{"id":25563,"date":"2014-07-02T10:34:03","date_gmt":"2014-07-02T08:34:03","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=25563"},"modified":"2014-07-02T10:34:03","modified_gmt":"2014-07-02T08:34:03","slug":"oud-franse-staatshoof-sarkozy-van-korrupsie-aangekla","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=25563","title":{"rendered":"Oud-Franse staatshoof Sarkozy van korrupsie aangekla"},"content":{"rendered":"<p itemprop=\"about\">Die vorige president van Frankryk, Nicolas Sarkozy, is vir 15 uur aangehou as deel van &#8216;n ondersoek na die finansiering van sy vorige verkiesingsveldtog. Intussen het die nuus dat hy formeel van korrupsie aangekla is, via &#8216;n twiet van Agence France Presse rugbaar geraak.<\/p>\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" lang=\"en\"><p><a href=\"https:\/\/twitter.com\/hashtag\/BREAKING?src=hash\">#BREAKING<\/a> French ex-president Nicolas Sarkozy charged with corruption: prosecutor<\/p>\n<p>\u2014 Agence France-Presse (@AFP) <a href=\"https:\/\/twitter.com\/AFP\/statuses\/484130827433803776\">July 2, 2014<\/a><\/p><\/blockquote>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p itemprop=\"about\">Die klagtes teen Sarkozy behels die verbreking van professionele geheimhouding, aktiewe korrupsie en handel in invloed. Hy word daarvan verdink dat hy toegang tot vertroulike inligting oor &#8216;n ondersoek teen hom van &#8216;n aanklaer bekom het. Drie ander mense word insgelyks ondersoek.<\/p>\n<p itemprop=\"about\">Dit is die eerste keer dat &#8216;n Franse staatshoof aangehou word. Hy is gisteraand vyftien uur lank in die kantore van die eenheid teen korrupsie aangehou tydens die ondersoek.<\/p>\n<p itemprop=\"about\">Die aanklagte teen Sarkozy kan tot tronkstraf van tien jaar lei. Hy verkeer egter nie in geregtelike aanhouding nie. Vroe\u00ebr gisteraand is drie ander mense ook deur dieselfde aanklaers ondersoek: die advokaat van die voormalige president, meester Thierry Herzog, die regter Gilbert Azibert en &#8216;n ander staatsadvokaat van die App\u00e8lhof, Patrick Sassoust, wat egter nog nie voor die aanklaers verskyn het nie.<\/p>\n<div itemprop=\"articleBody\">\n<p>\u00a0Die aanklaers poog om vas te stel of die voormalige staatshoof geheime inligting van Gilbert Azibert bekom het oor die ondersoek wat daar teen hom ingestel is, in ruil vir &#8216;n prestigieuse pos in Monaco.<\/p>\n<p>Dit het plaasgevind tydens die sogenaamde &#8220;Bettencourt-aff\u00eare&#8221; toe die App\u00e8lhof &#8216;n uitspraak oor die beslaglegging op Sarkozy se dagboeke moes lewer. Sarzkozy se saak is in daardie geval van die rol geskrap, wat hom gepas het.<\/p>\n<h3>Meeluistering<\/h3>\n<p>Tydens September 2013 is Sarkozy deur die staat afgeluister om vas te stel of hy tydens sy veldtog in 2007 deur Moemmar Kadafi van Libi\u00eb gefinansier is. Tydens di\u00e9 operasie is verskeie lede van sy binnekring ook afgeluister: die voormalige ministers Claude Claude Gu\u00e9ant en Brice Hortefeux, maar ook Michel Gaudin, die voormalige hoof van die nasionale polisie en oud-prefek van Parys. Gaudin het van sy kontakte binne die polisie gebruik gemaak om te probeer vasstel hoe die Libiese ondersoek teen Sarkozy vorder.<\/p>\n<p>Sarkozy het van &#8216;n vals naam, Paul Bismuth, gebruik gemaak om met sy advokaat, meester Herzog, te praat. Daarom het die aanklaers besluit om daardie telefoon te laat afluister. Die gesprekke skep die indruk dat hulle vertroulike inligting van regter Gilbert Azibert wou bekom.<\/p>\n<p>Volgens die regsverteenwoordiger van Herzog, meester Paul-Albert Iweins, &#8220;berus hierdie feite slegs op die meeluistering wat ons in twyfel trek en waarvan ons die wettigheid ook sterk beveg. Ons gaan alles teenstaan.&#8221;<\/p>\n<p>Die gedoe rondom Sarkozy se veldtogfinansiering vind plaas tydens die <a title=\"BNP Paribas betaal boete van $9 miljard\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=25506\">groot boete<\/a> wat die VSA aan die Franse bank BNP Paribas opgel\u00ea het. Sarkozy is as sentrum-liberale politikus daarvoor bekend dat hy onder Amerikaanse en Britse invloed verkeer en daarom verteenwoordig die huidige optrede teen hom &#8216;n vorm van weerwraak deur die linkse, sosialistiese regering van president Francois Hollande.<\/p>\n<p>Franse wetgewing plaas &#8216;n plafon op die hoeveelheid geld wat &#8216;n presidensi\u00eble kandidaat op sy veldtog mag bestee. Sarkozy word daarvan verdink dat hy die perk oorskry het om as president in 2007 verkies te word.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die vorige president van Frankryk, Nicolas Sarkozy, is vir 15 uur aangehou as deel van &#8216;n ondersoek na die finansiering van sy vorige verkiesingsveldtog. Intussen het die nuus dat hy formeel van korrupsie aangekla is, via &#8216;n twiet van Agence France Presse rugbaar geraak. #BREAKING French ex-president Nicolas Sarkozy charged with corruption: prosecutor \u2014 Agence [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[1093,2300,11022,6801],"class_list":["post-25563","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-frankryk","tag-korrupsie","tag-meeluistering","tag-nicolas-sarkozy"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25563","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=25563"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25563\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=25563"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=25563"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=25563"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}