{"id":2556,"date":"2008-08-18T10:06:26","date_gmt":"2008-08-18T10:06:26","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2556"},"modified":"2008-08-18T10:06:26","modified_gmt":"2008-08-18T10:06:26","slug":"die-begin-van-die-einde-van-pdv","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2556","title":{"rendered":"Die begin van die einde van PdV"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Enkele weke gelede was die rugby-ondersteuners egter in die wolke oor die  Springbokke se oorwinning in Nieu-Seeland. As ons moet eerlik wees, was daar  ook &#39;n goeie skeutjie geluk betrokke, met &#39;n besonder gelukkige spring van  die bal in die doodsnikke. <\/p>\n<p>Ek is geen bewonderaar van Jake White nie. Die sukses wat die Springbokke in  die W&ecirc;reldbeker behaal het, kan grootliks toegeskryf word aan &#39;n enorme  gelukskoot, naamlik &#39;n blatante vorentoe-aangee wat Frederick Michalac in  staat gestel het om die All Blacks verrassend uit te skakel op die  Milleniumstadion in Wallis. White se bra beteuterde rekord as afrigter is  ook gevlei deur die tegniese kundigheid van sy hulpafrigter, Eddie Jones. As  iemand die dank moet kry vir die onlangse oorwinning in Nieu-Seeland, moet  dit sekerlik die nadraai van Jones se kundigheid wees. <\/p>\n<p>Ons kan ook nie Saterdag se neerlaag alleenlik op politieke  inmengery blameer nie. Die span was een van die witste spanne in die afgelope tyd.  Die spelers het eenvoudig swak gespeel en kop verloor. Hulle het waansinnige  risiko&#39;s geloop, soos om kortlynstane binne hulle eie kwartgebied aan te  durf, of om wilde aange&euml; naby die doellyn te slinger. <\/p>\n<p>Wat het dan skeefgeloop? Het die ervare Springbokke skielik kop verloor en  heeltemal vergeet dat Springbokrugby tradisioneel gebou is op rotsvaste  verdediging en die stelselmatige vernietiging van jou opponente? Het hulle  &#39;n kollektiewe waansin begin beleef, en begin hallusineer dat hulle almal  David Campese is? Ek glo nie. Dit is geen geheim dat die instruksie vir die  sogenaamde nuwe spelpatroon regstreeks van die afrigter, Pieter de Villiers,  afkomstig is nie. <\/p>\n<p>Dit is Pieter de Villiers wat aanhoudend hoog opgee oor hoe daar in sy era  hardlooprugby gespeel g&aacute;&aacute;n word, wen of verloor. <\/p>\n<p>Om dit prontuit te stel: Pieter de Villiers is &#39;n taktiese suigeling. Jy kan  nie die Wallabies en All Blacks met hulle eie spel troef, as hulle dit al  vir 60 jaar doen maar jy slegs vir 6 weke nie. Pieter de Villiers verstaan  klaarblyklik nie die fondament waarop Springbokrugby gebou is nie, maar het  desnieteenstaande die feite en d&iacute;t waarmee die spelers hulself gemaklik  voel, sy onkunde op die spelers probeer afdwing. <\/p>\n<p>Die netto resultaat is &#39;n verbouereerde Fourie du Preez (die w&ecirc;reld se beste  skrumskakel as sy span toegelaat word om tradisionele Springbokrugby te  speel) wat soos &#39;n amateur in die derde span lyk. Dit het gelei tot &#39;n  aantal gekkespulle op die doellyn en drie&euml; vir die All Blacks. <\/p>\n<p>Ewe voorspelbaar is dat die senior spelers, alhoewel hulle dit nie durf s&ecirc;  nie, geen vertroue het in De Villiers se afrigtingstyl nie. Jy sit as senior  speler met &#39;n dilemma. Jou afrigter is &#39;n kuikentjie. Jy weet dit. Hy moet  dit sekerlik self besef, maar weier jy om aan sy malligheid deel te neem,  word jy vervang. Daarom tjommel jy maar voort en maak asof jy speel volgens  &#39;n spelpatroon waarin jy geen vertroue het nie. <\/p>\n<p>Soos die voormalige Britse Leeuspeler John Robbie dit vanoggend op Radio 702  stel: &quot;We were lucky to get 0.&quot;  <\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/mystery-at-the-mansion\/\">mystery at the<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/vlast\/13.09.2010\/a_filchakov_naznachen_prokurorom_dergachevskogo_rajona\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/antonbkl.JPG\" width=\"77\" height=\"101\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>&#39;n Groot deel van die land se rugby-ondersteuners sit in sak en as n&aacute; die  Springbokke se skokvertoning Saterdag op Nuweland. Vir die eerste keer  sedert 1903 het &#39;n Springbokspan geen enkele punt tydens &#39;n toetswedstryd op  Nuweland kon aanteken nie.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[152,2484,21092],"class_list":["post-2556","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard","tag-anton-barnard","tag-die-begin-van-die-einde-van-pdv","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2556","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2556"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2556\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2556"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2556"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2556"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}