{"id":25561,"date":"2014-07-02T09:50:50","date_gmt":"2014-07-02T07:50:50","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=25561"},"modified":"2014-07-02T09:50:50","modified_gmt":"2014-07-02T07:50:50","slug":"rusland-bekragtig-wet-teen-vloek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=25561","title":{"rendered":"Rusland bekragtig wet teen vloek"},"content":{"rendered":"<p>\u2019n Russiese wet wat vloekwoorde in rolprente, teaterstukke, die media en kunste verbied, is Dinsdag bekragtig.<\/p>\n<p>Die wet is deel van veldtog deur die Kremlin om tradisionele waardes te herstel en vuil taal te bekamp.<\/p>\n<p>Die wetgewing, wat in Mei deur pres. Wladimir Poetin onderteken is, beteken swaar boetes vir oortreders.<\/p>\n<p>Daar is nie &#8216;n lys van verbode woorde nie, maar dit word algemeen aanvaar dat Amerikaanse kultuurprodukte waarin vuil sekstaal aangebied word, uitgesonder sal word.<\/p>\n<p>Nikita Mikailof, &#8216;n filmregisseur s\u00ea:\u00a0&#8220;Vloek is &#8216;n subtiele saak, een van die grootste ontdekkings van die Russiese volk. Vloek is geregverdig wanneer dit die uiterste toestand van &#8216;n mens uitbeeld soos in oorlog, dood of pyn.&#8221;<\/p>\n<p>Mikhalkov het aan die RIA Novosti-nuusagentskap ges\u00ea dat dit nogtans &#8220;afstootlik en walglik&#8221; is wanneer lelike taal alledaagse kommunikasie besoedel.<\/p>\n<p>&#8216;n Groot deel van die Russiese samelewing ondersteun die verbod.<\/p>\n<p>Die flambojante linkse joernalis Alexander Prokhanof het seks-verwante vloekery as &#8220;die taal van die hel&#8221; in &#8216;n radio-onderhoud beskryf.<\/p>\n<p>&#8220;Vloek is die taal van die hel, dit kan &#8216;n mens se hart laat saamtrek. Ons leef in &#8216;n tyd waar die hel na hierdie w\u00eareld gekom het.&#8221;<\/p>\n<p><span style=\"line-height: 1.6;\">Kritici meen pogings om iets onwettig te verklaar wat reeds deel van Rusland se kultuur is, sal misluk. Van Rusland se mees geliefde digters, insluitende Mikhail Lermontof en Alexander Poesjkin, is bekend daarvoor dat vloekwoorde in hul werke gebruik is.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"line-height: 1.6;\">Die publiek het begin om grappe oor die nuwe wet te maak. Een gewilde grap is waar &#8216;n woedende kolonel vir een van sy soldate net skree: &#8220;Ontslaan!&#8221;\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"line-height: 1.6;\">Die troepe kyk hom stomverbaas aan. &#8220;Wat is fout met hom?&#8221; vra een soldaat. &#8220;Dit is die verbod op onwelvoeglike taal,&#8221; s\u00ea sy kameraad.<\/span><\/p>\n<p>Sedert hy in 2012 vir \u2019n derde termyn na die Kremlin teruggekeer het, het Poetin se gewildheid onder sy middeljarige kiesers verstewig en het bande met die Ortodokse kerk verstrek.<\/p>\n<p>Die verbod op vloekwoorde is die jongste in \u2019n reeks maatre\u00ebls wat konserwatiewe waardes koester en Rusland se teenkanting teen Westerse verval bevestig.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Russiese wet wat vloekwoorde in rolprente, teaterstukke, die media en kunste verbied, is Dinsdag bekragtig. Die wet is deel van veldtog deur die Kremlin om tradisionele waardes te herstel en vuil taal te bekamp. Die wetgewing, wat in Mei deur pres. Wladimir Poetin onderteken is, beteken swaar boetes vir oortreders. Daar is nie &#8216;n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=25561\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Rusland bekragtig wet teen vloek&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[2078,8898,2183,17161],"class_list":["post-25561","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-rusland","tag-vloek","tag-vuil-taal","tag-westerse-verval"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25561","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=25561"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/25561\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=25561"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=25561"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=25561"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}