Noudat die Weermag self produkte aankoop verdwyn die Krygkor kundigheid en word swak produkte soos die Augusta 109 verkry (nie aangeskaf nie).<\/p>\n<p>Een kommersi\u00eble voorbeeld van klein-na-groot oorgangsproses optimisering word beskryf in die boek van Geoffrey A Moore,\u00a0<em>Crossing the Chasm<\/em> waar hy mense wat produkte van nuuts af ontwikkel, help om die regte markte aan te spreek in \u2019n gefaseerde benadering i.p.v. om dadelik baie geld te wil maak. Hy verwys bv. na \u2019n gaping wat tussen tegnologiese entoesiaste en realiste bestaan wat maklik kan veroorsaak dat \u2019n goeie konsep bankrot gaan.<\/p>\n<p>Net soos wat daar tegniese entoesiaste is, is daar ook politieke aktiviste wat lank voor die politieke realiste groeperinge reageer op sosiale of gemeenskapsprobleme. Hulle reaksie gaan gewoonlik gepaard met \u201coplossings\u201d of produkte wat eintlik van klein na groot ontwikkel moet word \u2013 en dit is waar hierdie tipe ontwikkellingsproses gebruik moet word om die \u201caanvaarbare oplossing\u201d te fasiliteer, sodat die politieke realiste groep dit \u201cook\u201d kan aanvaar.<\/p>\n<p>Dan het mens groot denke.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Onlangs is die klein teenoor groot denke bespreek veral met die Afrikaner in gedagte. Maar omdat die Afrikanerstam ontwikkelend van aard is, is die tekortkominge om meer volwasse te word grootliks gebaseer rondom die gedagte van ontwerp. Voorbeelde hiervan is dat mens jou eie kan taal ontwerp, jou eie kar kan ontwerp, jou eie huis [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[67,10],"tags":[10537,17163,17162,17164],"class_list":["post-25568","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c55-johann-theron","category-rubrieke","tag-ontwerp","tag-oorlewingstradisies","tag-organisasievlak","tag-organisatoriese-oorlewing"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25568","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=25568"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25568\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=25568"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=25568"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=25568"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}